Toeka tokkel 32 Kos.

September 12, 2016 at 10:05 vm 9 Kommentaar

vis-en-tjips

Alklaar water my mond so, ek kan amper nie dink nie. Ek hou mos van kos. Sommer baie. Ek kan aangaan en se “Kool en sy gesante is my gunsteling” en “maalvleis is koning” maar enige iets ander, as dit op my bord land en my nie eerste aanval en verslind nie, is sommer gou gou geskiedenis.

kos

Scrapy daag ons om oor kos te praat. Nou ja, ek kan of heeldag praat, of ek kan opstaan en nog ‘n happie in die kombuis gaan haal. Ek is baie lui om kos te kook, om koek te bak, om brood, beskuit of koekies te bak. Deesdae dink ek die ideaal sal wees om kos te koop, soos in wegneem-etes, dan hoef ek nie kombuis skoon te maak nie. Maar om die een of ander rede, is die wegneem-ete net nie in my smaak nie. Groente wat blink van die vetterigheid, bredies wat swem in die vet, nee, nee, nee. ‘n Wegneem-ete is vis en tjips. Dit doen ek so een of twee Vrydae per maand. Al word dit al jare nie meer afgedwing nie, is die mafia gewoonte seker maar te diep gesetel. Vrydag soek ek my vis. Soms maak ek ‘( mielie) pasta en tuna. Dan maak ek sommer genoeg om ‘n bietjie te vries ook. Glo my, dit kom nooit in die vrieskas nie.

kos1

Iemand het eendag saam met my BB kom kuier. Sommer die tweede dag al het sy vir Ousus gese dat ons darem maar vreeslik baie groente en vrugte eet. Glo my, die vrou het omtrent al wat groente is, aan die kant van haar bord kombuis toe gestuur. Dis iets wat die uwe nie doen nie, kos is kos en ek geniet dit sommer vreeslik baie.

Gedagte van die dag: Daar moet beslis iemand wees wie die kombuis omkrap die oomblik as ek my rug draai.

Entry filed under: Huiswerk.

Toeka tokkel 31 Opwinding Toeka Tokkel 33 ‘n Eienaardige ervaring

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 12, 2016 om 5:39 nm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  September 12, 2016 om 5:39 nm

    In die woorde van Sarel Seemonster . . . Kos is my lewe!

    Die problem is dat ek nie eet om te kan lewe nie. Ek lewe om te kan eet.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  September 22, 2016 om 9:05 nm

      Ek ook. Daar is min so bevredigend as die eet ervaring.

      Antwoord
  • 4. HesterLeyNel  |  September 12, 2016 om 5:44 nm

    Ek hou ook nie daarvan om kos te maak nie, hoewel ek altyd bereid is om te eet. Dus kook my dogter en ek maak die kombuis skoon. Glo my, dis nie ‘n ligte takie nie, want sy kook heerlik, maar die kombuis lyk altyd soos die aarde drie voor die Skepping.

    Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  September 15, 2016 om 1:41 vm

    Sjoe jou fotos lyk darem maar HEERLIK. Ek is ook mal ook vis en skyfies wat lekker gaargemaak is. Dan daardie iemand wat agter my die kombuis vuil maak maak my soms skoon moedeloos. Dankie vir jou inhaal.

    Antwoord
  • 7. Lewies Mymer  |  September 15, 2016 om 4:47 nm

    Vis en tjips is koningskos.

    Antwoord
  • 8. spykerman  |  September 19, 2016 om 11:27 nm

    ek hou ook van kos. ook sommer baie. veral as dit so lekka lyk.

    Antwoord
  • 9. Kameel  |  September 20, 2016 om 3:11 nm

    Olga as die fotos van jou kookkuns is, is jy ‘n kok duisend….. my mond water waar ek hier sit en tik. Dit is ‘n groot compliment want ek is nie ‘n kosliefhebber nie.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: