Wat ‘n irritasie.

Maart 21, 2017 at 3:23 nm 11 Kommentaar

 

Voorheen het ons in die bos gewoon.  In een van net nege huise.  Ons het elf jaar daar gewoon.  Dikwels was die waterdruk so swak dat dit tot tien minute kon neem om sowat tien cm water in die bad te tap.  Van tuin natlei was daar op sulke dae natuurlik geen sprake nie.  Maar….. ons het water gehad.

In alle eerlikheid kan ek dalk sê dat ons agt dae uit die elf jaar nie water gehad het nie.  Soos in niks.  Jy draai vroegoggend die kraan oop en daar kom net ‘n druppel of twee water uit.  Dan was dit ‘n geval van, “wel, ou girl, jy woon in die bos, wat verwag jy?  Dan moes ‘n tegnikus van die buurdorp of van “hoofkantoor” af kom en teen vanaand het ons water gehad.

Nou woon ons in die dorp, daar is dan twee tegnikuste in die dorp en elke tegnikus het ‘n assistent.  So probleme behoort spoedig opgelos te wees.  Reg? VERKEERD!!!!  Nou het ons agt dae per maand nie water nie en dan hou dit meestal ‘n week of twee voordat die probleem opgelos is.  Huidiglik is ons sedert Sondag aand sonder water.  Vanmore twee uur was daar water.  Kom my afspraak met die stort, toe is die kraan droog.  Kyk die hooftegnikus ken Homer se nommer al so goed, as Homer bel en hy kan nie antwoord nie, sal hy terug bel en “Mr Oksle, I see you phoned me earlier…

Gedagte van die dag:  Ek hoop julle het ‘n menseregte dag vol genade en menseregte gehad.  😉  Soos die basiese regte wat julle elke maand voor betaal.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Aangename atjoeeee…..

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Maart 21, 2017 om 5:12 nm

    Genade! Dit moet verskriklik erg wees

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 24, 2017 om 10:17 nm

      Ek kan amper se “solank my bottel water inhet, is ek reg.” Toe moes Homer anderdag vir my gaan water koop en kom toe hier aan met Sparkling water.

      Antwoord
  • 3. i'm maud  |  Maart 21, 2017 om 11:56 nm

    dit gaan maar so in meeste munisipaliteite. wees bly dis net ag dae n maand. in ons dorp het ons op n stadium van 10pm tot 6 am nie water gehad nie. dit het amper vyf jaar so aangegaan.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 24, 2017 om 10:22 nm

      Belaglik hoor. Dis soos ons dorpie. ‘n Gewilde toeriste bestemming. Tog het ons gate straat in. Ek weet daar is dorpe wat erger daaraan toe is. Ons vergeet al te dikwels dat die leiers uit erger omstandighede kom. Maar demmit! ‘n Mens het tog (werks) trots. Vir my sou dit gegaan het om te wys, ek kan dit beter as gehate voorgangers doen.

      Antwoord
  • 5. vvuureoc  |  Maart 22, 2017 om 2:59 vm

    Die mense wat in ons ou huis in Delportshoop woon het die munisipale water laat afsny en bedryf huis en tuin vanuit die boorgat.Riolering werk deur ondergrondse tenks en syfertenk wat nog net drie keer in 50 jaar gepomp moes word. Hulle is besig met sonselle en batterye en voorsien alreeds 60% van hulle elekttrisiteit self.
    .

    Antwoord
    • 6. HesterLeyNel  |  Maart 22, 2017 om 11:10 vm

      Dit lyk na die uitweg vir die toekoms, mits jy ‘n standhoudende boorgat het, maar ek hoor boorgatwater word ook deesdae belas deur sekere munisipaliteite?

      Antwoord
    • 7. Olga  |  Maart 24, 2017 om 10:26 nm

      Hulle dreig nog net Hester. Kom ons hoop dit bly daarby. Dit kan ‘n oplossing wees, as dit net nie so duur was nie. Ons het voelers uitgesteek vir gas geisers. Ari gedorie. Sal blybaar ten drie moet kry. Een vir elke badkamer en aparte een vir kombuis en as warm water in waskamer wil he, ‘n vierde. Glo omdat die vertrekke ver uitmekaar is.

      Antwoord
  • 8. Spokie sny spoor  |  Maart 22, 2017 om 4:39 nm

    Liewe land! Rerig? Sterkte.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Maart 24, 2017 om 10:29 nm

      Dankie. Soos ons nuwe ouma se, moenie daaraan gewoond raak nie. Ons almal verdien beter.

      Antwoord
  • 10. Xena Phoenix  |  Maart 24, 2017 om 10:55 vm

    In 2017 moet basiese dienste soos elektrisiteit, water en sanitasie sekerlik al iets te wees waaraan ‘n mens nie dink nie. Dit behoort so natuurlik as asemhaal te wees.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Maart 24, 2017 om 10:31 nm

      Presies. Maar weereens, onthou, dis nie hoog op die leiers se prioriteitslys nie. Hulle het daarsonder opgegroei en weet hulle het ten spyte daarvan groot gekom, so ons moet maar aanpas. Of jy betaal of nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: