Sissie

Julie 2, 2019 at 10:39 nm 9 Kommentaar

Ek het die afgelope verpis tot ‘n regte temperatuur sissie.  Goeiste tyding die vorige plek waar ons gewoon het, het die ryp nog wit gelê in enige skadukol teen 11 vm.  Hier is nie eers meer ryp te sien teen die tyd dat ek smorrens wakker word nie.

Ek besef vandag dat die rede hoekom ek so koud kry, is omdat ek die heel dag sit en niks doen nie. Alles aan my is besig om vas te sit. Ek kan nie roes nie, daarom kan ek dit nou nie roes noem nie.  Nee wat, as ek in nog daardie koue plek gewoon het, sou ek gedink het die locals is mal om dit koue te noem.

Die vergalstelike tiptolle het nou wragtig net gewag dat ek my rug draai, toe vreet hulle my kool, spinasie, blomkool, broccoli en spruitkole dat daar net are oorgebly het.

Ek oorweeg dit beslis om weer ‘n kat te kry, dan sal daardie nare ou tiptolle moet ligloop.  My Lapman, is net so koulik soos ek en Sussietjie is soos ‘n trekker, het ‘n hengse raserige aanloop nodig, wanneer sy nog oppad is na die hoek van die huis, al snorkend en hygend, dan is die tiptolle is in die buurman se okkerneut boom en dan sit die hadida’s op die muur vir ons en lag.  Nou mag ek die werfettertjies mos nie met die windbuks skiet nie en die kettie is my groot vyand.  Ek trek daardie rek terug en laat wiel, dan tref daardie verdonderlike klip my.  Nege uit tien kere teen die voorkop.  Ek dink die ding is getoor.

Gedagte van die dag: Ek gaan heksejag op die tiptolle en hadida’s doen om die hitte uit my koulike bene te verdryf.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Honde blaf Op ‘n goeie dag

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Julie 3, 2019 om 7:23 vm

    Wat sal ek sê? ‘n Wip stel?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 4, 2019 om 1:30 nm

      Hulle is lankal te slim om hulle in ‘n wip te laat vang. 👿

      Antwoord
  • 3. Tannie Frannie  |  Julie 3, 2019 om 9:13 vm

    Jaa – gaan red ‘n ou kat by die DBV! As hy klaar die tiptolle verjaag het, kan hy op jou skoot le en spin en sommer jou koue bene warm hou.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 4, 2019 om 1:32 nm

      Klink na ‘n plan. Totdat Ousus kom kuier en daardie bedorwe platgevreet dame van haar hier aankom. Ek kan al hoor hoe staan en gil sy histeries op my om die indringer weg te jaag.

      Antwoord
  • 5. HesterLeyNel  |  Julie 3, 2019 om 11:04 vm

    Lekker lag ek nou vir jou en die kettie

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Julie 4, 2019 om 1:33 nm

      Stroes man. Die kettie wat ek het se klippe trek agter toe.

      Antwoord
  • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 4, 2019 om 12:24 vm

    Oeps, ja-nee, daardie kettie klink gevaarlik. Netnou klits jy die bure se venster uit en die hadidas skaterlag daaroor.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: