Toekatokkel 25 Drome
Julie 25, 2016 at 5:13 nm Olga 10 Kommentaar
Scraps se uitdaging is oor drome.https://scrapydo2.wordpress.com/2016/07/21/toeka-tokkel-no-25-droom/
As dit by drome kom, weet ek oor die algemeen nie of ek daaroor wil lag of huil nie. Jy kry mense wie soveel waarde aan drome heg, dat dit regtig ‘n vreesaanjaende besigheid is. Ek kan dikwels onthou ek het gedroom, dankie tog, ek onthou nooit of dan bitter selde wat ek gedroom het.
So het Sweetie se man desjare altyd by ons aangekom met sy drome, want hy het die droom aan die pries voorgele en die het die droom uitgele. Ja, natuurlik is hy ‘n ou apostel. As my wyse Moeder hom al sien aankom het, het sy gese “Joseph is wearing his coat again.” Vra my nie hoe nie, maar sy was altyd reg. Dan het hy so droom kom verkondig.
Sy sou hom dan altyd vertel het om sy drome om te draai. Of dan die teenoorgestelde voor te hou. Wanneer hy gedroom van ‘n ou vrou, beteken dit ‘n jong man en so voorts. Ek sal nou nie weet of die pries se uitleg ooit waar geword het nie, of hy ooit die teenoorgesteld van sy droom ervaar het nie. Ek het net nie genoeg belang gestel nie.
Ek weet wel dat ek my nie steur aan die drome wat ek wel onthou nie. Dis oor die algemeen iets wat ek gelees of op tv gesien het en dan dae later iets in dien voege sal droom. As ek nou drome kop toe gevat het, kan julle dink wat sou gebeur het as ek dalk gedroom het ek was ‘n slagoffer in ‘n staking of van ‘n roof? Kyk, daar sal nie met my huis gehou kan word nie. Ek dagdroom eerder hoe lekker ek met Blaffer en my meid in die bos gestap het.
Gedagte van die dag: Ons politisie lewe in ‘n droom.
Entry filed under: Uncategorized.
10 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
seegogga | Julie 26, 2016 om 6:32 vm
Drome is lekker! Ek kry d mrnsr wT nooit weet wat hulle gedroom het nie jammer wan5 ek beleef wonderlikecavonture in my drome ( ja en soms rillers) maar meestal aangenaam.
2.
Olga | Julie 26, 2016 om 5:00 nm
dis veral as gevolg van die rillers dat ek nie drome wil onthou nie. 😉
3.
mev pries | Julie 26, 2016 om 9:18 vm
jy sukkel al weer met die ou apistole.
4.
Olga | Julie 26, 2016 om 5:01 nm
Broek… broek… staan stil….
5.
scrapydo2.wordpress.com | Julie 26, 2016 om 10:36 vm
Dagdrome is beter as nag drome. Mens kan de dag sn meer in jou rigting droom. Wat mens op TV sien of in n boek lees speel ook maar n groot rol as mens so droom.
6.
Olga | Julie 26, 2016 om 5:02 nm
Glo ek ook.
7.
Toeka-Tokkel no 26: n Byt wat ek nie gou sal vergeet nie of steeds onthou – I scrap 2 | Julie 28, 2016 om 10:15 vm
[…] https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/25/toekatokkel-25-drome/ […]
8.
Kameel | Julie 29, 2016 om 6:42 nm
Ek wens werklik ek kannie my drome onthou nie….. maar wêreld ek droom aanmekaar en alles is gewoonlik chaos. As ek nie verdwaal en nie my pad terug kan vind nie, bestuur ek ‘n kar wat alryd aan die weghol is. Mooi naweek vir jou.
9.
Olga | Julie 29, 2016 om 8:30 nm
Nou sien jy Sally, dan is dit die beste om jou aan hulle af te vee. Pleks daarvan word mens nat gesweet wakker met jou hart wat tamboer slaan in jou ore. So nie die onthou werd nie. Dis mos bitter selde dat mens droom van daardie sexy jong spiertier wat jou jaag om …. ag, nou ja. Lekker naweek. Bly warm en veilig.
10.
liefie | Julie 31, 2016 om 11:33 vm
drome is dan sulke goeie vriende.