How low can you go?

Augustus 3, 2017 at 11:00 nm 9 Kommentaar

Hierdie ou landjie van ons.  Regtig sommige dae is ek net so gewalg deur die optrede van my volksgenote ek kan ‘n kat skiet.  Die haat, die nydigheid, die woede (al weet hulle self nie hoekom hulle so woedend is nie) die hebsug.

Die beste van alles is, as ons, die mense van Suid Afrika aan onsself oorgelaat word, sal ons oor die weg kom.  Ons lotjie hier op die hoek is getuienis daarvan.  My nuwe ouma of die (swart) buurman oorkant die straat kan kla dat hulle of hulle mense al ooit sleg behandel was nie.  Maar soos die buurman oorkant die straat by geleentheid gesê het, dan kom een van die hoëes by en dadelik word daar onmin gesaai.

Ieder geval, die hofsaak van die doodskis manne is nou weer ‘n klinkende voorbeeld van hierdie onminsaaiery.  As hulle elk ‘n boete van sê R500 opgelê was en die grondbetreeder ‘n boete van R250 omdat hy op privaat grond oortree het, was die hele saak lankal vergete.  Nou word miljoene rande belastinggeld weer verkwis met ‘n mediasirkus waar hulle hoofnar keer op keer homself onteer met ‘n leuen.  Ek wonder net hoe gaan hulle die saak plooi om die wit oortreders te straf en hom met ‘n lekker huisie, lopende water, elektriseteit en dalk ‘n minibus mee te beloon vir die vernedering wat hy gely het.  Asof hy homself nie meer verneder elke keer as hy op ‘n leuen betrap word nie.

Maar die hele storie laat my wonder hoe slim die mens nou eintlik is.  As jy aanjaag, hoekom neem jy fotos en video’s en stuur dit die wereld vol?  DAlk nog self op youtube gesit ook.  As dit nou nie was vir die sug na eie eer nie (skone hebsug) het hulle skotvry weggekom daarmee.  Ek dink beslis hier is ‘n les uit te leer.  Hebsug (die drang na rykdom, eer, ander se besittings) sal een of ander tyd opspring om jou in die gat te hap.  As daardie drange roep, kry eerder ‘n werkie vir jou ledige hande of gedagtes.

Gedagte van die dag: Lei my nie in versoeking nie.

Geniet die naweek en bly warm en veilig.

Entry filed under: Hoogsb4k.

Afrikaans, my taal. parkrun

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Augustus 4, 2017 om 9:13 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Augustus 4, 2017 om 9:14 vm

    Persoonlik is ek nog nie oor die skepsel wat haar ‘n verpleegster met haar baba geslaan het en die arme baba daarna teen die vloer doodgeslaan het nie. R500 borg. Wat de hel?

    Antwoord
    • 3. HesterLeyNel  |  Augustus 4, 2017 om 4:03 nm

      Waddehel? sê ek ook.

      Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 4, 2017 om 9:49 nm

      Soms kan ek my hande net saamslaan oor besluite was “wyse” mense maak. Bid jou aan, iemans aanrand met jou baba. Dan slaan jy die kind teen die vloer en vermoor die arme dingetjie so en sy kry R500 borg? Wat het in die magistraat se kop aangegaan?

      Antwoord
  • 5. travel460  |  Augustus 4, 2017 om 1:24 nm

    Ek mis op die oomblik weer alles wat in die nuus is, so sal dadelik gaan lees waaroor jy skryf. Maar in beginsel stem ek klaar saam met jou. Hebsug sal jou altyd in die gat hap.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 4, 2017 om 9:52 nm

      Tog los ons meer male die hek tot hebsug wa wyd oop. 🙄

      Antwoord
      • 7. travel460  |  Augustus 5, 2017 om 9:29 vm

        So waar.

  • 8. HesterLeyNel  |  Augustus 4, 2017 om 4:02 nm

    Common sense is in short supply these days.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Augustus 4, 2017 om 9:52 nm

      Jy weet mos die selfoon het common sense geword.

      Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: