Aangename atjoeeee…..

Februarie 28, 2017 at 11:22 nm 10 Kommentaar

 

Ek was vandag besig om kas reg te pak toe ek op ‘n heel gawe verrassing afgekom het.  Dis nie aldag dat die uwe so ‘n aangename verrassing op die lyf loop nie.  Daar staan ek toe met die reghoekige houer in my hand en weet nie so mooi wat om te doen nie.  sien, dis eintlik ‘n dilemma van epidermiese proporsies.  Daar is sestien tjokkies in die houer en ek is nie van plan om al sestien op te eet of met Homer te deel nie.  Hy sal geen probleem hê om deel op te eet nie. Maar môre begin Lent en glo my, hy sal nie aarsel om dan die oorblyfsels van my gedeelte die een na die ander te laat verdwyn nie.

 

                                                                                   verrassing

 

Dus bly daar vir my net een opsie oor.  Ek moer dit maar wegsteek tot paasfees.  Nou dat ek daaraan dink, dit was ‘n kersgeskenk aan my.  Reeds Kersfees 2015.  Ek het daardie kersfees nie minder as drie houertjies van die lekkerny gekry nie.  Geen wonder dit was maklik om een oor te sien nie.  Maar nou ja, ek is mos ‘n mededeelsame mens Ek sal ook deel, dalk met met Homer, dalk met die hele gesin.  Dalk, hou ek dit net vir my en klein Amy.  Ek dink sy behoort dit al te kan eet.

 

Gedagte van die dag: Aan almal wie dit ken en meemaak, sterkte met lent en julle voornemens.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Hoe ry die verkoue my…. Wat ‘n irritasie.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. travel460  |  Maart 1, 2017 om 6:03 vm

    Sterkte vir jou met lent, Olga.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 1, 2017 om 2:50 nm

      Dankie, ek gaan dit nodig he.

      Antwoord
  • 3. seegogga  |  Maart 1, 2017 om 8:01 vm

    Ek dink jy moet maar eet. Tjoklits word oud

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 1, 2017 om 2:56 nm

      😆 as hulle na veertien maande nog reg is, sal ses weke langer nog deug. Ek het maar vir Homer die helfte gegee en nie gese dis net die helfte nie. Hy dink hy het alles gekry. 😉

      Antwoord
  • 5. Toortsie  |  Maart 1, 2017 om 10:09 vm

    Baie sterkte vir jou vir die Lent. Mooi loop en geniet die tjoklits wanneer jy dit eet.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Maart 1, 2017 om 3:07 nm

      O, ek sal beslis. Sien meeste uit na die neutehart. Ek mag mos nie meer neute eet nie, as die neut nou toevallig in ‘n tjoklit wegkruip, bly dit mos ‘n tjoklit ne.

      Antwoord
      • 7. Toortsie  |  Maart 1, 2017 om 6:44 nm

        Beslis!

  • 8. ekmyselff  |  Maart 1, 2017 om 2:01 nm

    Voorspoed met Lent

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Maart 1, 2017 om 3:08 nm

      Dankie. Ek is gewoonlik heel goed daarmee. Niks lekkernye nie. Nie eers biltong of droeewors nie.

      Antwoord
  • 10. Spokie sny spoor  |  Maart 1, 2017 om 2:30 nm

    Mmm – en is hulle lekker!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: