Muskietejag.

November 4, 2016 at 11:15 nm 22 Kommentaar

mozzie

Eh, ah, ah. Elke liewe aand voordat ek bed toe gaan, sit ek eers die muskietebol in my kamer aan. Ek en muskiet se kjend is nie maters nie. Ek moet eintlik om dubbel seker te maak maar Tabart ook smeer. Maar nou ja, die goed loop soms rond.

Word ek toe mos nou net so na drie vanoggend wakker met ‘n irriterende gezzzzzzz al om my kop. My hand klap en propeller al om my kop. Maar die gezzzz is sekondes later weer daar. Toe vlie ek op goeie moer. Ek jeuk van my kroontjie tot by my toontjie. Lieg Olga, dit was verby my dem toontjie. My voetsole jeuk dan meer as enige ander liggaamsdeel. *&^&% *(() OPPI *&^*^Y%!! Teen die muur terwyl my hande krap net waar hulle kan bykom. Op en af, op en af, dan heen en weer teen die muur. Dan moes ek om my kop klap. Die verdompde ding is dan erger as die anc wat geld uit ‘n klip tap. Daar was net geen “let up” in die (&^*&^% %$@&* !@)^%$ ding nie. Dan wyk die dreksel weer en kan ek weer konsentreer op die vreeslike gejeuk. Donner Olga, watter dem sissie het jy net nie geword nie.

Toe kom Sussietjie by. Sy staan voor my in die donker en gggg ggggg luidkeels. “Nee wag nou Sussietjie. Ek is besig, kan jy nie sien nie?” Gggggg protesteer sy weer. “Jy sal maar net moet wag hoor.” Weer op en af heen en weer toe rug styf teen die muur afsak en op my agterent sit en vryf teen die muur terwyl albei hande die beknopte voetsole krap. Maatr Sussietjie wyk ook nie. Sy dring nou behoorlik aan. GGGGGG GGGGGG en druk haar snoet in my gesig. “Nee man, Sussietjie, Lapman sou my help krap het. Help of los my uit. Toe spring ek op. “Koeksoda Olga. Daar is koeksoda in die kombuis. Kamerdeur oop en eers weer teen die salige muur wat so grof afgewerk is (weet nie, as ‘n bakkie se bak so afgewerk is, noem mens dit mos sandblast.) Die presiese ding wat ek so gevloek het toe ek geverf het, of dan eerder, toe ek vir Life gehelp verf het. Vanmore was dit growwegheid ‘n genade.

Toe begin Sussietjie weer te gggggg. Ek knor ook “Net ‘n bietjie genade Sussietjie, kan jy nie sien ek suffer nie? Maar nou ja, sien die kan sy goed in die donker. Maar sy hou niks van die bedrywigheid nie. Sy druk haar snoet tussen Olga en heerlike growwe muur in druk. ” NOu ja, jou ongeduldige merrie, kom dan. Ek sal die dem deur eerste oopmaak. Dan sal ek kom koeksoda drink.” Te gou gepraat. Eers weer op my agterent terwyl die muur agter my en my hande al wat jeuk probeer bykom. Maar Sussietjie het nie tyd vir die dans nie. Sy protesteer nou aanmekaar. Eers gang af snol met die klaende hond op my hakke. Toe weer teen die muur. Maar Sussietjie wil niks weet nie. Sy druk weer haar kop tussen my en die muur in en stoei my haar weg. Al die pad gang af, was haar kop in die waai van my regterbeen. Sy was nou verby ongeduldig. Mens kon behoorlik sien sy het by die Olga haar tande gesny. Sy vat op die vroee more nie kakkas nie. Al die pad voordeur toe.

Toe ek weer die veiligheidshek gesluit het, was daar nie nog tyd om die deur ook te sluit nie. Eers weer ‘n spot vind waar die salige muur nie deur ‘n meubelstuk verberg word nie. Ari gedorie, dis blerrie erg verby.

In die kombuis twist ek eers op die matjie voor die wasbak, maar dit was te glad. By die kombuis kas, uiteindelik. Moes maar eers die lig aangesit het om seker te maak die houertjie het koeksoda in nie wynsteensuur, kremetart of lesbes Engelsesout nie. Toe sommer
n vet knippie koeksoda, wasbak toe strompel. Heng geen beker of glas nie. Een aand moet Homer kombuis skoon maak wat in sy boek net skottelgoed was is. Volgende aand is dit my beurt. Raai net wie se beurt was dit. Toe die kas weer bestorm. Glas in die hand wasbak toe, sommer twee glase water om daardie koeksoda te chase. Toe weer krap krap kamer toe. Weer terug voordeur toe. Maar Sussietjie wou niks weet van inkom nie. “Nou gbly dan maar buite.” In die kamer die laai bestorm. Gou eers die buisie Antisan uit en smeer net waar ek kan bykom en sommer vir good measure die antisan chase met Comfrey miracle cream. Loer na waar die muskietebol ingeprop was en die liggie brand rooi. Hoekom het die … muskiete my dan so toegetakel? Toe die koesoda inskop, was dit reeds 03:57.

bliksems

Toe Homer my na agt met tee kom wakker maak het, was sy eerste woorde nie “More slaapkous” nie, dit was “Jy het nie vir Sussietjie laat inkom nie. OOk nie die voordeur toegemaak nie.”
Watwo vir Sussietjie buite los as sy wil binne wees. Sy het mos haar oogtande by Olga gesny. Sy laat haar nie buite los nie. In elk geval, die ou muskietebol het sy laaste asem uitgeblaas al het die rooi liggie nog gebrand. Slapgat ding moet ‘n man wees. Net ses jaar oud en hy het uitgetap en tipies man gelieg deur nie die rooiliggie saam te neem nie.

Geniet die naweek en bly veilig.

Gedagte van die dag: Ek is darem vergewe.

Sussietjie het vaneffe ewe self die muskietbol gaan ondersoek om seker te maak ek hou haar nie vannag weer uit die slaap nie. Maar ek het die sitkamer se bol saamgeneem. Ander useless ding le in die vuilisblik.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Die lyn is getrek. Rassisme

22 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  November 5, 2016 om 3:12 vm

    Muskiete-jag (1920)–A.D. Keet

    Jou vabond, wag, ik sal jou krij,

    Van jou sal net ‘n bloedkol blij

    Hier op mij kamermure.

    Deur jouw vervloekte gonserij,

    Deur jouw gebijt en plagerij

    Kon ik nie slaap vir ure.

    Mag ik mij voorstel, eer ons skei,

    Eer jij die doodslag van mij krij –

    Mij naam is van der Merwe.

    Muskiet, wees maar nie treurig nie,

    Wees ook nie so kieskeurig nie.

    Jij moet tog ééndag sterwe.

    Verwekker van malaria,

    Sing maar jou laaste aria –

    Nog één minuut vir grasie.

    Al soebat jij nou nòg so lang,

    Al sê jij ook: ik is nie bang,

    Nooit sien jij weer jou nasie…

    Hoe sedig sit hij, O, die kreng!

    Sij kinders kan maar kranse breng,

    Nóu gaan die vabond sterwe…

    Pardoef! Dis mis! Daar gaan hij weer!

    Maar dòòd sal hij, sowaar, ik sweer –

    Mij naam is van der Merwe!

    Die goetertjies vlieg in eskader vormasie by my verby om vroulief lewendig leeg te suig.

    Probeer sitronella olie in jou lyfroom of by jou meubelolie

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 7, 2016 om 10:51 nm

      Pragtig, dankie. Ek het ‘n sitronella lampie. maar blaas maar dood wanneer ek gaan slaap. Vreksels, daardie sitronella olie is horribaal duur.

      Antwoord
    • 4. Olga  |  November 7, 2016 om 10:56 nm

      Ek ken ook die weergawe. Nog op skool geleer. Ek was dol oor gedigte.

      Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  November 5, 2016 om 9:04 vm

    Ai die liewe muskiete en dan soek die giftigste ouens mense wat werklik hul spoeg nie kan verdra nie uit om spesifiek hul bloed te suig.. Regte boggers!

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 7, 2016 om 10:57 nm

      Hele huis kan vol mense wees. Hulle ignoreer almal en kom reguit vir my.

      Antwoord
      • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  November 7, 2016 om 11:01 nm

        So jou bloed is die beste om die muskiete op n high te sit. Krap jy en swel jy op as hul jou byt?

      • 8. Olga  |  November 7, 2016 om 11:57 nm

        Mensig iets ysliks.

  • 9. HesterLeyNel  |  November 5, 2016 om 9:48 vm

    Gelukkig hou hulle meer van my man se bloed as van myne.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  November 7, 2016 om 10:58 nm

      Inderdaad gelukkig. Hulle vind my onweerstaanbaar. Rou knoffel en tim jan ten spyt.

      Antwoord
      • 11. HesterLeyNel  |  November 8, 2016 om 6:21 vm

        hahaha dis die kostelikste raad wat ek al vir muskiete gehoor het.

    • 12. Xena Phoenix  |  November 8, 2016 om 1:53 nm

      Hester, is jou man dalk van ‘n O bloedgroep en jy nie? Blykbaar hou muskiete veral van die O bloedgroep.

      Antwoord
      • 13. HesterLeyNel  |  November 8, 2016 om 2:22 nm

        Nee, ons is albei B+. In sy jonger dae het ek altyd gesê die muskiete hou van die alkohol in sy bloed, maar hy het vyftien jaar terug alle drank afgesweer.

  • 14. travel460  |  November 5, 2016 om 10:02 vm

    Dit was nou een lang besige nag!

    Antwoord
    • 15. Olga  |  November 7, 2016 om 11:01 nm

      Erg hoor.

      Antwoord
  • 16. antie stienie  |  November 6, 2016 om 2:42 nm

    hie hie hie. muskiete bol moet n man wees. dit veduidelik hoekom ek elke jaar nuwes moet kry. die goed loop weg.

    Antwoord
    • 17. Olga  |  November 7, 2016 om 11:01 nm

      Geen deursettingsvermoee nie. 👿

      Antwoord
  • 18. seegogga  |  November 14, 2016 om 11:44 nm

    ‘n mens kry nou ‘n armbandjie, sootgelyk aan die honde se vlooibandjies, wat jy o jou arm sit – en dan byt die muskiete jou nie. STROES BOB! Dit werk!

    Antwoord
    • 19. Olga  |  November 19, 2016 om 11:58 vm

      Ek het dit al gesien. Sal maar een moet aanskaf. Maar dan…. soms kom kuier mense. 😉 Lank nie gesien nie, krappie. Hoe gaan dit met julle?

      Antwoord
      • 20. seegogga  |  November 19, 2016 om 9:20 nm

        goed dankie Olga. Desember rush is hier.

  • 21. Kameel  |  November 16, 2016 om 3:03 nm

    Ek ken nie die raad van die koeksoda nie…. drink jy dit… smeer jy dit aan of wat? Daardie armbandjie klink na goeie raad.

    Antwoord
    • 22. Olga  |  November 19, 2016 om 11:59 vm

      Baie mense neem ‘n ou skeppie water en meng die koeksoda daar in. Te veel werk vir my. Ek sit ‘n knippie op my tong en drink dan water.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: