Toeka – tokkel 27 Soektog

Augustus 4, 2016 at 10:38 nm 9 Kommentaar

Scraps se opdrag soektogdie week oor die groot soektog. Nou, ja almal weet mos, ek is die kampioen wanneer dit by goed soek kom. Ek loop altyd presies na waar ‘n ding veronderstel is om te wees, dan is dit nie daar nie. gebeur gewoonlik nadat besoekers al vertrek het. So het ek mos al vertel hoedat ek my ring, kar se sleutels, oorbel ens gesoek het. Dus sal ek van ‘n ander soektog vertel.

Soektog na werk. Kyk, ons mense van klein plattelandse dorpies verloor ons kinders oor die algemeen nadat hulle skool voltooi het. Dan neem die lewe hulle na ander plekke toe. Die saagmeul wat ons oorspronklik na die dorpie gebring het, het al 2006 toegemaak. Maar basies gegaan oor wanbestuur maar van sulke sake se ek maar niks. Almal het al ‘n oordosis gehad daarvan. Maar toe is Homer in die mynboubedryf. Waar dit ook nie beter gaan nie. Verlede jaar het hy sy werk verloor want “The local communities must have every oppertunity.” Ek is lus om iets hier by te voeg, maar sal myself inhou. Hy is op die stadium nog te jonk om die pensioen ding te doen en is maar soos so baie mense in ons ou dorpie nou lid van die werkloosheidsbrigade.

Jare gelede sou hy eenvoudig in sy kar geklim het en so uur of twee later teruggekom het en ‘n keuse gedoen het uit wat beskikbaar is. Maar deesdae werk dit mos nie meer so nie. Deesdae gaan jy mos na ‘n werwingsagentskap en hulle doen die res. Dan kry die werksoeker elke dag letterlik honderde poste om voor aansoek te doen. Nou ja, julle sal nie glo nie, maar uit die honderde aansoeke wat hy daagliks, tot oor naweke, wegstuur, het hy nog nie een navraag eers gekry nie. Ons het eers aangeneem dis omdat hy in elk geval nog net sowat sewe jaar oorhet om te werk, of in plein Afrikaans te oud is om belangstelling te wek. Siestog, die amper plaaslike myn het net daarna weer hulle personeel, die derde keer in die twaalf jaar wat ons in die distrik woon, afbetaal. Anderdag het hy een outjie, net net oor die helfte van sy ouderdom teegekom. Hulle het aan die gesels geraak en daar vertel die mannetjie toe vir Homer van die honderde aansoeke wat hy elke dag wegstuur. Sededrt Januarie tot nou, het hy, nes Homer en vele ander geen reaksie gekry nie.

So, dit blyk dus dat die probleem nie met Homer se ouderdom is nie, maar bloot net omdat hulle in elk geval nie deel is van ‘n “local community” nie. Ai, ons het nie meer afhanklike kinders nie, maar genade Liewe Vader, wat van die man en nog baie ander soos hy wie nog jong kindertjies op skool het? Dis net so hartseer om die bravade wat hulle inspan te moet aanskou. Op ons leeftyd het ons al iets weggesit, maar die jonges lewe mos alles uit.

Nou ja, totdat Homer verkieslik ‘n pos op die maan of dan nader in die Kongo of in blerrie Timbuktu kan kry, werk ons maar op mekaar se senuwees en bly sover moontlik uit mekaar se pad. Soos die liedjie se, “Some days are diamonds,” maar adner dae….

Gedagte van die dag: Mens is bedoel om op jou kniee te wees, toe kom iemand en leer ons loop.fts Blog

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

So van byt gepraat….. Die dorpie Gat

9 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Augustus 4, 2016 om 11:39 nm

    HY sal maar sy eie werk moett skep, lyk dit my. DIie voordeel is dat jy jou eie baas is met jou eie tyd. die nadeel is jy moet jou eie salaris betaal.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 5, 2016 om 9:21 nm

      😆 Hy woeker hier buite hoor, Het al vir hom ‘n kaia opgeslaan hier buite vir in geval ek hom uitsmyt.

      Antwoord
  • 3. snides  |  Augustus 5, 2016 om 8:48 nm

    Ja neh. Dinge het verander. Een van die dae gaan jy ook net jou cel nodig he om kruideniers of klere te koop.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 5, 2016 om 9:23 nm

      Neeeee! Ek haat die winkels toe gaan ding. Maar as hulle vir my klere stuur wat nie reg is nie, sal die hel los wees.

      Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 7, 2016 om 9:13 vm

    Daardie werk soek is maar n gedoente veral as jy nog die geliefde wit kleur ook is en dan nog manlik ook. Dis sleg dat daar nie eers een is wat iets kan aanbied nie. Die eie besigheid is ook nie so maklik om te begin nie. Hier hetb elke een wat iets kan doen n vantjie(kombie) met al die gereedskap in, naam op deur en voorkant. Hul sal kilometers ver ry om te werk.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 8, 2016 om 6:16 nm

      In Suid Afrika gaan jy jou tyd mors. Mense in Suid Afrika wil met bier of ‘n “borrel”betaal.

      Antwoord
  • 9. Kameel  |  Augustus 11, 2016 om 8:09 nm

    Sterkte Olga!!. Met God se genade lewe ons een dag op ‘n slag.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: