Barones van Facebook.

November 15, 2018 at 10:08 nm 6 Kommentaar

My vriendin het die ander dag verjaar.  Ek het eers laterig onthou sy verjaar en wou nie bel nie, dalk slaap haar huismaat al.  toe sms ek haar maar om geluk te sê.  Ek weet dis lam, maar seker beter as niks.

In elk geval, toe ek my bybelversies wou lees, bly sê dit 11 November.  Toe ek die derde keer uitlog, toe besef ek dit is inderdaad die 11de, een dag na haar verjaardag.

ek het die volgende dag maar na haar gery en verskoning gaan vra.  Ai, raai,  sy vra “But didnt you see the big “woo hah”facebook made about my birthday?” Ag ne, dink ek maar herinner haar dat ek nie fb nie.”Didnt Homer tell you?” Toe ek kop skud gaan sy voort “Facebook really went to town for my birthday. I’m sure Homer told you.” Ek vra toe of sy dan Homer se fb friend is.  Want as sy nie is nie, sal hy nie haar “notofications sien nie.” Waarop sy antwoord “I’ve got such a lot of fb friends I simply cant keep track of all. But people from around the world congratulated me.  I still havent finished reading all the wishes.”  Great stuff.  Sy is ‘n aandag vraat, ek is seker sy moes dit so geniet het.

Ewentwel, die aand sien ek Homer is besig op sy skoot rekenaar en die wifi se liggies flits vrolik.  Ek het gevra of hy op FB is waarop hy affiematief geantwoord het. Ek het haar opgesoek, raai net?  Sy het presies 23 FB vriende en op haar verjaardag het sy presies sewe boodskappe gekry.

Gedagte van die dag: Dreams are good friends.  Ek moet meer uitkom.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Feit of fiksie? Haup

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Dream on  |  November 16, 2018 om 8:46 vm

    Lmga. Wat n bbp! Dan sal10 van 23 sekersonder pp wees sodat niemand kan sien dis ook maar sy nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 16, 2018 om 9:19 nm

      As dit haar gelukkig maak, waarom nie? Fb sal seker die dorp rooi verf vir elke verjaardag van haar.

      Antwoord
  • 3. Daniël Bezuidenhout  |  November 16, 2018 om 8:46 vm

    Ha-ha lekker lag ek nou.Self is ek is ‘n super sluiper op bakkiesboek. So te sê nét my WP posts gaan daarop. Ons het te lank in Wes Afrika gewoon en elke Johnny en Petrus wou my tjommies word. My profiel en fotos e Skype is soveelkeer gedief ek het opgehou tel.

    Erg hoe party mense se fb idee van hulleself en hulle eie werklikheid van mekaar verskil. As hulle tussen fb se wanna-be en die werklikheid moes spring, sou hulle te pletter val.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 16, 2018 om 9:22 nm

      Seker een manier om dit te sien. Klink defnitief na die waarheid. 😉

      Antwoord
  • 5. HesterLeyNel  |  November 16, 2018 om 10:24 vm

    O, is verjaardagwense op fb belangrik? My timeline is permanent gesluit sodat ander mense nie daarop kan post nie. Ek is alweer agter die tyd.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 16, 2018 om 9:24 nm

      Seker wel as hulle ‘n ophef daarvan gaan maak. Of dan as jy dink daar word ‘n ophef gemaak. 😆 Ek wonder of dit die koerante ook gehaal het. Ek werk eerder in die tuin. As my harde werk beloon word met ‘n ophef, sien en ruik ek dit darem.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: