Op ‘n goeie dag

Julie 4, 2019 at 10:37 nm 7 Kommentaar

Julle weet….. Soms kan ek net lag. Ander kere kan ek self die lag bere totdat ek veilig in die Fordjie of op my apostelpêre om die hoek al is. Ander kere moet ek hard probeer om nie my vuis toe te vou en net te swaai nie.

 

My vriendinnne, die kwien se direkte familie en haar huis-genoot kom toe mos Sondag hier aan.  “Gaan jy my help?” vra die genoot. Kyk nou weet ek al wat kom. Die wind het mos weer erg gewaai. Toe ek ja sê kom dit “Lemmetjies uitdruk sodat ek lime pickles kan maak?” Kyk dis nou al jare dat ek help.  Ek kry altyd die uitdruk werk.  Dis glad nie lekker nie.  Daardie sous brand my vingers gaar.  Maar daardie piekels is vrek lekker en nee, sy gee haar resepte vir gn mens nie.

Maandag is hulle weer hier met die sak lemmetjies.  Kyk, die wind het ‘n rekord oes bymekaar gebring.  Party is so groot soos ertjies, ander soos druiwe en dan is daar ‘n paar so groot soos golfballe.  Weet julle hoe moeilik melk jy die kleintjies? Ek het nie ‘n gemaklike elektriese masjien nie, ek sal met die hand moet druk. Dinsdag en Woensdag druk ek en druk en druk.  Ry vanmiddag om die bak sap te gaan aflewer.  What do you know?  “Nee” seg sy, “Dis joune.” Ek het al die sap wat ek nodig het.  Toe moes ek weer op my tande byt.  Wat de dinges gaan ek met om en by twee liter skoon lemmetjie sap maak?

Tuis gekom, het ek my resepte boek en kry gou die suurlemoen konsentraat resep.  Kook dit en dink “Julle donners! Dis al wat julle gaan kry om te drink self in die koue totdat dit klaar is.” Goeie aarde!  Ek het die bottels net nou gebêre.  Toe bel sy my en vra verskoning.  Sy was deurmekaar.  Sy sal die sap môre kom haal.  “Watter sap?” vra ek obsternaat.  Asof ek nie weet nie.  “Die lemmetjiesap wat jy uitgedruk het.” Seg sy.  Toe voel ek al hoe klap my vuis teen haar wetie wat nie.  “Nee wat,” sê ek jy kan dit nie kry nie, dis nou al Lime cordial.  Sal sy wragtig vir my vra “But why the …. did you do that?”

Gedagte van die dag: Gelukkig was dit oor die foon.

Entry filed under: Bitch en Moan.

Sissie Lemmetjie piekels

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Julie 4, 2019 om 10:45 nm

    Aits, nou is die queen se familie bietjie afgehaal, hoor jy my. Lemmetjiepiekels. Dit klink interessant. Hie eet mens dit? Of wat maak jy daarmee?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 5, 2019 om 10:04 nm

      Dis soos bladjang man. Veral lekker vis of hoender. Ek maak soms sommer so ‘n klontjie pap net om ‘n skep van die piekels oor te gooi. Oom Ridder het reeds vanmiddag gebel, hy bring more vir my so ‘n paar suurlemoene van my boom af. Met ander woorde, die ou suurlemoen boompie daar in die bos wat ek self geplant het. 😉 Dan kan ek jou resep beproef. Klink baie lekker.

      Antwoord
      • 3. Toortsie  |  Julie 5, 2019 om 10:12 nm

        Lyk dit soos daai resep wat ek getag het?

      • 4. Toortsie  |  Julie 5, 2019 om 10:13 nm

        Dis nie my resep nie! Dis google s’n. Ek het sommer gewonder if dit so iets is.

  • 5. Toortsie  |  Julie 4, 2019 om 10:47 nm

    https://bottelenbere.weebly.com/suurlemoen-piekels.html. Dalk kan jy die queen verras met ‘n potjie.

    Antwoord
  • 6. Tannie Frannie  |  Julie 5, 2019 om 8:10 vm

    😀

    Antwoord
  • 7. Dr Christa van Staden  |  Augustus 28, 2019 om 3:26 vm

    Daai piekels klink alte lekker!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: