So sad

April 10, 2019 at 10:17 nm 3 Kommentaar

Nie mens of dier spring die gevolge van tyd vry nie.  Ek kyk die ander dag na Lapman en sien hy sit en staar so in die verskiet.  Dadelik wonder ek natuurlik of hy na sy eerste familie verlang. Hy sien wel sy “vorige pa” van tyd tot tyd.

Maar ek kom agter dat hy dit meer gereeld doen en natuurlik is ek baie bekommerd.  Hy is maar agt jaar oud.  Hy kan tog nie nou al Altzeimers kry nie? Hy was dan net ander dag ‘n klein vet hondjie. Maar ek neem my ook voor ek sal hom in vrede laat.  Daar is nie genesing nie, dus moet die tyd maar sy loop neem.  Solank hy nie in pyn is nie.

Dis net eenvoudig hartseer dat daar so min aan die gevolge van tyd gedoen kan word. Ons het ‘n paar aande goeie reën gekry, dan wag ek maar tot dit net saggies val en laat die honde uit om hulle uhm, ablusies te gaan doen.  Sal hy nou gisteraand weer pure moedswillige, jong Lapman wees en wag tot Sussietjie hurk, toe lig hy stroes Bob sy been teen hare.  Gelukkig het die straaltjie kort geval want sy sal hom wragtig rol.

BB het die vriend wat steeds baie lugtig vir Lapman is, hy het gereeld sy been teen die vriend se been geluk. Die vriend het dit goed hanteer maar BB se destydse verloofde se veel ouer vriendin?  Sy het dit glad nie goed hanteer nie.  Sy het geskree dat ek seker was mense kon die gille en dreigemente twee blokke verder ook hoor.

Hy het dit vir jare nie gedoen nie, wat my laat wonder of dit ook ‘n teken van Altzeimers kan wees.  Ons het ‘n hondjie gehad wat Altzeimers gekry het.  Vreemd hoe die diere deesdae neig om aan mens kwale te ly.  Iemand anders se hond het dan hoë bloeddruk en die veearts het hulle aangeraai om hom ‘n halwe mens bloeddruk pil per dag te gee.  Glo baie goedkoper as die honde soort. Tyd gaan so bitter gou verby nê.

Gedagte van die dag:  Hoe ouer mens word, hoe vinniger gaan die tyd verby.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Nog ‘n ai tog. Sulke tyd.

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  April 10, 2019 om 10:38 nm

    Jou gedagte van die dag is baie waar.

    Antwoord
  • 2. Meisie  |  April 11, 2019 om 12:14 vm

    Amper huil ek nou. Siestog. Sterkte.

    Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  April 11, 2019 om 2:14 nm

    Tyd gaan definitief nou vinniger verby op die hogere ouderdom. Waarheen die tyd verdwyn is ‘n raaisel.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: