Hoe ry die verkoue my….

Februarie 15, 2017 at 12:37 nm 4 Kommentaar

…. nies nies so, nies nies so, atjoe.

 

skouer

 

Toe ek gisteroggens nou wakker word, sopnat gesweet, nes elke vier ure sedert Sondagaand, toe weet ek, kyk, maak nie saak hoe allergies ek vir die dr is, nie, diè, is nie sommer net verkoue nie.

Kort kort het Homer gevra “het jy al afspraak gemaak by die dr.”  Julle weet wat die antwoord was.  Ek het mos net mooi beginne gewoond raak aan die dr op die buurdorp, die een wat wyd veroordeel was oor sewe operasies waarvan meestal die nasorg volgens nig Google, verkeerd gegaan het, toe peg die man.  Hy was nie bang om die verskil tussen aas en bollie aan jou uit te lig nie hoor.  In elk geval, ek loop weer wye draai.  Toe onthou ek die swart dame.  Gou eers telefoongids uitgepluk, geen nommer vir haar nie.  Sy werk dan seker nie meer hier nie.  Toe kom oom Ridder hier aan om te kom seker maak die wit bakkie het nie kom oplaai in my str nie.  Hy sê toe nee, sy kom nog gereeld dorp toe.

Ewentwel, Homer bel toe die apteker, ja nee, sy kom nog en hy kry die nommer.  Ek het gebel en was vertel sy is nou daar, as ek nou kan kom, sal sy my sien.  Ai, al die geswetery het my Donnie Osborn kappie verinnerweer.  Maar dis of sy (met kappie wat lyk of dit vban ‘n verkeerde veer hoendertjie geerf het, of ek en die medies gaan weer ‘n stewige betaling vir slegs ‘n ondersoek en ‘n pakkie R10 pille maak.  Daar gekom, kom haal die ontvangsdametjie my omtrent net uit die bakkie.  “Are you the aunty 👿 who called?”  Nou ja, Olga voel helemal te goor om te sê “Aunty se moer!”

So “aunty” loop maar saam in. Kry vreeslike vuil kyke van die ander dames en geamuseerde kyke van die  twee here, elk met ‘n koffiebeker in die hand, wat al daar sit.  Toe word ek versoek om te gaan sit.  Moes maar langs die ou baliepens gaan sit en net gehoop ek beland nie met my kop op sy skouer nie.  Toe begin die dames praat met die ontvangsdame, kwaai.  Sy gorra gorra gorra en hulle gorra gorra gorra en al wat ek verstaan is phonilê.  Be that as it may.  Dan kyk die mans na die kwaai dames, dan  na die ontvangsdame wie blykbaar nie ‘n aks toegee aan hulle kwaaipraatjies nie, dan lag hulle en kyk na my.  4kof gerus dink ek maar sê dit nie en sluit my af.

Eh.  Toe kom roep die verpleër my.  Maar kyk toe gorra gorra hulle eers. Hy het my bloeddruk, gewig, temp en suikertoets gedoen.  Toe ons uitkom gorra gorra dit vir een vaal hel.  Toe sê die gatvol ontvangsdame in Engels “She phoned for an appointment, you walk in.  So you can walk out too.” Ook maak goed ek het die teistering wat in elk geval oor my kop heen is, geïgnoreer.  Blyk toe saam met die verkoue, het ek nog ‘n infeksie in die opper-brochi  ook opgetel.  Dis nou van Homer se “boy” wees en help met die spuitverwery op die werkies wat sy kant toe kom.

Gedagte van die dag:  Daardie antibiotika en BB se uie, het die trick gedoen.  Ek het ‘n volle ses ure geslaap laasnag.  Lekker dag.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Verkoue Aangename atjoeeee…..

4 Kommentaar Add your own

  • 1. travel460  |  Februarie 15, 2017 om 8:55 nm

    Ek is verstom oor die uitputtende dokters afspraak wat jy gehad het. My selfbeeld sou an skerwe gelê het as die gesels oor my so rondgevlieg het. Klink my jy is beter? Olga, waar bly julle? Mag ek weet?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 17, 2017 om 4:09 nm

      Met die reen en mistigheid was internet toegang weer ‘n stryd. Ons is in Graskop MP. Weet jy hier maak hulle geen geheim van hulle antogonisme nie. Totdat hulle jou nodig het, dan is dit skielik weer “miesies / baas.”

      Antwoord
  • 3. iemand  |  Februarie 15, 2017 om 11:28 nm

    ek wou nog gese het die brandewyn moet warm gemaak word en panados sal ook werk.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 17, 2017 om 4:11 nm

      Kry mens nog gemmerbrandewyn? Of boegoebrandewyn. Skoonma het tog so pyl getrek op boegoebrandewyn. Maar ek dink dit was vir maagaandoeninge.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: