Lemmetjie piekels
Julie 6, 2019 at 10:13 nm Olga 4 Kommentaar
Ek het toe vanmiddag my bottel lemmetjie piekels gekry. Dit is hoe dit min of meer lyk. Net, die kwien se direkte familie se huisgenoot maak ons sin spesiaal. Dis soos met die mango atjar ook. Ons kry ons sin seker maar light. Met baie min olie maar verkieslik geen olie oor nie. Met die dat ons nou omtrent tuis nyweraars geraak het, ondersteun ons ook die mede tuis nyweraars.
Dis nou nie dat ons nie voorheen tuis nyweraars sou ondersteun nie, dis net nou kom ons meer met tuisnyweraars in aanraking. Soos ek reeds gesê het, die kwien se direkte familie se huisgenoot is ‘n kranige kok. Soms bietjie a – la – Hilda. Maar sy deel haar resepte met niemand nie. Sou iemand haar ‘n resep vra, sê sy net altyd. Maak pekel water en gooi oor terwyl dit so duidelik soos daglig is dat haar piekels nie in pekel water lê nie. Sy maak ook die heerlikste aartappel samoosas. Mensig! Dis omtrent “to die for.
Maar ek weet mos, ek vra gn resep nie, ek geniet net wat sy maak, wanneer sy dit maak.
Gedagte van die dag: Bly warm.
Entry filed under: Eet en word dik.
4 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Toortsie | Julie 6, 2019 om 10:29 nm
Dit lyk of daardie ‘n branderigheidjie inhet.
2.
Olga | Julie 10, 2019 om 11:26 nm
Nogal ja. Maar net lekker.
3.
scrapydo2.wordpress.com | Julie 7, 2019 om 12:26 vm
Lippe aflek lekker!
4.
Olga | Julie 10, 2019 om 11:27 nm
Beslis. 😉