Man van God.

Februarie 2, 2017 at 11:52 nm 5 Kommentaar

 

index

As ek julle al voorheen vertel het, vra ek groot verskoning.. Julle moet weet dis nie aldag maklik om 108 te wees nie.

Oom Ridder was eendag besig om die gras te sny toe ek ‘n oproep ontvang het.  Dit was van een van ons vorige padre’s.  Hy was op die dorp en wou kom “hello” sê.  Ek het toe uitgeloop buitekant toe sodat hy my kon sien,  ons straat naam is nie eers maklik vir Engelssprekende Suid Afrikaner nie, laat staan nog van Latynse afkoms.  In elk geval, buite gekom is oom Ridder besig om die sypaadjie te tem.

Toe kom die padre onder om die draai, ek sien oom Ridder se tree word langer.  In elk geval, toe die padre weg is, toe het my my kom vertel.

 

“Olga, toe die padre onder om die draai gekom het, het ek gesien, “Dit is nou ‘n man van God.  Weet jy, hoe nader hy gekom het, hoe banger het ek geraak.  Want toe het ek die indruk gekry dat my uur geslaan het, al het ek tog goed gevoel.  Ek het gewonder, van wanneer af word moderne motorkarre ingespan.” Ek het mos genoem sy treë het langer en stadiger geword.

“Ek het nog gedink, ag jittetjie tog, my lewe kan nie klaar wees nie.  Ek moet nog……  Toe het ek agtergekom die man het net oë vir jou.  EErs wou ek bly word, maar toe het ek gedink, ‘ag jittetjie, Olga is dan nog so jonk.  Ek wou geskree het ‘Dis ek, hier is ek’ maar toe kom ek agter jy is dan niks bang nie.”

“Jy sal nooit weet hoe verlig ek die dag was nie.” Ander dag vra hy my of ek onthou.  Natuurlik het ek onthou.  Behalwe, hy het my die gesê hy het gedink sy laaste uur het geslaan of sy verwarring oor die rytuig vir sy rit nie.  In elk geval, toe vertel hy my… “Ek het die mannetjie vemôre gesien in die mall en moes jou kom vra.  Wat het verkeerd gegaan?  Hy is dan nou net ‘n gewone man.

Gedagte van die dag:  Dis maar wat lewe in SA aan mens doen, my omie.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Ouma Mavis Verkoue

5 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Februarie 3, 2017 om 2:24 vm

    Wonder wat die sondes was wat die oom laat dink het dit is kom haal tyd?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 10, 2017 om 10:53 nm

      Sal ons ooit weet?

      Antwoord
  • 3. travel460  |  Februarie 3, 2017 om 6:51 vm

    Dis ñ dierbare storie. So met die ouderdom weet ons ons tydjie kan enige tyd kom. Almal gaan hom net nie sien kom in die vorm van ñ padré nie.☺

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 10, 2017 om 11:04 nm

      Of dalk in die vorm van mens se gewete nie.

      Antwoord
  • 5. BB  |  Februarie 14, 2017 om 9:51 vm

    Foeitog. Lekker gelees en gegiggel…

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: