Oumie se lief

April 3, 2019 at 10:53 nm 2 Kommentaar

Vandag stuur susterskind vir my ‘n foto. “Ek probeer besig bly” is die boodskap daarby.

Pragtig sê ek. Ek hou van die blok wat sommer strepe word ook.  “Nina leer my hekel”sê sy.  “WAT? Ek het nie geweet Ninsi kan hekel nie.” Nina is my oudste kleindogter.  Sy was verlede jaar matriek en met die stand van sake by universiteite vandag, het haar ouers nie vertroue in universiteite nie en moet sy maar tuis studie doen.  “Ja, sy sê tannie het haar geleer.” Jy kon my behoorlik met ‘n veertjie omtik.  Dit was nege jaar gelede toe sy net mooi nege jaar oud was. Wie sou nou kon glo dat sy steeds sal onthou wat om te maak.

Dit is “Nina se poging,” kom die volgende boodskap deur. Ek is mal oor die “geometrie” wat sy daarin sit. Nou kyk, ek moet sê ek is baie trots op my liefie hoor.

Gedagte van die dag: Nou moet ek lesse uitbrei en Jessie baby ook leer.  Sy is mos ook nou nege.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Verleentheid bo verleentheid Wil jy nou meer

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  April 4, 2019 om 7:59 vm

    Jou ‘harde werk’ van jare gelede het nou vrug opgelewer. 😊 Mooi!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 4, 2019 om 9:53 vm

      Vandag is die internet weer so stadig dat dit net frustrasie bring. Verbaas my dat sy nog onthou. (Ek kon nie eers onthou ek het haar geleer nie. tot ek daaraan herinner was.)

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: