Verkoue

Februarie 13, 2017 at 8:22 nm 14 Kommentaar

                                                  verkoue

O, ellende.  Verlede jaar het ek verkoue vrygespring.  Die jaar gryp dit my met ‘n vengeance.  So vroeg ook nog.  Dis te warm om  in die bed te klim of om warm aan te trek en goed uit te sweet.

Ek het al geskinder oor mense wie nooit verkoue kry nie, maar sommer griep.  (Wat my herinner, ons moet uitvind oor die griep inspuitings.)  Maar in elk geval, ek raak lekker jaloers op daardie mense.  Hulle klim in die bed en laat die ou verkoue maar sy gang gaan.  Ek raak mos paniekerig wanneer my neus toe is.  Ek sit al behoorlik van laasnag af kierts regoop.  Ek is mos ‘n regte sissie wanneer ek verkoue kry.

Wat maak julle wanneer julle verkoue het?  Die spreekwoord sê mos “Feed a cold and starve a fever.” Maar hoe gemaak as jou mishoring te toe is om te kan eet?

Gedagte van die dag: Ek het nou ook breinleegte.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Man van God. Hoe ry die verkoue my….

14 Kommentaar Add your own

  • 1. iemand  |  Februarie 13, 2017 om 10:45 nm

    n stewige dorp gemmer brandewyn en drie disprins dan lekker warm toemaak. more weet jy nie van verkoue nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 14, 2017 om 9:50 vm

      Nee, ek mag dalk te dood wees om te weet. 😆 Allergies vir aspirien. Maar sal vir ander as verwysing gee.

      Antwoord
  • 3. seegogga  |  Februarie 13, 2017 om 11:49 nm

    Sterkte. Grin and bear it en snuif koeksoda en soutvwater

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 14, 2017 om 9:51 vm

      Daardie koeksoda en sout oplossing is tried and trusted, first line of defense. 😉

      Antwoord
  • 5. Lewies Mymer  |  Februarie 14, 2017 om 6:59 vm

    Ken dit. So het my siekte verloop https://pasella2013pasella.wordpress.com/2016/12/13/somersnot/

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Februarie 14, 2017 om 9:54 vm

      Lol, verkoue maak sissies van ons almal. Het dit oorweeg om dr toe te gaan. Maar dan betaal ek weer ‘n fortuin aan bybetaling net om te hoor “met jou mediese geskiedenis {Asof ek ‘n dwelmverslaafde in remissie is} is daar niks wat ek jou kan gee nie.” Nie eers ‘n voorskrif vir die apteek nie.

      Antwoord
      • 7. Lewies Mymer  |  Februarie 14, 2017 om 10:29 vm

        Byt vas en druk deur. Hoendersoppies en rus sal help.

  • 8. BB  |  Februarie 14, 2017 om 9:48 vm

    Twee uie helftes in ‘n piering of bakkie op jou bedkassie… jou kamer gaan ietwat na kaija ruik môreoggend, maar jou neus gaan wawyd oop wees 😀

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Februarie 14, 2017 om 9:55 vm

      Sal dit defnitief op die proef stel Biebs, dankie. Hopelik sal die lavender airwick die kaia verfris.

      Antwoord
  • 10. travel460  |  Februarie 14, 2017 om 12:57 nm

    So het ek vir jou geen goeie raad nie. Ek maak wel aantekeninge van jou kommentare, want ek KAN ook verkoue kry. Erger as jy en Lewies. Sterkte, ek hoop ek loop jou nie binne die volgende week iewers raak nie.☺ Miskien moet ek sommer net vir ingeval ñ masker gaan aanskaf.xx

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Februarie 14, 2017 om 10:50 nm

      As jy na my valley kom, moet jy maar eie masker saambring. Anders sal jy net by hardewarewinkel kan kry. 😉

      Antwoord
      • 12. travel460  |  Februarie 15, 2017 om 7:54 vm

        Hoop jy voel vanoggend al bietjie beter.

      • 13. Olga  |  Februarie 15, 2017 om 12:02 nm

        Elo. Ja, kyk vanmore voel ek al meer mens, dankie.

  • 14. HesterLeyNel  |  Februarie 15, 2017 om 12:01 nm

    My verkoue? Al wat ek kan doen is suffer, kerm en kla, want ek mag nie enige medikasie neem sonder die kardioloog se okay nie Dit stop my nie daarvan om te gaan swem of in die son rond te wandel nie, so dalk is die suffering darem nooit te erg nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: