Toeka tokkel 24 Winter se kwinte en kwale

Julie 19, 2016 at 1:48 nm 9 Kommentaar

Verlede week was Scraps se opdrag oor winter se peste en plae. Nou ja, aangesien die internet nou so op ‘n plan werk, laat ek sien hoe ver ek kom.

Hoeveel mense is so gelukkig soos Scrapy om baie selde deur verkoue platgetrek te word? Bitter min ne. Ek het seker al vertel dat ek vreeslik sukkel met ‘n spastiese kolon. Meer as ‘n dekade gelede het my sus se jongste dogter getrou. Ons is Bloemfontein toe vir die geleentheid. Daar stel sy my voor aan TimJan. Sy het vooraf gewaarsku dat dit bitter sleg was. Ek was destyds ‘n aan en af gebruiker van Schweden Bitters. Dadelik het ek geantwoord dat niks slegter as die bose mengsel kon wees nie. Gelukkig was daar geen weddenskap betrokke nie, andedr het ek sleg laaste gekom. Maar dit het so goed gewerk, vir die volgende vyf jaar het ek nie een aand my doppie TimJan gemis nie.

Dalk maar omdat self verkoue bang was vir die slegte smaak, het ek die volgende vyf jaar nie een keer verkoue of griep gehad nie. Toe was dit weer tyd dat ek vir ‘n kolonoskopie moes gaan en die dr het my gewaarsku dat TimJan besig was om my kolon oranje te verkleur en ek sonder meer moes ophou aangesien dit my kan laat kanker kry. Nodeloos om te se het ek die gebruik daarvan summier gestaak. Maar o wee, verkoue weer soos klokslag aan die einde van winter.

Winter is wragtig die tyd van ooreet. Van ‘n groot pot vol sop kook. Met heerlike vleiserige bene in. Waaruit ek graag die bvurg met een groot slurp suig. Ek is absoluut dol oor ertjie sop met gerookte bene of dan ten minste gerookte worsies in. Boontjiesop is die een wat graag daardie groot vleiserige bene soek. Ek stry nie. As ek die regte bene gekry het, gaan soek ek die bone en dan net vir die lekker daardie ou sakkie kaboemielies. Verder is geurige bredies en kerries net die dinge om bietjie hitte in my bene te sit. OBS gaan nie werk nie. Ek drink nie graag Borstol nie. Obs proe wraggies baie na Borstol daarom gaan dit nie werk om die bloed van Olga bietjie warm te maak nie. Ek vind Hot Chocolate ook te soet. Daarom moet die hitte maar met kos kom.

Vanjaar is die eerste keer in baie jare dat ons ‘n verwarmer gebruik. Kyk ek was al so spyt dat ek persoonlik self gehelp het om die hele huis te teel. Homer het verlede winter vir my ‘n gas verwarmer gekoop. Glo my die hele winter deur het die verwarmer nie eers uit die karton gekom nie. Maar vanjaar was Homer die winter tuis. Ek moet darem toegee, hy is ouer as ek. Dit moet wees hoekom hy geen weerstand teen die koue het nie. Wil ook niks weet van ‘n kombers teen die koue nie, Olga sal dit mos nie opvou en gaan bere nie. As hy dit ingebring het, moet hy dit gaan bere. Daarvoor sien mnr mos nie kans nie. Dit moes opsluit ‘n verwarmer wees. Nou ja, eintlik geniet ek die uur of ses wat die verwarmer brand saans. Die elektriseteit pla my ook nie. Dis ‘n gas verwarmer en raai wat? Olga koop nie die gas nie. Dit kom uit Homer se sak.

Gedagte van die dag: Hoe jy ookal jou winter deurbring, bly warm en gesond.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toeka tokkel 23 The ole hometown Toekatokkel 25 Drome

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Tannie Frannie  |  Julie 19, 2016 om 2:17 nm

    Wil nie graag dink dat koulikheid die ouderdom se skuld is nie – ek wyt dit eerder aan die jeug: mammas wat hulle babatjies (te) lekker snoesig toedraai en so die outjies se termostaat stel om (te) vinnig koud te kry. (Ek was self so ‘n mamma.) Ha! hoe’s daai vir ontkenning van die ouderdom?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 19, 2016 om 10:28 nm

      Le dit op hulle. 😉 Hoop een van my kinders lees dit nie raak en le hulle koulikheid op my nie. 😆

      Antwoord
  • 3. vvuureoc  |  Julie 19, 2016 om 9:24 nm

    OBS is ook nie my keuse van gif nie. Jerepico val meer in my smaak. Die doodsteek is die liewe Milo met ‘n gerasperde blokkie Bournville sjokolade in en twee versnipperde malvalekkers.

    Wat die sop aanbetref gebruik ek vleiserige bene maar sit ook vir elkeen ‘n “blade-beef” stuk in

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 19, 2016 om 10:34 nm

      Natuurlik, as die beefstukke nie daar is nie, gaan my gesin wonder of hulle vegetariers (of honde) geword het. Ek geniet sop nes dit kom, met bene, sonder bene, geheel en al sonder vleis. Ek kan nooit my kop om die feit kry dat mense praat van “groente sop” dan val daar klonte vleis en legume en alles behalwe groente uit daardie “groente sop” nie.

      Antwoord
  • 5. Spokie sny spoor  |  Julie 20, 2016 om 8:46 vm

    Dis interessant. Waar koop mens TimJan – by ‘n apteek?

    Antwoord
  • 6. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 21, 2016 om 10:12 vm

    Die TimJan en borstel het ons ook gebruik vir verkou-dis nou toe ek getroudwas. My man het ook geglo aan Pepperment hoesstroop van een of ander maak(Kannie meer so onthou, mens het dit later nie sommer gekry nie) Die groentesop met lekker murgbene, yummy lekker. Die murg is heerlik om uit te suig, as kinders het ons beurte gekry om te kon uitsuig.
    Lekker gelees hier en dankie vir jou bydrae. Nou is jy weer by met jou skrywes.

    Antwoord
  • 8. Kameel  |  Julie 25, 2016 om 3:41 nm

    hoe vat jy my nou terug na die jare van Swedish Bitters toe. My pa het my die raad gegee…. een blik kondensmelk gemeng met ‘n bottel bitters…. en voila dit help vir my maag met sy baie problem. Dit help ook om snye toe te trek… so het my pa vertel. By die slagpale het hulle dit gebruik as iemand ‘n nie te diep snywond opgedoen het. Probeer dit toe een vakansie in die boendoes uit op ons dogter en sowaar die volgende oggend is die snyplek toegetrek. Nou wonder ek hoekom ek van Swedish Bitters afgegaan het?

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 25, 2016 om 4:54 nm

      Later gee dit nie meer verligting vir die maag nie. Ek het gesien Timjan help oor vir veluitslag en oop wonde. Maar ek het ook nog nooit probeer nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: