Daardie onbetaalde rekening

Maart 28, 2019 at 10:10 nm 7 Kommentaar

Wee julle! Ek het my selfoon nommer seker al 16 jaar. Wat my so grensloos irriteer, is wanneer mense my skakel oor “my” onbetaalde rekening en dan nog met stry en self onbeskof en aggresief raak as ek sê dat die enigste rekening wat ek het, vooruit betaal is. Die ‘n Edgars rekening wat ek net uit gewoonte aanhou.  Die ding kom al sedert 1980 saam met my.

Ewentwel, die persoon vandag vertel my dat sy met Rica geverifieer het dat ek inderdaad die persoon is wat sy soek.  Nou ja, kan ek daarteen stry?  Het haar vertel waarteen moet sy gaan vasvlieg.  Haar ook toestemming gegee om die goedere wat op daardie rekening gekoop was, te kom terug haal.  Sy wou bevestig of my woonadres nou Jan poggenpoelstr in Orlando is.  Ja, gewis sê ek. Kom ek wag vir julle.

Wat die vel van my neus af irriteer is dat hulle nie die gegewens nagaan voordat hulle ‘n rekening open nie.  Maar as daar nie betaal word nie, dan bel hulle gou.  Wil sy vir my sê sy weet nie hoe ‘n inwoner van Orlando oor die telefoon sal klink nie?  Verder nog, is Rica veronderstel om inligting uit te gee?  Dan nogal verkeerde inligting ook.  Dis ook nie die eerste keer dat iemand my vertel hulle het my inligting by Rica gekry nie.  In hierdie geval verkeerde inligting. Die vorige keer het hulle tot my id nommer gehad om ‘n selfoon kontrak aan my af te smeer.

Ek hoop hulle kon lekker hulle beslaglegging in Orlando uitvoer.  Sal hulle leer om uitvreet te wees om hulle goed te verkoop sonder om enige inligting te bevestig.

Gedagte van die dag: Ek hoop hulle was goed geneuk daar in Orlando.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Die adder aan my boesem. Verleentheid bo verleentheid

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Maart 29, 2019 om 7:42 vm

    Ek hoop ook hulle het goed seergekry daar in Orlando!
    As telebemarkers my bel, vra ek dadelik of hulle iets aan my wil verkoop, of, is daar fout met my rekening? En dan sit ek die foon neer. Gelukkig het hulle my nog nie hieroor gebel nie. Touch wood.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 29, 2019 om 3:29 nm

      Sal hulle leer. Magtig. Nou weer daardie golf van DA en VF+ oproepe. Dit is weer rekenaaropnames. Ek sit op speaker en kom oor die algemeen nie eers agter die oproep is klaar nie.

      Antwoord
      • 3. Toortsie  |  Maart 29, 2019 om 3:51 nm

        Ek blok hulle almal.

    • 4. Olga  |  Maart 29, 2019 om 3:31 nm

      Ek hoop tog net RICA gee ooit my nommer vir eff of bfl nie. Ek sal my wragtig natmaak van lag.

      Antwoord
      • 5. Toortsie  |  Maart 29, 2019 om 3:51 nm

        Ouch

  • 6. HesterLeyNel  |  Maart 29, 2019 om 1:12 nm

    Kry vir jou die Truecaller App op jou selfoon (gratis by google playstore) en merk daardie oproepe as spam. Hulle sal jou nie weer pla nie.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Maart 29, 2019 om 3:27 nm

      Hoe laat jy my nou giggel. Ek het die app, maar die rekenaar gegenereerde oproepe het nooit twee keer dieselfde nommer nie. So jy blok een en die volgende een wat van dieselfde nr skakel wys ‘n verskil so dit kom deur.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: