As meneer so se

Mei 24, 2017 at 11:06 vm 5 Kommentaar

So maand of drie terug kom een van die buurt se vroue hier aan.  Duidelik ontstig.  “Wie het jou kuite styf gemaak?” Vra ek.  “Weet jy, as auntie Mavis nie al amper so lank soos wat ek oud is, Ouma (Dis haar eie ma) se vriendin was nie, het ek haar vandag in haar moer gestuur.  Wel, dis mos my nuwe geerfde ouma. In elk geval, toe begin ek al lag.  (Sommige mense glo mos hulle kan alles regkry al spreek die teendeel vanself.  Haar man het beloftes gemaak wat niks van gekom het nie.) Maar nou ja, ek lag mos altyd.  “Sy sit soos queen Moblerriejadji” (Klink of die dame baie tyd in ‘n sekere Olga se geselskap deurbring.) “in haar huis aan die kop van haar tafel , I ask you, en summons mos almal in haar presence.  Ek sê vir jou vandag, dit was nou amper.”

Be that as it may, ek loop weer ‘n lang draai. Twee jaar gelede het iemand in die outehuis verjaar.  My genooi vir koek en tee.  Ek het nogal ‘n tjoklitkoek gebak en saamgeneem.  Op hierdie stadium was dit net, hy, sy buurman en ek op die stoep.  Hy het vir hulle elkeen ‘n sny koek gesny.  Met die eerste hap sommer, smyt hy sy lepel neer en vra “Is dit wat jy ‘n tjoklitkoek noem? Jy moes myne geproe het.” Waarop sy buurman hom verergd aangekyk en toe vertel, “Ou Moses, hou jou bek en gaan bêre die koek sodat “die ander” (hulle bure en vriende van die oord) dit nie sien en opvreet nie.” In elk geval, verlede jaar bel hy weer en ek kon met blydskap lieg en sê “Ek is nie tuis nie Oom. Ek kuier by my kleinkinders.”

What do you know?  Verlede week bel hy my weer.  “Ek verjaar Sondag.  Kom drink tee en bring tog weer ‘n tjoklitkoek aangesien ek moes hoor jy doen dit dan beter.” Toe word ek ook sommer vertel dat die winkel ‘n Duits vervaardigde messlypstel en daai winkel ‘n groot stewige naelknipper het wat hy wil hê.

Dit was so op die punt van my tong om hom te vertel waar die busstop Moerland toe is. Toe dink ek aan hoe lekker ek gelag het vir die ander dame se “Queen Moblerriejadji” dilemma.  Toe het ek maar die koek gebak en gaan aflewer en een van die twee beveelde royal treats saamgeneem en my uit die voete gemaak voordat ek vertel waar dankbaarheid in kom en dat geen mens ooit te oud sal wees om ” Dankie” te sê nie. So het die beste meisyne my ingehaal en moes ek eers gestop het om klaar te lag.

Gedagte van die dag:  what goes around comes around too.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Waarom die Afrikaner altyd bo uitkom A. G. Visser het dit….

5 Kommentaar Add your own

  • 1. HesterLeyNel  |  Mei 24, 2017 om 1:06 nm

    Haha, sulke optredes kan jou bloed laat kook, maar dit maak so ‘n lekker storie. Dankie vir die glimlag.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 29, 2017 om 10:51 nm

      Mense is die speserye van die lewe. Sommige suur, ander soet en ander bitter terwyl nog ander, ja wat sal ek se?

      Antwoord
  • 3. Tannie Frannie  |  Mei 25, 2017 om 10:19 nm

    Um, ek moet net se, dis wreed om so ‘n prentjie te pos…Dis halfelf in die aand en ek het nou so lus vir daardie koek dat ek nie weet watter kant toe nie!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Mei 29, 2017 om 11:01 nm

      Ag ekskuus tannie Frannie. Is die lus nou al bevredig?

      Antwoord
      • 5. Tannie Frannie  |  Mei 30, 2017 om 7:49 nm

        Heheheh, nee, NOU nog nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: