Wê pê pê pê

Maart 15, 2019 at 12:18 nm 6 Kommentaar

 

 

Ons het 7vm gestap tot so ‘n maand gelede.  Al was dit dan koeler om die tyd van die môre te stap, het ons nog hier en daar op skool kinders wie vir hulle taxies wag, teëgekom.  Meeste oggende ons bure oorkant die straat se twee kindertjies ook. Dogter in gr 1, seun dalk so graad 3, dalk 4.   Dan sê ons more en soms sien ek net die taxi vertrek.

Een oggend staan en wag hulle weer. Hulle sê more, ek groet terug, toe trek die dogtertjie se neus so in die lug en dryf so bokant die vlak van haar wange.  Interessant dink ek, maar daar pas alles weer inmekaar en sy sê “I’ve got a new bicycle and you havent got one. Wê pê pê pê pê!” terwyl syhaar neus so flick met haar wysvinger en haar beentjie tot op die bol van haar groottoon rol en haar heup so ‘n paar keer pop. So stap stap sê ek dus “Thats nice.” Weer trek haar neus so bokant haar wange en sê sy weer “I’ve got a new bicycle and you havent got one. Wê pê pê pê pê!” terwyl sy weer haar neus so flick met haar wysvinger en haar beentjie tot op die bol van haar groottoon rol en haar heup so ‘n paar keer pop.

 

 

Weereens sê ek “thats nice.” Nou is ek al reg oorkant hulle en oppad verby. Ek weet ook dat sy jok want toe hulle verlede jaar fietse gehad het, het hulle heeldag in die pad op en af gery tot groot ontsteltenis van die hele buurt se honde en motoriste.  Groot was almal se verligting dus toe hulle fietse net verdwyn het.  Weer eens is die voetjie op die bol van die groottoon en kom dit snipperig weer “I’ve got a new bicycle and you havent got one. Wê pê pê pê pê!” en die vingertjie trek so verby die neusie.  Ek is toe al verby. Wragtig, skree sy agter my aan “You are ‘root’ I am speaking to you.”Fair enough dink ek en kyk om.  Sy is nog besig om ‘n groot asemteug in haar longe te trek, die heupie pop nog en die neus sweef so bokant haar wange.

Toe sê ek “I,ve got cupcakes, pink cupcakes and you havent got any.”Terwyl ek my neus flick met ‘n voorvinger en my been op die bol van my groottoon rol en my heup so twee keer pop.   Haar neusie val sommer so plat op haar wange en haar voet val sommer van die bol van haar groottoon af. Armpie swaai so slap langs haar sy af. Toe kry ek amper skaam vir myself toe die kind amper aan daardie asemteug verstik toe sy besef haar snipperigheid het haar dalk ‘n cupcake gekos.

Gedagte van die dag:  Nou stap ons maar effe later. Geniet die naweek en bly veilig.

Veels geluk liewe Amy omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.

Advertisements

Entry filed under: Juweeltjies.

Geen vergelyking Die adder aan my boesem.

6 Kommentaar Add your own

  • 1. HesterLeyNel  |  Maart 15, 2019 om 5:19 nm

    Jy laat my lekker lag. Dit sal haar leer! Cut your nose to spite your face. Ag sjym man. ek kan nogal daardie neusie-, toontjie-, heupie-beweging sien – die kleingoed is soms kostelik.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 15, 2019 om 10:15 nm

      So met snipperigheid en al. 😉

      Antwoord
  • 3. Hier "blok" Ek!  |  Maart 15, 2019 om 5:37 nm

    😂😂 dit laat my aan my nuwe skoondogter se 6jarige dink. Sy beproef die grootmens in my tot op die uiterste en ek vloek elke keer as sy weer haar ry kry na hulle hier vir ‘n pr oomblikke se chaos verantwoordelik was. Ek sê vir my man die Here kan waaragtig trots op my wees dat ek nog nie die kind ‘n moerse loesing gegee het nie want sy tender elke slag vir een. Nou worry ek oor my eie as ek so iets doen, nou nou haal hulle dit op my kleinkind uit, so nou is ek verplig om myself te gedra.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 15, 2019 om 10:19 nm

      Ek ken daardie gevoel ook. Op jou tande byt om niks te se of doen nie. Lag, maar jy kn trots wees op jouself om sulke selfbeheersing aan die dag te kan le. Sterkte. 😉

      Antwoord
  • 5. Tannie Frannie  |  Maart 15, 2019 om 9:24 nm

    Kostelike beskrywing van die vermakerige kleintjie, ai, ek sou graag jou eie “moves” wou gesien het 😀

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Maart 15, 2019 om 10:20 nm

      😆 ek is seker alles het shake, rattle en rol. 😉

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: