Ouma Mavis

Januarie 24, 2017 at 11:30 nm 7 Kommentaar

Nee, ek het nie skielik ‘n ouma ryker geword nie.  My oupa’s is mos albei reeds voor my geboorte oorlede.  Hierdie een het ons geerf.  Maar nou ja.

Wel, een oggend het ek ‘n sms gekry van my buurvrou wat sê “Jou buurman oorkant die straat het nie vanmôre wakker geword nie.” Ek was nogal verbaas, die oom was al 94 maar tog so aktief.  Dan was hy in die tuin besig, dan het hy papiere op die sypaadjie opgetel, dan het die wit karretjie weer voor die hek gestaan en die omie besig om hek oop te maak.  Net die vorige middag het hy nog ewe flink uit Spar uit gekom toe ons sleepvoet daar in is.

Ewentwel, almal wie my ken, weet mos ek is nie ‘n mense mens nie.  Ek laat weet toe my kerkgenote (want hulle ken die mense) die oom is oorlede en vra as hulle gaan simpatiseer moet hulle my tog kom haal want op my eie sal ek nie daar in loop nie, maar wil ook nie die “uit” buurvrou wees nie.  As ons alleen daarheen sou gaan sou ons dalk met die verkeerde mens simpatiseer, maar dit noem ek toe maar liewers nie. Min weet ek die tannie reg langs ons wie my laat weet het die oom het nie wakker geword nie, gaan loer twee drie keer per dag daar in.  Ewentwel, toe die kerkgenote hier inval het ek en Homer toe saamgestap en ook gaan simpatiseer.

Die weduwee is ‘n swart vrou.  Die oom was nie.  (Ek sal nie verder uitwei nie)  In elk geval, die vroutjie hou my toe vir laaste.  Sy het so soort van my hand geignoreer maar toe die vriendin klaar gesimpatiseer het, het sy my hand geneem en vasgehou asof sy dit nooit weer sou laat gaan nie.  Haar woorde sal ek seker nooit vergeet nie.  Sy het in perfekte Afrikaans gesê “Ek waardeer dit regtig dat julle oorgekom het.  Die oom sou ook.  Ek weet julle is nie vir ons mense nie.” Eers het ek gedink dat dit maar net oorsig is.  Maar hoe beter ons haar leer ken het, hoe meer het ek besef sy het presies bedoel wat sy gesê het.

Anderdag het sy so ewe gesê “Mens besef nie altyd dat jy iemand net voor die kop kyk nie, nê.  Want kyk net hoe het ons ons misgis met julle.” Dis hoe ons vir Ouma Mavis geerf het.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

3 2 1 Man van God.

7 Kommentaar Add your own

  • 1. BB  |  Januarie 25, 2017 om 8:43 vm

    ‘n “Real” storie bly darem maar ‘n mooi storie…

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 25, 2017 om 11:35 nm

      Elo Biebs. Lank nie gesien nie. ‘Hoop dit gaan goed.

      Antwoord
      • 3. BB  |  Januarie 27, 2017 om 9:11 vm

        😉 x

  • 4. stephen  |  Januarie 25, 2017 om 9:11 vm

    hulle maak die beste oumas.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Januarie 25, 2017 om 11:36 nm

      Hierdie een is ‘n karakter hoor. Net so kleurvol soos oom Ridder.

      Antwoord
  • 6. travel460  |  Januarie 25, 2017 om 3:45 nm

    So loop die lewe maar sy eie pad met ons. Sonder dat julle wou, het julle nou ñ kosbare mens in jul lewens.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 25, 2017 om 11:37 nm

      Was seker maar veronderstel om te wees.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: