Nog ‘n ai tog.

April 9, 2019 at 11:56 vm 2 Kommentaar

So ruk gelede hoor ons na donker een aand iemand op straat oor ‘n mikrofoon praat.  Gaan toe uit, maar ai, ek kan mense hoor praat, ongelukkig nie wat hulle sê nie.  Die buurtwag mense vertel toe dis ‘n kennisgewing dat ons voorafbetaalde meter bokse getoets sal word.  Mens brug die goed uit en steel dus krag.  Maar wat, solank ek my neus skoon hou.

Daar was ‘n tydsduur gegee en in daardie tyd, kom hulle nie hier uit nie. Vriendinne kom wel in daardie tyd inloer en vertel hoe het hulle die meter kom nagaan en die knoppie met ‘n pyltjie op, oor en oor en oor gedruk. ‘n Hele paar keer.  Tot watter doel vra ek. Maar hulle weet nie aangesien die dame wat die kontrole kom doen het, gemaak het of sy nie hulle vraag hoor nie.

Twee weke na die afsny datum kom hulle toe hier aan.  Ek hoor hoe Homer met hulle argumenteer omdat dit na die afsny datum is. Maar aangesien hy die munisipaliteit se bakkie ken, laat hy hulle inkom.  Ek het nie ‘n saak wat hulle dink nie, maar ek laat hulle nie alleen nie. Die dame druk toe ook daardie pyltjie asof sy bang is dit gaan haar bespring as sy ophou druk. Ek vra haar ook hoekom sy dit so aanhoudend druk.  Sy ignoreer my ook. Ek onthou haar naam van die kaartjie wat sy gewys het, noem haar naam en vra haar weer hoekom sy daardie knoppie so aanval.  Sy maak glo net seker dat dit gebalanseer is. Ek vra toe of dit balanseer.  Teesinnig sê sy “It seems to be.”

Genade die volgende oomblik wil sy weet of die tv aan is.  In hierdie huis word daar mos maar min tv gekyk.  Daar het sy die meter boks wat seker so 15 x 30cm is beet en sy trek dit soos ‘n prop uit die muur. Oop is die res, elke draad word gegryp en stewig getrek.  Ek dring aan om te weet of sy my boks probeer vandaliseer.  Ag aarde tog.  Nee, dis glo omdat die meter nie meer geseël is nie.  Ek het haar gesê om met haar kollega te gaan praat, hy het dit sowat vier en ‘n halfjaar gelede oop gemaak en sou die seël kom vervang het, maar nooit gekom nie. Maar sy gaan eenvoudig voort om daardie drade te ruk en pluk asof hulle vir haar ‘n korte gegooi het.

Maar nou ja, nadat sy seker was die seëls is nie gebreek omdat ons die drade gebrug het nie, word ons ingelig dat ons ‘n nuwe meterboks moet laat insit wat kan seël aangesien die een beskadig is. Homer vra vir wie se rekening en sy sê die munisipaliteit.

Gaan voort sê ek.  Ah maar ek moet hulle bel as daar so 45 eenhede oor is.  Dan kom sit hulle die nuwe een in wat 5 eenhede op het.En die ander 40 vra ek, nee, dit verloor ons.  Ek het hulle laat wag totdat daar net 5 eenhede oorwas, dit was twee weke na hulle ondersoek.  Teen die tyd dat sy hier aangekom het met die nuwe boksie, was daar nog net 2.3 eenhede oor. Want not, waste not.

Gedagte van die dag: Wonder hoeveel bokse het hulle gevind wat gebrug was.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Wil jy nou meer So sad

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Sonelle  |  April 11, 2019 om 2:58 nm

    Nou most my versigtig were. Die eenhede gaan nou baie vinnig verdwyn.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 7, 2019 om 11:30 nm

      Jy is nie verkeerd nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: