Verleentheid bo verleentheid

Maart 31, 2019 at 10:26 nm 5 Kommentaar

Ek mag dalk al genoem het, dat ek maar bra winderig is.  Dit is met tye so erg, dat ek my kop nie by die deur uitsit nie.  Dit maak ‘n kluisenaar van my.  Vriendin kom my eendag in Spar teë en dit kan nie hoër of laer nie, of ek moet nou saam met haar by haar huis gaan tee drink. Wel, uitkom kans is daar nie en ek gaan drink tee.  Ek was so lanklaas daar, dat hulle my deur die tuin neem om die opslag plant en daardie daardie grassie en nog ‘n ander voëlnes gaan wys.  Ari gedorie.

My uhm wange, bo en onder kompeteer met mekaar in die styfste afdeling.  Ek weet later nie meer water stel die styfste is nie.  Ek knyp net.  Ewentwel, daar tuimel die tuinslang wiel van die boom af en die uwe nes hulle, spring terug.Ek vertel hulle altyd om nie agter my te stap nie.  die een doen wat ek vra, die ander sê prontuit sy sal stap waar sy wil.  Maar nou ja, die terugspring het tot gevolg gehad dat my knyp verswak het en daar gebeur die ergste toe.  Die slag is so fel dat die dikvellige hadidas al skrouend uit die boom opvlieg en al skellend die hasepad kies.

Asof my verleentheid nie al erg genoeg is nie, kom die stem van agter my. “F….. onbeskofte ding.  Was dit nodig om in my gesig te k@k?” Haastig voel ek, maar dis nog droog.  toe kom ek agter die voorste een skud soos sy lag.  “Jy wil mos loop waar jy wil.” Sê sy terwyl sy trane afvee.

Ek het daarna vir lank draaie om hulle gestap. Maar nou ja, nou het sy geleer om voor my te stap.  In haar eie woorde, voordat ek weer in haar gesig k@k.

Gedagte van die dag. A Vogel se Alkaline powder is ook magteloos om ‘n wind te keer.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Daardie onbetaalde rekening Oumie se lief

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  April 1, 2019 om 4:52 vm

    Lekker het ek nou gelag. 😂 En daai winde kies die ongemaklikste tye om te wil uit.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 2, 2019 om 5:54 nm

      geeftag, slaan ook geen ag op geselskap waarin jy verkeer nie.

      Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  April 1, 2019 om 10:31 vm

    Janee, mens moet maar ‘n dik vel ontwikkel – dit voorkom nie die winderigheid nie, maar verminder darem die verleentheid.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 2, 2019 om 5:55 nm

      Dag ek nou daars nog ‘n raad om te beproef. 🙄 😆 😉

      Antwoord
  • 5. Hier "blok" Ek!  |  April 1, 2019 om 4:07 nm

    😂😂😂🤣🤣🤣🤣 laat jy my nou kliphard lag hierby myselwers.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: