Parkrun twee
Augustus 14, 2017 at 9:07 nm Olga 3 Kommentaar
Ja, ond het dit weer gaan doen. Toe ons Saterdag daar aangekom het, het ons vriendin van verlede week al vir ons gewag. Net, die keer was dit net sy en een spanmaat wie se seun en sy fiets saamgekom het. hy was die vorige keer ook saam met sy ouers, te voet. Die keer moes pa werk en hy het ma oorreed om sy fiets saam te bring. Net om te ontdek dat die fiets wat by die huis nie op gras kan ry nie, ook nie in die park op gras kan ry nie.
Maar aangesien sy ons nuwe vriendin se kollega is, het hulle maar die keer die agterhoede gedek. Toe kon ons onder haar uitstap. En het ons gestap? Flink en vinnig. Ewentwel, Kry toe Saterdag middag die epos dat ek 45 uit 58 deelnemers klaargemaak het. Vanmiddag bel my vriendin my, hoogs ontstoke. Sy wou weet of ek ook dink ons het baie vinniger die keer gestap, sonder ons vriendin, as die vorige week. Gewis ja. Maar het ek gesien ons tyd was dan stadiger?
Ari tog. Maak dit dan saak? Al weet ek ons baie vinniger gestap en moes dus ‘n beter tyd as die vorige keer behaal het, het ek dit in elk geval geniet.
Gedagte van die dag: Laat die daad meer tel as die besonderhede daarvan.
Entry filed under: Askies????.
3 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Aspaai | Augustus 14, 2017 om 9:57 nm
So waar!!
2.
Xena Phoenix | Augustus 15, 2017 om 8:49 vm
Julle het dalk net gedink julle was vinniger, omdat daar nie die keer ‘n seekoei was wat julle gejaag het nie.
3.
Olga | Augustus 15, 2017 om 9:33 nm
Jy weet mos enige verskoning is ‘n goeie verskoning. 😉