Waarom die Afrikaner altyd bo uitkom

Mei 13, 2017 at 11:36 vm 6 Kommentaar

Ek was die anderdag by my nuwe ouma en ons het onder andere gepraat oor die grondbesettings kwessies.  Of liewer, sy het gepraat, ek het geluister.  Dit was net vir my so ironies toe ek die volgende per epos gekry het.  Ek het gedink dis ‘n goeie ene om te deel.  So jammer ek kan dit nie direk aan die anc, eff, bflf of so iets stuur nie.  Ek plaas dit nes ek dit gekry het.

 

 

“PROF COETZEE se ANTWOORD oor WAAROM DIE AFRIKANER BO UITKOM:

“Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof, as heel aanvaarbaar; jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid, of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.

Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk, soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. MAAR hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer, dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom, sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese,
tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is, wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. MAAR hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene, omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer, omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En élke ding wat ons het, het ons verwerf!

As alles altyd vir jou verkeerd loop, sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jyself, vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in!

Dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika, is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie.”

                            

Ek weet van niemand anders wie dit beter kon sê of gesê het nie.  Dit was so mooi presies wat ouma Mavis ook gesê het en tog steeds so waar.

Advertisements

Entry filed under: geleen.

Waar? Waar? As meneer so se

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Mei 13, 2017 om 6:02 nm

    Hoor, hoor!

    Antwoord
  • 2. sisdudu  |  Mei 13, 2017 om 11:06 nm

    auk. bakietie. nou sommer ek mis hom daai Amerika.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 14, 2017 om 1:28 nm

      Ai toggies Dudu. Dit raak mos nou koud in Suid Afrika.

      Antwoord
  • 4. sisdudu  |  Mei 17, 2017 om 9:08 vm

    en somer by Amerika. maybe ek moet hom huis toe gaan.

    Antwoord
  • 5. Tarrant  |  Mei 27, 2017 om 11:59 vm

    Die meeste wit afrikaners is reeds pateties word arogant agresief vloek en voel niks vir sy medemens. Dit is hoe ons ons kinders opgevoed het oor generasies. Kinders kom na skool by die huis albei ouers werk hulle maak en breek nes hulle wil en vandag sit ons met volwassenes wat ongedissiplineerd is. N Patetiese arogante Afrikaner.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Mei 29, 2017 om 10:47 nm

      Mense vandag sweer hoog en laag indien albei ouers nie werk nie, gaan hulle nie finansiel die mas opkom nie. Maar nou ja, binnekort gaan ons dalk almal tuis sit dan sal daar hopelik ‘n nuwe geslag tot stand kom. Tot dan, moet alle ouers maar skep terwyl dit pap reen.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: