tol se hol

Julie 12, 2017 at 10:26 nm 11 Kommentaar

 

 

Ek was onlangs vir ‘n ruk in Gauteng.  Om daar te kom, moet ek deur drie tolhekke gaan.  Eerste is Machado plaza wat ‘n allermintige R83 kos.  Hoe nader aan GP, hoe goedkoper raak dit darem.  Middelburg plaza is R56 en natuurli, die laaste een, Diamond hill plaza is maar net R34.  Ai, ek is so gewoond aan net’n kaart aanbied dat ek gewonder het of ek tolgeld kon afwerk deur die pad te was.  Nooit besef mens kan net met ‘n kredietkaart wat ek nie besit nie, betaal.  Maar dikwels lê wonders ook maar in die pennybox waar die munte vir die karnar gebêre word.

Nou hoekom ag ek dit gerade om dit te noem?  Die liewe padwerke.  Goeie geeftag.  Dis seker ‘n hele dekade, (tien jaar) laas dat daar nie padwerke was nie.  Dat ek by die huis in my Fordjie kon klim en regdeur ry Pretoria toe sonder om een Stop/Go te kry.  Dis nou, as ek reg onthou.  Ek het met die gaan vyf gekry.  Met die terug kom ook vyf.  Vier van hulle tussen die Machado en Sudwala afdraai.  Moet egter nie dink dat hulle jou ‘n rand afslag sal gee vir die ongerief wat die bog jou op die hals haal nie.

Toegegee, die padwerke is tot voordeel van die gebruikers.  Maar en dis die deel wat ek nie kan klein kry nie.  Hoekom word 1okm pad toegemaak sodat hulle op 150m kan werk?  Dan staan daar ‘n paar mense by die “Stop” Dan is daar vir kilometers niks en niemand te bespeur nie.  Nie eers pad wat stukkend gekap is nie.  Dan kry jy ‘n trok staan.  Werker wat voet op die buffer, hande in die sye die verte instaar.  Die vier wat saam met hom ry, staan aan die agterkant van die trok en gesels. Volgende kom ‘n roller aangery.  Op ‘n stuk pad waar geen rolwerk nodig is nie.  Tensy natuurlik die roller die teer nou moet sagmaak vir die opkap.  Dan kry jy ‘n stootskraper verlate staan.  Dan weer tien werkers op ‘n vroee/laat teebreek. Of hulle wag vir vervoer om hulle die 500m na die eintlike padwerke te neem.

Volgende kom jy op die stuk af wat nou eindelik aan gewerk word.  ‘n Hele knoop mense wat die pad toestaan.  Dan verstaan ek nou hoekom daar twee bane weerskante toe toegemaak word. Twee mense loop en vee vee met groot besems.  Twee het grawe met ses teerklippies op waarmee hulle die kant toe en daardie kant toe steier.  ‘n Volgende een staan gebukkend seker om te tel hoeveel klippies uit die grawe gelaat is.  Tussen in staan daar minstens twintig mense en niks doen nie.  Kilometer verder kom jy op die teertrok af.  Dit staan net daar met nog ‘n roller langs aan en ‘n trok met klip wat seker met bietjie teer geverf gaan word voordat die twee voertuie die kilometer terug gaan ry om die twaalf geverfde klippies op die grawe te gaan aflaai.

Dan vir die volgende twee kilometers is daar weer niks en niemand nie voordat jy nou op die lang ry voertuie afkom wat in die volgende baan wag om deur die “Go”bordjie en groenliggie teen ‘n lang paal die goedkeuring te kry om verder te ry na die volgende tyd, geld en humeur mors punt dalk so agt kilometers verder.

Amper vergeet ek om die entrepreneurs te noem.  Een het daar gestaan met ‘n pnp trollie met ‘n bak gekookte eiers, sakkies cheesenaks, blikke koeldrank ens in.  ‘n Ander het geloop met ‘n karton dosie wat seker maar min of meer dieselfde produkte in gehad het.  ‘n Ander met ‘n skottel mielies, een met toebies en vetkoeke.  Maar kyk die hel was los toe ‘n smous aan die Fordjie se venster kom klop het.  ‘n Hondesnotstreep teen die agtervenster wys waar Sussietjie die smous probeer beetkry het en een op die voorvenster wys Lapman se dapper poging.  Gelukkig was dit die smous met die trollie anders sou ek seker skadevergoeding moes betaal omdat die vindingryke entrepreneurs nie my en my honde ons spasie gegun het nie.

 

Gedagte van die dag: ons het darem veilig tuis gekom.  Snotstrepe en al.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

A. G. Visser het dit…. Hoe vreeslik

11 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Julie 13, 2017 om 7:10 vm

    Ha ha Olga. Hwt j6 al vd term: “werkskepping” gehoor?

    Antwoord
    • 2. Toortsie  |  Julie 13, 2017 om 8:45 vm

      Ek wou nou ook sê van werkskeppong, maar jy het my voorgespring!

      Antwoord
    • 3. Olga  |  Julie 13, 2017 om 8:27 nm

      😆 solank hulle net nie staak en brandstig om ‘n kantoor met lugversorging in die bos te kry nie.

      Antwoord
  • 4. travel460  |  Julie 13, 2017 om 7:25 vm

    Olga, ja. Jou weergawe is o so korrek. Ek sien daai selfde prentjie hier in ons Noord-Wes geweste, oor en oor. En wonder ook oor al dié ‘bedrywigheid…liewer, die nie-bedrywighede’.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Julie 13, 2017 om 8:31 nm

      😆 vanmiddag gou ‘n kuiertjie ingepas met ‘n vriendin. Met my terugkeer het vier dames voor my hek in die son gesit in hulle “Thaba Chweu blues.” Die res van die span was op die volgende hoek. Twee baie letargies pik geswaai en geen graspol getref nie met nog twee wat kywie gehou het dat die skoffelswaaiers nie hulle eie maermerries tref nie.

      Antwoord
  • 6. ekmyselff  |  Julie 13, 2017 om 9:27 vm

    Dit word net erger!

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Julie 13, 2017 om 8:32 nm

      Give them rope….

      Antwoord
  • 8. HesterLeyNel  |  Julie 13, 2017 om 1:37 nm

    Dalk is dit ‘n nuwe industrie – snelwegkombuise.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 13, 2017 om 8:35 nm

      😉 Waar daar ‘n wil is, … Tens minste probeer hulle darem. Kon net sowel daar gestaan het vir kwaadgeld.

      Antwoord
  • 10. nancy  |  Julie 13, 2017 om 8:02 nm

    wie gaat dai snotstrepe afwas?

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Julie 13, 2017 om 8:35 nm

      Ek. My Fordjie, my honde.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: