Waar? Waar?

Mei 4, 2017 at 10:29 nm 7 Kommentaar

 

 

Homer het na negentien maande tydelike werk gekry.  Ver van die huis af.  Nou ja.  Enige iets is na al hierdie die tyd mos maar welkom.  Toe besluit hy dat my honde  ‘useless’ is.  Hy gaan die sekuriteitselsel wat in plek is, laat nagaan en dan maar ook die “armed response” ding doen omdat my honde so useless is.

Die dag toe die twee tegnikuste hier was, volg die twee honde my heeltyd.  Waar ek is, is hulle.  Die tegnikuste kan maar bo oor hulle klim, geen probleem.  Natuurlik, elke keer as Homer dit gesien het, moes ek hoor “Jou blerrie honde is ‘useless’.  Die alarm sal beter wees.” Ek voel elke keer lus om soos my buurvrou te antwoord met “GAAN KAK!” Maar nou ja.  Dan sal ek maar sê “Los my honde uit.”

Hy is toe voort en hulle moes terug kom om die een of ander in te stel.  Maar kyk.  Hulle het geskakel om te sê hulle is oppad.  Ek het natuurlik die hek gaan oopsluit.  Skaar binne toe vlieg die twee soos pyle uit boë uit die huis en die volgende oomblik hoor ek iets tussen ‘n piep en ‘n tjirp en ek storm agter hulle aan.  Daar hang een tegnikus soos ‘n vink aan die hek.  Arms en bene mooi in lyn en lyf geboog om sy agterent van die honde weg te kry.  My “useless” honde het nie eers geknor nie.  Net tande gewys.  Die tweede tegnikus het sy been gestaan en vryf.  Toe die “useless” honde gestorm het, het hy eenvoudig die hek toe getrek, met sy been tussen die muur en die hek.  Hy het nie eers sy kollega kans gegee om te vlug nie.  Die dat hy soos ‘n vink aan die borand van die hek hang. Gelukkig vir hom is dit ‘n stewige hek, sewe voet hoog.

My hande geklap toe staan die twee weer weerskante van my.  Ek het die mannetjie twee keer verseker dis veilig vir hom om af te klim.  Toe hy weer sekuur op terra firma gestaan het, het hy net saggies geprewel, “Joh tannie, die oom moes nou hier gewees het om te sien hoe useless die honde regtig is.

Gedagte van die dag:  “Looks” is nie alles nie.

 

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Wat ‘n irritasie. Waarom die Afrikaner altyd bo uitkom

7 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Mei 5, 2017 om 12:13 vm

    ‘n geleerde Engelse tante wat ek in Pretoria ontmoet het, het so ‘n eienaardige twee-manskap gehad “n foksie genaamd Mercurius en sy “kleinboet” ‘n effens jonger reuse deen met die naam Atlas.

    Jy moes dit sien om te waardeer hoe heg die vriendskap was.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 5, 2017 om 10:08 nm

      Hulle vriendskap met mekaar of met die tannie en mekaar?

      Antwoord
  • 3. travel460  |  Mei 5, 2017 om 6:31 vm

    Jy het nou my Vrydag gemaak met hierdie vertelling! Ek sien die prentjie en ek stem saam: “looks” is defnitief nie alles nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Mei 5, 2017 om 10:09 nm

      Veral nie in n useless hond nie.

      Antwoord
  • 5. sisdudu  |  Mei 6, 2017 om 9:13 vm

    ek sal nie weer by Amerika haat nie. dan soos ek terêg kom South Efrika staan hom opoe sy kop

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Mei 7, 2017 om 10:10 nm

      Ai ou Dudu, lewe jy nog? Ek het gedag jou equal Amerikaanse skoonfamilie het jou lankal opgevreet.

      Antwoord
  • 7. sisdudu  |  Mei 6, 2017 om 9:18 vm

    ek het hom lankal vir djou gesê miesies Ogel, gou weg raai hare hind met sy borsel saam. liewerste djo blaffer hy was hom better. die tong was hom nie swart nie. bakietie. my motha in law gesê hom ek is nou nie meer apartheid se vrou nie. ek het hom gatrou die American. nou ekke is equal vir djulle.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: