Sulke tyd.

Mei 7, 2019 at 11:44 nm 5 Kommentaar

Ai, more is dit alweer stemdag.  Voel soos net ander dag dat ons gaan stem het.  Nog voordat ons tuis was, was my duim al skoon.  Ek wil geen voorspellings maak nie.

Sterkte aan almal wat more die toue gaan aanpak om ‘n ou kruisie te gaan trek en sommer baie dankie ook dat julle dit doen.

Laat my wonder hoeveel van die ….. en veertig partye op daardie stembriewe gaan geen kruisie kry nie.

Was net soveel makliker onder die ou bedeling.  Een briefie.  Defnitief nie met amper ‘n halwe honderd partye op nie.

Gedagte van die dag: God met ons.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

So sad U hoogheid

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Petra  |  Mei 8, 2019 om 8:48 vm

    As dit die voorloper vir die verkiesing is, voorsien ek n swak kieserstal. Ek was in en uit in onder 20 min.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 12, 2019 om 10:58 nm

      Ons was in en tuis in net net onder dertig minute.

      Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Mei 8, 2019 om 11:24 vm

    Stil by ons. Ons het letterlik ingestap en weer uit binne 5 minute. Die stembrief, ja. Ek en my man het albei gegrinnik oor die perkamentrol wat ons moes ooprol om ‘n kruisie te kan trek.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Mei 12, 2019 om 10:59 nm

      Ons sn was gevou. Tuis gekom, het ek gou die koffiebekers gewas and what do you know? Die inkstrepie was af.

      Antwoord
      • 5. HesterLeyNel  |  Mei 13, 2019 om 7:45 vm

        Ek is behoorlik gemerk en kry nie die strepie af nie – nie eers met naellakverwyderaar nie. Dalk het ek skelm gelyk?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: