Wil jy nou meer

April 7, 2019 at 11:22 nm 11 Kommentaar

                     

Miskien moet ek tien jaar gelede begin.  Ek het die dag buite  die haarkappersalon op die dorp parkeer.  Kom die rooi karretjie oor die brug en ek sien dis my Bad Boy.  Ek waai toe vir hom want as hy huis toe ry, gaan hy voor dooiemans deur kom.  Sou hy stop, kan ek hom darem die sleutel gee. Ewentwel, ons staan nog en gesels toe kom die stem, “Tannie, moenie ‘n woord glo wat hy sê nie.  Uit die veld geslaan kyk ek om.  Daar staan die vrou toe.  Ari gedorie.  Ek wil nie lelik wees nie, maar sy herinner my toe sterk aan ‘n “sunburst” tekening.

“Hoekom nie?” Vra ek.  Wie de f.. is buitendien haar tannie? Sy lyk maklik tien jaar ouer as ek.  “Hy is van lieg aanmekaar gesit.”Antwoord sy.  Nou kyk, groot soos my BB is, is sy lontjie maar kort.  Hy word maklik kwaad.  Ek hou sy hand van toe hy omdraai en sê “Ag nê.” Nou nie dat hy haar sal klap nie, maar die mens lyk bietjie ongebalanseerd.  “Askies Tannie, Askies Oom, ek het gedink dis my verloofde.” Oom gaan dit deur my kop?  Sy lyk oud genoeg om sy ouma te kon gewees het. Ons staan net en kyk.  toe kom dit weer, “Het Tannie nie vir my R10 vir brood nie. Ons het gisteraand aangekom en my verloofde is weg om geld te gaan trek maar is nog nie terug nie. Ek wag al heeldag.” Sy het ‘n Jack Russel aan ln leiband.  Hy is skoon en lyk goed versorg. “My hondjie is ook honger.”

Omdat ek weet ek het net genoeg geld om die haarkapper te betaal, (sy doen nie kaart nie) kyk ek na BB en hy kyk in sy beursie en haal R50 uit. Hy vertel haar toe dat sy vir die hondjie ook iets moet koop. Sowat twee jaar later staan ek die dag in Pep toe hoor ek hier agter my “Middag Tannie.” Ek het nie omgekyk nie, toe word die groet herhaal.  Ek kyk toe om om te sien wie die “tannie” is.  Was blykbaar ek.  Weer die sunburst gesiggie. (O, kriek.  Ek het nie gesê hoekom sy my aan ‘n sunburst herinner nie.)  Die vrou is blykbaar ‘n reisiger.  (Sal haar nie ‘n boemelaar noem nie.  Sy was nes die vorige keer skool na liggaam en klere.  Die hondjie is weer saam, pragtig en skoon.) “Het Tannie nie vir my R10 nie?  Ons gaan nou weer op die pad en ek wil net vir my hondjie iets koop om te eet.”

Dadelik herken ek haar,  Dis Sunburst.  Met haar hondjie en haar “verloofde”neem ek aan.  Ari gedorie.  Hoe op die gesig van die aarde kon sy my BB met haar “verloofde”misgis?” BB is 1.95m lank, breedgeslouerd, oë donkerder as sy hare en so strepie ken baard wat jy die ding ookal noem.  Die “verloofde”is korter as ek.  Oud verniel maar darem skoon.  Al wat hy gemeen het met my BB is die blasserige vel. “Verkoop die ou hondjie aan my seg ek, dan sal hy altyd versorg en gevoed wees.” Haar antwoord was “Haai nee tannie ek is te lief vir hom.” Ek het vir die hondjie by Spar twee blikkies kos gekoop en  vir hulle gegee.

Verbeel julle my verbasing toe ek nou op die heilige Sondag in Hazyview hoor “Hello Tannie” en daar sit Sunburst op ‘n bankie voor die Wimpy.  Minus haar verloofde en haar hondjie.  Ek sien sy praat maar hoor nie ‘n woord wat sy sê nie.  Ek loop nader en sy herhaal wat sy gesê het.  Skone verbasing laat my wragtig weer vra ” Ekskuus?”  Toe herhaal sy ” Het Tannie nie vir my ‘n paar rand om ” hier beduie sy die derde keer na die Wimpy ” ‘n bietjie tee en ‘n paar snytjies brood hier te gaan eet nie?” Nou kyk, vermetel sien jy baie.  Maar dit was vir my die toppunt. Moet ek ook bylas, sy sit met die beursie groot oopgetrek om my te wys sy het nie geld daarin nie, maar sy het ‘n pakkie sigarette styf in die ander hand vasgeklem.

Nagedagte:  Sy het nie tande nie, maar soos ek genoem het, vandag nes die vorige ontmoetings is sy skoon en gegrimeer. Maar omdat sy nie tande het nie (neem ek aan) is daar soos fyn krake reg om haar mond en die lipstiffie maak sulke rolletjies in die krake wat my vanaf die eerste keer aan ‘n sunburst herinner.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Oumie se lief Nog ‘n ai tog.

11 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  April 7, 2019 om 11:32 nm

    Ai tog. Waar is die hondjie dan?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 7, 2019 om 11:49 nm

      Ek het nie eers gevra nie.

      Antwoord
      • 3. Olga  |  April 8, 2019 om 10:41 nm

        Ons moes vandag weer Hazyview toe gaan en toe sien ek Sunburst weer loop. Netjies soos altyd. Ek het vir Homer gese om te stop dat ek haar kan vra. Toe vra hy wil ek nou ‘n sobstorie hoor oor hoe siek die hondjie is en hoeveel geld die veearts wil he. toe tref die tydsduur my en ek besef as hy nog lewe is hy te oud om die strate met haar te bewandel.

  • 4. Frida  |  April 8, 2019 om 1:02 vm

    And they say beggara cant be choosers?

    Antwoord
    • 5. Olga  |  April 8, 2019 om 10:42 nm

      Hulle stories kan soms baie oortuigend wees.

      Antwoord
  • 6. Hier "blok" Ek!  |  April 8, 2019 om 1:19 nm

    waar is die ou hondjie… dit is al wat ek wil weet… waar is die bleddie hondjie!!

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 8, 2019 om 10:33 nm

      Logika seg hy is dood. Tien jaar gelede toe ek hulle die eerste keer teegekom het. was hy ‘n volwasse hond.

      Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  April 8, 2019 om 2:48 nm

    Ek sit nou die dag in ‘n restaurant doodonskuldig besig met ontbyt. Die volgende oomblik plak ‘n vrou haarself neer en vertel my die Here het haar vertel dat ek vir haar R700 sal gee. R700 – op die daad – sy sal saam met my gaan om die geld te gaan trek as ek dit nie by my het nie, want die kerke lieg vir haar as hulle vir haar vertel hulle gaan vir haar die geld inbetaal.

    Nodeloos om te sê, ek het van niks geweet nie en ek het nie haar woord aanvaar nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  April 8, 2019 om 10:37 nm

      Weet jy ek ‘het ‘n vriendin wat ook so diskoers met die Here hou. Sy ken Sy stem en Hy vertel haar gereeld wat sy moet doen. Sy was op haar dag glo ‘n miljoener. Toe het die Here haar vertel om haar besigheid vir haar seun te gee. Vandag werk hy op ‘n avo plaas.

      Antwoord
  • 11. HesterLeyNel  |  April 9, 2019 om 6:22 nm

    Ek het hierdie skrywe geniet

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: