Die lyn is getrek.

November 2, 2016 at 10:27 nm 7 Kommentaar

Ons het die afgelope tyd heelwat koue nat dae gehad. Natuurlik is almal baie bly oor die nattigheid. Dinge het werklik sleg begin lyk vir almal in Mpumalanga. Maar in elk geval, met Homer heeldag en aldag tuis en in die weer onder my voete, het ek maar hare op my tande moes groei.

So het ons toe Orkney snork nie op hardeskyf begin kyk. Een episode le my so duidelik voor die oog. Ouboet wie in die motorhuis inkom en hy en kleinboet Wimpie begin mekaar hap. Toe begin maal hy sy arms en trek so ewe ‘n lyn met sy skoen se punt op die motorhuis vloer terwyl sy spaghetti armpies so ronddraai.

In April vanjaar het ek ‘n oproep van die agent by Mtn gehad om vir my te se hy het net die foon vir my volgende “Upgrade.” Hy ken my en weet ek soek maar simpel foon. Ek was op die stadium op besoek en kon nie ingaan nie. Geen probleem aangesien dit nog nie heeltemal tyd was om op te gradeer nie. Maar ai, vandat ek in Mei tuisgekom het, het hulle net nooit meer die eenvoudige (Ja, raait, goedkoop) foon geskikbaar nie. Hy onderneem elke keer om my te skakel sodra hy een beskikbaar het.

Dit mag julle dalk verbaas, maar ek vertrou nogal sy oordeel. So het een maand na die ander gekom en gegaan. Skielik raak my data vinnig klaar. Elke week moet ek data koop. Voorheen het ek goed uitgekom met die “gratis” data wat ek elke maand vir die afgelope ses jaar van Mtn gekry het. Behalwe wanneer ek die slag baie foto’s en video’s gekry het. Maar dan het ek ekstra gekoop en dit oor twee maande wat hulle toegelaat het, opgebruik. Nou moes ek letterlik 300% meer data aangekoop het en dit was sonder dat ek meer foto’s as gwoonlik gekry het.

Toe ek die agent daarna uitgevra het, het hy nie eers probeer ontken nie. Sy eenvoudige antwoord was Öur calls are the cheapest at this stage we need to make up our money.” Goed en wel, toe hy my weer ingelig het dat hy nog nie ‘n foon vir my gekry het nie, maar net daar gebel het om sommer ses aan te vra. Sodat ma’am kan sien hy lieg nie. Weer belowe hy om te bel sodra dit kom. Dit behoort die volgende dag te wees. Die volgende dag en die een daarna en die een daarna het gekom en gegaan sonder die oproep. Agt dae later, was ons weer in die omgewing en ons loer weer in. Daar was nie juis plek nie en ons wag maar geduldig. Hy is hard aant verduidelik. Die drie mense met wie hy besig was, wag vir dieselfde fone om te kom. Die man was voor ons is, wag ook daarvoor. Hy was vreeslik verontwaardig toe die man hom beskuldig het dat hy nie die fone bestel het nie. Ek kon toe vir hom in die bresse tree, ek was daar toe hy dit bestel het. Maar sover dit my betref het, was die lyn getrek. Toe ek aan die beutt gekom het, het ek eenvoudig my kontrak gekanseleer. Hy was vreeslik verlee, maar nou ja, Olga verstaan dis nie sy fout nie. Hy het elke ander duur foon beskikbaar, maar nie die outjies wat met die goedkoper kontrakte saamgaan nie.

Ek het ook maar bygestaan terwyl hy die papierwerk voltooi en weggestuur het sodat ek die bevestiging kon sien van die kanselasie. Kan julle glo? Die oggend van die 21 ste kry ek weer soos die afgelope ses jaar drie sms’e kort na mekaar. My lugtyd, data en gratis data was wragtig weer gelaai.

Gedagte van die dag: Anders as Ouboet, was my lyn in ink getrek.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Ode aan Barend Fielies Muskietejag.

7 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  November 2, 2016 om 10:35 nm

    dis nie ‘n grap om ‘n kontrak te kanseleer nie. Dit het ons eenkeer meer as 2 jaar geneem. Honderde telefoonoproepe, briewe en emails.
    Sterkte.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 4, 2016 om 11:35 nm

      Ek kry ‘n oorval as hulle my nommer delete as gevolg van wan betaling. Ek sal maar voorts lugtyd koop.

      Antwoord
  • 3. Stan  |  November 2, 2016 om 11:38 nm

    good luck. hulle laat nie maklik n gereeld betaler wegkom nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 4, 2016 om 10:04 nm

      Ons sal sien. Ek trek nie graag aan die kortste ent nie.

      Antwoord
  • 5. Toortsie  |  November 3, 2016 om 7:07 vm

    Nou wat gaan jy nou maak?

    Antwoord
  • 6. scrapydo2.wordpress.com  |  November 4, 2016 om 10:36 vm

    Ek wonder ook wat jy nou gaan deon? Die foon ouens bly maar baie slim om jou te melk soveel hul kan.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  November 4, 2016 om 10:11 nm

    Toorts en Scrapy, ek het dertig kalernder dae kennis gegee. Ek kan dit bewys. Ek het toe die aftrek order gekanseleer. Hulle kan hof toe gaan, tot tyd en wyl,sien ek dit af hulle afskeid geskenk.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: