Honde blaf

Junie 30, 2019 at 10:13 nm 2 Kommentaar

Die honde vermens al hoe meer.  Eers het mens jou honde gevoer en soms gebad.  So een keer per jaar vir hulle spuite geneem, maar dit was nog nie die norm nie.

 

Onlangs het iemand my ‘n foto per Whats App gestuur van ‘n hond wat taamlik beteuterd daar uitsien. Lyk behoorlik of hy onring word deur ‘n lagie ys.  Siestog soos ek kyk kan hom eintlik hoor rittel van die koue.  Byskrif sê “Eienaars kan vervolg word wat honde buite in die koue laat.” Ek dink dis goed om te weet en die foto vir Homer aangestuur. Hy is mos onder die indruk ‘n hond moet net kos en water kry.

Be that as it may. Ousus het weer onlangs die wereld ingevaar met ‘n blik rooi verf en ek het gaan kat oppas.  Wee julle elke keer as ek gery het, het die sms gekom “Tanie, die hond blaf alweer by die hek.”Dan het ek om verskoning gevra, gejaag om te doen wat ek voor gery het en weer huiswaarts gekeer. Terug by my huis, hoor ek dae lank ‘n hond tjank. Ek het toe agtergekom die hond klink so hartseer.  Ek is egter nie seker of dit die bure se bure of hulle bure oorkant die straat is waar die hond so tjank nie.

Ek stuur toe vir die buurvrou ‘n whats app boodskap en vra “Is dit jou bure se hond wat so tjank?” Kom die antwoord heel flink “Toemaar.  Elke keer dat Homer gery het, het Lapman net so getjank.” Daar was ek toe so verbaas, klink behoorlik of sy dan gedink het, ek beskuldig haar omdat iemand anders se hond tjank. Maar toe laat dit my ook besef hoe ons honde skinder.  Ek het al dikwels gehoor mense beskuldig die polisie, sekuriteitswagte, huis of tuinwerkers dat hulle inligting aan inbrekers verskaf het waar die inwoners op verlof gaan.  Hoe dikwels het ek al gehoor “Dit kan net die polisie wees.  Ons het soos pligsgetroue burgers gaan aanmeld dat ons uitstedig gaan wees.” Ander weer ” Net die sekuriteitsmense het geweet ons is nie tuis nie.”  Of ” Dit kon net die huis of tuinwerker gewees het.”  Dan was daar by hulle huise ingebreek.

Nou weet ek van beter.  Gewoonlik as ek my bure se honde hoor tjank het, dan sê ek:  “Ha, die honde is alweer alleen tuis.” So ons moet maar die skinderbekke nader aan  die huis soek.  Soos by ons honde.  Dit is hoekom ek verkies om albei die rakkers van my saam te neem as ek iewers gaan. Dis net nie altyd moontlik nie.  Veral nie as Lapman soos ‘n besetene rond hardloop om tog net nie in die Fordjie gelaai te word nie.

Wie sal nou sulke verraad van hulle hondekinders glo?

Gedagte van die dag:  Kennisgewing op hek wat lui ” Die honde lieg baie. “

Advertisements

Entry filed under: Diere Maniere.

U hoogheid Sissie

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Tango  |  Junie 30, 2019 om 11:23 nm

    Dis nou n pinarie hoor. Maar een met sin.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 1, 2019 om 12:57 nm

      Omtrent. Hoe nou gemaak om hulle af te leer?

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: