parkrun

Augustus 5, 2017 at 6:21 nm 13 Kommentaar

Almal weet seker wat Parkrun is.  Ek is mos altyd die laaste om uit te vind.  Maar nou ja, vandag het die uwe mos haar eerste parkrun geloop in die buurdorp.  Dit was nogal lekker.  Dit het gebeur by die Sabie River Lodge.

Ons het almal op ‘n drafstap weggetrek.  Maar van meet af het ek en my stapmaat besluit ons gaan stap.  Maak nie saak as ons laaste kom nie.  Gou slaan die drafstap oor na loop.  toe kla sy en sê “Jy draf nou steeds.”  Maar my tred by hare aangepas en daar gaan ons.  Gou gou is ons ook laaste.  Voor ons stap ‘n lywige dame.  By die rivier oewer sien ons toe die krokkedille en seekoeie wat  op die oewer lê en in die water baai.  Sy is toe dadelik spyt sy het haar foon in die kar gelos.  Maar Olga saved the day. staan nog om ‘n goeie hoek te kry toe die skor gekras hier langs ons opklink.

Kyk daar kry sy die uwe aan die arm beet en sê sien jy nou, hulle gaan ons opvreet.  Ek kon haar darem gerusstel dat geen platte of ronde op ons toesak nie.  Dis net die kolganse wat geroep het.  Toe hoor ons ‘n ander geblaas.  Ek weet nie waar ons die lywige dame verbygesteel het nie, maar dis sy wat ons in gehaal het.  Steun en blaas.  Kla ook en wonder hoe ver ons al gekom het, toe loer die 1km bordjie vir ons.  Maar toe was ons verlore.  Ons kon nie vir haar wegloop nie.

Die volgende vier kilometers het ons dikwels gestop om vir haar te wag om ons op te vang.  ‘n Golfkarretjie met die skoonmaker stop en vertel ons daar is nog sowat vyf mense agter ons.  Toe ons in die pylvak kom, staan van die deelnemers wie al klaar gemaak het ons en aanmoedig.  Onder andere mense van haar groep ook.  Hulle praat met haar en sy sê so ewe “Thank you for staying with me ladies.  I’ll see you at the finish line en trek sy soos ‘n kolos op ‘n drafstap weg.  😆  😆 The motion of the ocean and awl. Ek en my vriendin het eers klaar gelag toe maar aangestap en onderskeidelik 54 ste en 55 ste uit 61 runners ingeklok.  Feit is, ons kon ‘n goeie tien minute vroeer klaar gemaak het.  Maar soos sy sê volgende keer laat ons ons nie weer sucker nie.  Dan gaan ons tyd soveel beter lyk.  🙄  Sederdien al epos gekry wat gesê het ek het vierde in my ouderdoms klas gemaak.  Twee van my ouderdomsklas was die dame en my stapmaat.

Bly warm.

Entry filed under: Sucker.

How low can you go? Parkrun twee

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Ek was in Patrys | Herriemerrie  |  Augustus 5, 2017 om 6:39 nm

    […] Tannie Ougat?  Tannie […]

    Antwoord
  • 2. Laviga Heks  |  Augustus 5, 2017 om 7:03 nm

    1
    2
    3
    Blok myself

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Augustus 5, 2017 om 8:25 nm

      Mapstieks mej Laviga Van Helsdingen! Daar val ek wraggies karplaks van my stoel af om jou weer in blogland tee te kom.

      Antwoord
  • 4. Laviga Heks  |  Augustus 5, 2017 om 8:42 nm

    Ek was op die aerotjoklit Patrys toe

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Augustus 5, 2017 om 9:10 nm

      Het jy ‘n happie gevat? Vertel my meer van die aerotjoklit asseblief?

      Antwoord
  • 6. Toortsie  |  Augustus 5, 2017 om 9:43 nm

    Mooi man! 😁

    Antwoord
  • 8. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 6, 2017 om 7:18 vm

    Baie goed gedoen hoor. Wys jou waar daar n wil is is daar n weg. Ek het ook nie my oë geglo toe ek Laviga Heks sien nie!

    Antwoord
  • 9. seegogga  |  Augustus 6, 2017 om 7:57 vm

    Mooi Olga!

    Antwoord
  • 10. JWM  |  Augustus 6, 2017 om 9:42 vm

    Ditsem, Olga. Die eerste een is mos net n proeflopie?

    Antwoord
  • 11. HesterLeyNel  |  Augustus 6, 2017 om 2:40 nm

    Ek het al gehoor van Parkrun, maar my nie veel daaraan gesteur nie. Ek sien daar is elke Saterdag een by Uvungo hier naby ons – gaan dadelik ondersoek instel. Nie dat ek van plan is om te hardloop nie, veral nie met ‘n kamera om die nek nie, maar ek hou van loop. Heel laaste is ook ‘n plek!

    Antwoord
  • 12. Xena Phoenix  |  Augustus 6, 2017 om 3:30 nm

    Ek hardloop net as iemand my jaag en ek nie kans sien om met hulle te baklei nie.

    Antwoord
  • 13. Kameel  |  Augustus 8, 2017 om 4:24 nm

    Jy het nog baie woema Olga!!! Welgedaan 🙂

    Antwoord

Lewer kommentaar op Ek was in Patrys | Herriemerrie Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter