‘n Nuwe/ou stapmaat
Julie 10, 2019 at 10:54 nm Olga 7 Kommentaar
Ek het vanjaar ‘n skaarste aan stapmaats bevind. Verlede jaar die tyd, was ons vyf dames wat drie keer per week ‘n sewe km staptog aangepak het. Toe het een werk gekry en ons het almal vir haar gejuig. Sy het immers ‘n laatlam enigste kind om met min bystand groot te kry.
Toe kry ‘n ander een teenspoed en weg is sy tot heden vandag. Die derde een het ons net een oggend laat staan en wag en ons is toe uiteindelik tien minute laat weg sonder haar. Vir die volgende agt maande het dit goed gegaan. Toe was dit een verskoning na ‘n ander en my Orbi trek dreig telkens om my af te gooi. Nou ja, toe het ek vir die ding ‘n lelike teken gewys en hom uitgelos.
Gister kry ek ‘n boodskap van my 2016 stapmaat. “Stap julle nog?” Ek het geantwoord dat my Orbi trek ook nie meer wil stap nie. “Sal ons weer saamstap?” Vra sy. ek is maar min lus. Want vroeg in die winter van 2017 het sy eers ‘n paar keer verskoning aangevoer en toe later net weggebly. Maar nou ja, ek het agtergekom as mens stap, dan loop jy van verkoue en depressie weg. So ek het dit vreeslik gemis. Self my tuin het agteruit gegaan want ek was niks lus om dit te bewerk nie.
Nou, vir so lank as wat dit gaan hou, geniet ek die daaglikse stappie, al het dit net twee keer gebeur.
Gedagte van die dag: ‘n Stapper stap nogal van die koue ook weg. 😉
Entry filed under: Go Go.
7 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Toortsie | Julie 11, 2019 om 7:14 vm
Stap is so goed vir die siel, ek hoop julle stap julleself in ‘n nuwe seisoen in. Sjoe, ek het in hierdue siekverloftyd my stap gemis!
2.
Olga | Julie 13, 2019 om 9:06 nm
Siekverlog? Vertel vertel? hoop in elk geval dat jy gou beter word. Die sukkel met sein maak my sommer afgestomp. Later probeer ek nie eers meer nie. Snelle beterskap.
3.
Toortsie | Julie 13, 2019 om 9:13 nm
Ek het die groot vroulike operasie gehad en moes my vir 6 weke soet gedra. Ek móés, het nie ‘n keuse gehad nie, want 14 Towerinblogmaats het my dopgehou en hulle is érg!
4.
Olga | Julie 23, 2019 om 10:53 nm
Te veel oe, ek stem saam. Was die winderigheid ook so erg? Aarde as ek aan daardie eerste dae na die operasie dink, is die winderigheid omtrent al wat ek onthou. Ek hoop jy is gou weer op en aan die gang.
5.
HesterLeyNel | Julie 11, 2019 om 8:57 vm
Stap is helende terapie. Ek het nou al vir twee weke lank ‘n heuppyn wat my pla en intussen het ek so ‘n dosis griep ook opgedoen. Die dokter het gesê ek moet vir eers die stappery los. Ek kan voel hoe krimp my staplose, strandlose brein.
6.
Olga | Julie 13, 2019 om 9:09 nm
Ook siekverlog? Gn wonder ek het aangesteek met die vertigo wat my die afgelope tyd so treiter nie. Dis ‘n swaar straf vir jou ne. Ek hoop dis gou beter. Sterkte.
7.
HesterLeyNel | Julie 14, 2019 om 2:34 nm
Dankie 🙂