U hoogheid

Mei 12, 2019 at 10:34 nm 4 Kommentaar

Ek het lanklaas die twee vriendinne van my gesien. Ons is nie gewoond hulle bly so lank weg nie en Homer kerm toe al ‘n paar dae ek moet gaan kyk wat gaan aan met die “ou fossiele” Kon toe nou nie hoër of laer nie en ek val in die pad.  Met Homer se bakkie, dan het ek ‘n verskoning om nie heeldag te kuier nie.

Daar gekom moes ek nou alles hoor wie hoe siek was, wie die seerste gehad het, die kwaaiste hartaanval {I kid you not} gehad het, wie die hardste geval het en so voort.Die uwe sit en luister, sy het mos al baie ondervinding om ‘n reguit gesig in hulle geselskap te hou. Toe kom die nuwe toevoegsel tot die Britse koningshuis aan die beurt.  Nee, ek het nog nie foto’s van die kind gesien nie. Die een begin vroetel om haar foon te kry, toe onthou sy die foon lê in haar kar en die garage is al gesluit en sy gaan nie nou uit nie, maar sy het ‘n foto van die baba op haar foon.  Nou kyk, ek is nie ‘n aanhanger of bewonderaar van die koninklikes nie.

Ek het al dikwels gehoor die een is ‘n “Scottish lassie” van Jeppe Johannesburg, no less.  Toe op ‘n dag vertel sy my ‘n familie geheim.  Sy en haar suster is albei Scottish countesses. “Ooh, so I am in famous company.” Ek dink sy het al vergeet dat ek en sy al baie ure met my of haar skootrekenaar gesit het om haar familie se grafte te soek. Bizar maar waar. Daar is meer tipies Afrikaanse vanne as in my voorsate. Maar nou ja, dis mos haar, uhm, geheim.  Mum’s the word.  Ja, raait.

Nou met die foto soekery, kom ek agter sy sit nou kiertsregop.  Met haar kop so skuins gedraai, weg van beide haar huismaat en my. Skielik word die koffiebeker dan ook vasgehou soos dogtertjies doen wanneer hulle “tannie tannie” speel. Nou begin my lagspiere al saam trek. Nou moet ek noem dat ‘n afgetrede joernalis van ‘n Sondag koerant hom so ‘n paar jaar gelede in ons dorp kom tuis maak het. Hy tel onder die vriende wat ons nie gemeen het nie.  In die kontessa se boekie tel hy baie hoog.

Haar huismaat vra waar het sy die foto gekry.  “From Billie” sê sy. Met die kop nog so skeef gedraai.  Haar gesig amper parallel met die plafon. Nou weet ek en die huismaat reeds, hier kom ‘n ding.  “He sent it when he came to tell me about Elizabeth.” Ons kyk na mekaar en ek moet al anker gooi dat ek nie kraai van die lag vir die prentjie wat sy daar op die rusbank maak nie. “Elizabeth?” Vra haar huismaat.  “Yes you know he knows the royals intimately. He came to tell me Elizabeth’s maiden name was Parkinson like my mother’s. She” (dis nou die koningin) “is indeed my mother’s first  cousin.”

So ek moet seker leer om te curtsy as die belangrike vrou, wie weet, Charles se bloed eie niggie, naby my kom.

Gedagte van die dag: Polony bly blerrie polony

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Sulke tyd.

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Mei 13, 2019 om 6:59 vm

    Aits, maar jy hét hogere vriende. Hulle sal seker genooi word vir die nuwe baba se doop?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 13, 2019 om 5:52 nm

      Dalk as ek mooi vra, vat hulle my nie saam nie.

      Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Mei 13, 2019 om 8:01 vm

    😂 Ek sal my kraak vir sulke geselskap.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Mei 13, 2019 om 5:53 nm

      Gelukkig ly ek nie aan inkontinensie nie. Dit sal ‘ lollery veroorsaak.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: