Toeka-tokkel 26 Die byt

Julie 28, 2016 at 9:30 vm 21 Kommentaar

Scraps daag ons om te skryf oor daardie onvergeetlike byt. Nou ja  Ek self was nie juis ‘n byter nie. Ek het nie eers daarvan gehou om appels te byt nie.

Maar ek sal julle vertel hoe ek my seun, ook nie veel van ‘n byter nie, se byt nooit sal vergeet nie. Ek was baie gesteld op my kinders se tande. Tot en met elkeen van hulle twaal jaar oud was, het ek saans hulle tande self geborsel. Hulle het dikwels met my geargumenteer vandat hulle so omtrent agt was, of as daar maats oorgeslaap het. Julle sal verbaas staan hoe ek dan nog ‘n kind se tande geborsel het. Maar dis ‘n ander storie.

Ek het my kinders twee keer per jaar tandartTs toe geneem sedert hulle sowat agtien maande oud was. Ousus was al vyf en BB twee, toe was dit weer sulke tyd. Die tandarts het Ousus se tande eers bekyk en deurentyd met haar gesels. Hy het dit baie geniet om met haar te gesels, ag sommer vandat sy nog baie klein was. Elk geval, toe was dit BB se beurt. Omdat hy sy ma se kind is, vreeslik mensku, moes ek in die stoel gaan sit en hom op my skoot hou. Dit was BB se derde besoek.

Eers het die man stil geword en ek het geloer of Ousus nie dalk ietsgedoen het wat hom tot stilte geskok het nie. Sy het heel rustig op die stoel gestaan om beter te sien wat hy met haar boetie aanvang. Terloop, dit was op sy aanbeveling. Toe het ek na hom gekyk. Die man was groen om die kiewe. Soos in njannies, groen. Ek het hom deur sulke stywe lippe hoor prewel “los”. Ek sien nog sy mond so styf getrek. Sy bolip het glad nie beweeg nie en weer se hy benoud “los.” Ek het gese “Ekskuus? Hou ek iets vas?” Hy het geantwoord “Hy byt my.” Weer kon ek net net uitgemaak het wat hy gese het. Die sweet het sulke perels op sy voorkop gestaan.

Toe het ek en sy assistent afgekyk na BB toe en waarlik, daar steek die hand uit BB se mond. Weer “Los BBtjie.” Maar my Badboy was niks lus om te los nie. Dan het die tandarts, dan ek, dan die assistent om die beurt gevra “los B.” Maar los was min. Uiteindelik het ek my verplig gevoel om hom op sy beentjie te klap. Dit het natuurlik die gewenste uitwerking gehad. Ek het nog nooi tevore iemand so verlig hoor asem uitblass of sederdien weer gehoor nie. Daar staan die man en druk sy vinger vas. Dit was eers spierwit ring om sy vinger, toe het dit so groen soos sy kiewe geword, toe verskyn daar eers sulke rooi kolle, toe word die vinger rooi. Bloedrooi. Daar was so drie plekke waar die bloed deur sy vel begin syfer het, maar dit het darem nie gebloei nie.

Vertrou ‘n kind om op die tyd die regste ding te se. Ousus het na die tandarts geloop en gese “Ek sien?” Hy het sy vinger na haar uitgehou en sy het gese “My boetie het jou goed gebyt ne.” Toe brul hy soos hy gelag het. Maar ek kon gesien het dis vrek seer. Nou ja, hy het nooit ‘n rekening gestuur vir daardie besoek nie. Dalk was hy bang ek bring my Badboy terug?

Gedagte van die dag: Bly warm.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toekatokkel 25 Drome So van byt gepraat…..

21 Kommentaar Add your own

  • 1. ltl  |  Julie 28, 2016 om 9:42 vm

    😆 😆 : lol: klunk na n baie goeie byt. 😆 😆 😆

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 28, 2016 om 11:47 vm

      Hy (tandarts) het jare later nog daarvan gepraat.

      Antwoord
  • 3. ltl  |  Julie 28, 2016 om 9:45 vm

    terloops jou nommer us foutief.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 28, 2016 om 11:47 vm

      Skuus, ek het reggemaak.

      Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 28, 2016 om 10:36 vm

    Ha ha, dis nie iets om oor telag nie maar tog kan mens nie help nie! Jy het darem n mooi vertelling hier. Baie dankie vir deelneem. Jy het gepos nog voordat dit utgegee is.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Julie 28, 2016 om 11:49 vm

      Ai man, die post het twaalf ure te vroeg opgekom. Daarom dat daar nie ‘n skakel was nie. Die slagoffer het darem eerste gelag.

      Antwoord
      • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 30, 2016 om 9:59 vm

        Steeds een helse byt gewees! Ek sien die skakel het darem ook deurgekom. Dankie man

  • 8. ekmyselff  |  Julie 28, 2016 om 12:29 nm

    lekker lag ek nou…. nee ek het my kinders net een maal GOED teruggebyt, hulle leer vinnig om dit liewer nie weer te doen nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 28, 2016 om 2:27 nm

      Hy was nie ‘n byter nie. Ek het ook die terugbyt ding gedoen. Maar ek dink dis dalk ‘n scary storie om skielik ‘n mens se vinger in jou mond te he. Toe wou hy seker proe. 😉 Wie weet, dalk was hy so bietjie honger.

      Antwoord
  • 10. HesterLeyNel  |  Julie 28, 2016 om 7:06 nm

    Bwahaha, nou het ek lekker gelag. Ek sou nooit weer my gesig by daai tandarts gewys het nie. Ek het ook al lus gehad om ‘n tandarts te byt, veral as hy sy vinger / tang / spieëltjie in my mond indruk en dan vra “Wie dink jy gaan die rugby wen Saterdag?” Ek weet verdomp niks van rugby nie.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Julie 29, 2016 om 12:30 nm

      Ai, ek weet nie of dit wp is of die blerrie algehele internet stelsel of dalk net vodablerriedom is wat dit inhet vir my nie. Gisteraand was my antw op jou 5c hier, reg onder joune. Vmore is dit weg, en ek het nie gevloek nie. 🙄 Elk geval, ass ek nou nog daardie tandarts sien, of aan hom dink, sien ek sy groen kiewe en hoor hom prewel, “los” dan lag ek ook. Mense wie rugby praat, verdien om gebyt te word. ek kan nie verstaan hoekom die passievolle ondersteuners nie self speel nie. Dan wil hulle altyd rugby praat. Sit en kyk hulle, hoor jy vier, vyf huise weg hoe hulle uit hulle stoele speel. Mens, soms hoop ek daardie bank waarop hulle sit gee mee. Dan sal daar dalk ander vloeke uitkom. 😉

      Antwoord
      • 12. HesterLeyNel  |  Julie 29, 2016 om 1:07 nm

        Haha, ja ek weet van die rugby speel uit die leunstoel. Gelukkig vang my tv niks op behalwe dit wat ek koop om te kyk nie. Ek vat nou nie meer k@k van kabouters nie.

  • 13. Toortsie  |  Julie 29, 2016 om 7:21 vm

    Mooi man! En dís seker hoekom tandartse deesdae handskoene dra, dit beskerm hulle teen die byte! 🙂

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Julie 29, 2016 om 12:19 nm

      Kom ons hooop maar dis genoeg beskerming. Hulle mag dalk mensdolheid kry. 😆

      Antwoord
  • 15. liefie  |  Julie 31, 2016 om 11:34 vm

    ek hoop dit was darem nie open kouedag soos vandag nie.

    Antwoord
  • 16. liefie  |  Julie 31, 2016 om 11:36 vm

    wow mens kry ander gesiggie op elke comment.

    Antwoord
  • 17. liefie  |  Julie 31, 2016 om 11:38 vm

    I like I like. wow

    Antwoord
    • 18. liefie  |  Julie 31, 2016 om 11:40 vm

      nee ek het dai ene al gehad.

      Antwoord
      • 19. liefie  |  Julie 31, 2016 om 11:41 vm

        dan loop ek maar.

  • […] Olga se storie van haar kind wat die tandarts se hand gebyt het, het my lekker laat lag. Kinders is mos maar lief om deur ‘n bytfase te gaan en my tweeling het daardie kuns behoorlik vervolmaak. Hulle lyfies was vol bloumerke soos hulle mekaar gebyt het. Hulle het dit nie gewaag om vir mý te byt nie, ek het teruggebyt! Met mening. Een dag kuier ons by die familie en die niggie wat net so oud is soos hulle kom met oop kake na my toe, reg om my te byt. Ek sê toe heel kalm vir haar dat sy maar kan byt, maar ek belowe haar ek gaan haar terugbyt en ek byt baie seer. Klips, val haar mond toe! […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: