Toeka tokkel 23 The ole hometown

Julie 18, 2016 at 9:43 nm 6 Kommentaar

Scraps se vorige tokkel was oor stad of dorp. Nou ja, hulle sal my seker nie glo nie, maar ek het dit hele lange 743 woorde post klaar getik gehad en “Post” gedruk. Toe het ek soos ‘n matroos aant swets gegaan. Iewers sommer heel vroeg in my huiswerk klaarmaak, het die sein alweer gegroet. Daar is my hele lange opstel in sy skamoer in. So kom ek probeer weer. Dit hoef mos nie oor my dorp te wees nie.

Ek woon al vir die afgelope ses-en-dertig jaar reeds nie meer in die stad nie. Mense, snaaks genoeg, veral die stedelinge is onder die indruk dat dorpsgemeenskappe so ‘n close knit gemeenskap is. Dorpslewe gaan meer oor die clicks. Eintlik kan dit nie verder van die waarheid wees nie. Ek kan net byse, ek het al in ‘n paar dorpe gewoon. Maar wat, ek sal nie skinder nie. Dis weer verkiesingstyd. Wat beteken die SAPD, munisipaliteit, staatsdepartemente, almal spark.

Ons het al beleef dat die SAPD op ‘n paar geleenthede ‘n vangwa uitgestuur het om die koeie te kom wegjaag. Hulle weet wie die eienaar is van die troppie beeste wie al vir die hele twaalf jaar wat ons hier woon die dorp en omgewing terroriseer. Ek dink amper ek stem met een v an die dorpenaars saam. Ons moet die tollies tussen die ander uitkeer en vet voer. Dan sal die eienaar seker gou te voorskyn kom. Dan kan ons hom of haar terroriseer.

Be that as it may. ‘n Paar state is opgebreek en met bakstene gepavlei. Een of ander bbbee baksteen makers het verseker ‘n vet slag geslaan. Die pad voor die karavaan park verby is met sement beklee. Nog ‘n lekker ou bbbee kontrakkie. Maar nou ja. verskeie ander strate is net so kol kol met teer proppe versier. Maar ek meen, ek gaan nie kla nie. Die een spesifieke straat wat ook soos gordelroos vol kolle daar uitsien, is vrot vandat ons 2004 hier aangekom het. So terwyl dit gordelroos tot alle karre wat daar ry se voordeel is, sal ek vir ‘n vy nie kla nie. Netnou moet ek meer erfbelasting betaal.

Net so vir die rekord, die straat voor ons huis verby het nie eers lamppale nie. {Sjuut. Ek fluister net, dit was seker die laaste straat deeeeestyds tussen die lokasie en die dorp. Ek weet nie, ek was nie toe hier nie.  Ek weet wel, ons blok het geen lamppale nie.  Dus was ons seker aan die lokasie kant.  Ek sal oom Ridder moet vra.)

 

Gedagte van die dag:  Voordeel is voordeel en dis nie op ‘n klip geteken nie.

Entry filed under: Uncategorized.

Ole fords never die, they just get … Toeka tokkel 24 Winter se kwinte en kwale

6 Kommentaar Add your own

  • 1. HesterLeyNel  |  Julie 19, 2016 om 8:26 vm

    Jip, ons maak ook gebruik van die voorverkiesingssindroom om te kla oor lekkende waterpype, slaggate, verstopte dreineringslote en so aan. Ons kry nou dubbelspoed aandag. Wonder of ons ‘n petisie kan opstel om die verkiesings nog so ‘n maand of wat uit te stel? Daar is nog so ‘n los werkie of wat uitstaande.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 19, 2016 om 11:07 nm

      Ons moet gaan toyi toyi dat die verkiesing eers in Oktober kan gebeur. Dan het hulle langer tyd om wang te “laybuy” met goeie dienslewering.

      Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Julie 19, 2016 om 8:56 vm

    Dorpies is deesdae skrikwekkend. Mens is amper te bang om uit jou kar te klim – netnou bespring iets / iemand jou. Dit lyk gewoonlik soos ‘n nes!

    Aan die ander kant, waar lyk dit nie soos ‘n nes nie. Mens is seker net meer gemaklik met jou nes.

    Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 21, 2016 om 10:24 vm

    Nou het jy my lekker laat glimlag met jou beskrywing van die strate wat soos gordelroos lyk. Dit klink vr my of daar oral aan die voor-verkiesing sindroom gelei word. Oral vertel mense hoe ywerig party plekkies ge-patch word. Ek hoop jy het darem bietjie meer rekenaar gebruik. Dankie vir jou vertelling.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: