A. G. Visser het dit….

Mei 29, 2017 at 9:35 nm 9 Kommentaar

Iemand stuur toe mos vir my ‘n A. G, Visser gedig.  Ek wil my lam giggel hoe verder ek lees.  Die persoon weet mos presies  hoe na aan die huis sy eintlik wei.  Wie my ken, weet mos dat ek ‘n poeper van formaat is.  Maar, gegewe die tyd waarin A. G. Visser gelewe en gewerk het, kon ek nie glo dat hy die “taal” in hom gehad het nie.  Buitendien, ek het die gedig nog nooit raak gelees nie.  Tot nou toe, bygesê.  Ek moes dit net eenvoudig gaan google en jou wrintie,  A.G. Visser het dit in hom gehad.  Ek moes ook kon dink, as hy in die kerk kon fluit, kon hy in die kerk poep en meer.

Om te poep is nie ‘n sonde nie

A.G. Visser

O’ gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou ager my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hake van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin hoes en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan my kop die sak
Toe kom die vrees dak ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
‘n ouderling begin woedend sy weg na my toe baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
So het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
Hy “freewheel” my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die “cheek” om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk and die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom

Gedagte van die dag:  Elke dag bring nuwe verrassings.

 

Advertisements

Entry filed under: geleen.

As meneer so se tol se hol

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Mei 29, 2017 om 10:40 nm

    Sjoe Olga, ek het nou gekraai soos ek lag.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 30, 2017 om 12:28 nm

      Ek het dit ook geniet. (Seker omdat ek my kan vereenselwig met die een en die onaangenamer kant soos die pes vrees.)

      Antwoord
  • 3. seegogga  |  Mei 29, 2017 om 10:56 nm

    My tannie het eenkeer iets soortgelyksoorgekom in ‘n winkelsentrum. Ons het darem lekker gelag!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Mei 30, 2017 om 12:26 nm

      Maar tog so ‘n verleentheid vir die waardige dame. Almal is mos nie Olga nie.

      Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 29, 2017 om 11:34 nm

    Ha ha, wat n k.. storie. Hy vertel dit heel gevoelvol.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Mei 30, 2017 om 12:25 nm

      Wat my vertel dit het regtig gebeur. Darem nog nooit aan drol geboorte gegee in die kerk nie, tog so dankbaar. 🙂 Maar met die ander stem ek saam. Laat my wonder of die ouderlinge steeds so ongenaakbaar is. 😆

      Antwoord
  • 8. Spokie sny spoor  |  Mei 30, 2017 om 3:41 nm

    Hiehie … oulik!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: