Ole fords never die, they just get …

Julie 10, 2016 at 10:58 nm 13 Kommentaar

fords

In vergange maande het ‘n rits teespoed die Oksel familie getref. Alles as gevolg van seker maar die nuwe kanker in Suid Afrika. Nl “The local communities must have every oppertunity.” Onder andere, my BB se karretjie wat hy verloor het. Hy was oppad om te gaan kuier, toe hy deur die SAPD gestop was. Daar was betogings op die pad vorentoe. ‘n Paar ander motoriste was ook daar langs die pad ingeryg.

Hoe later hoe kwater en een mannetjie se toe hy weet van ‘n grondpad wat tot in die dorp gaan. Weg is hulle. BB laaste in die ry. Om ‘n draai voel hy toe die karretjie spring en volgende waarvan hy weet,is die wereld vol stor en hang hy aan die veiligheids gordel. Hy het nog een enkele paaiement gehad om op die karretjie te betaal. Die ou karretjie was toe afgeskryf. Maandag het hy by die werk gekom en sowaar, daar was hulle ingewag by die hek. Hulle mag die perseel nie betree nie. Hulle kontrak was verstreke en natuurlik moes die “Local Kanker” die kontrak oorneem. Daar was hy toe skielik werkloos.

Gou gou was hy geholpe met ‘n ander kar en ‘n nuwe werk. Gister het my noolste Nolie my gevra wat van BB se Fordjie geword het na die ongeluk. Ek het geen idee gehad nie. Hy het toe gese dis te koop op OXC en my die skakel gestuur. Ek het dit oopgemaak en wragtig, tot die registrasie is duidelik te sien. Die karretjie is te koop vir R3 000 minder, (ja MINDER) as wat die versekering hom uitbetaal het. Nou, kyk, die advertensie het nogal my hart bly gemaak want dit se die kar is in ‘n baie goeie toestand. Verstaan my mooi. Ek se nie hulle mag die kar nie verkoop het nie.

ka

Wat my omkrap is die feit dat hulle die kar afgeskryf het en hom uitbetaal het. Want dit gaan meer kos as wat die kar werd is om te herstel. Vyf maande later is die kar te koop vir MINDER as wat die versekering uitbetaal het. Hoe kan dit wees? Hoeveel het dit dan gekos om die kar te herstel? As ek daaroor nadink, die verkoper moes die wrak gekoop het, herstel het en nog ‘n wins daarop maak, tog verkoop hy dit vir minder as wat my seun uitgekry het. Skree die versekeraars te vinnig AFSKRYF?

kka

Mens moet hier in ag neem drie dae na die ongeluk was hy werkloos met net nog een paaiement betaalbaar op die karretjie. Skielik was daar weer ‘n hele nuwe kontrak tydperk wat hy nou moet betaal. Die ou karretjie was mos ‘n Ford, almal weet mos, Fordjies sterf nie so maklik nie. Hy het met hulle probeer onderhandel of daar nie ‘n manier was waarop die karretjie tog maar herstel kon word nie. Daar was glo geen. Nie volgens die insleep mense, die paneelkloppers of die versekering nie. Hy was verseker daar was geen manier dat hy die wrak kon koop of hou nie.

Nou hy is in sy noppies met sy nuwe kar, maar hy was so kwaad toe hy gesien het die “Onherstelbare” karretjie is in volle glorie hetstel. Hy was baie gelukkig met sy karretjie. een gedeeltelike paaiement was nog uitstaande en die kar sou geheel en al syne gewees het. Helaas, dit was nie bedoel om te wees nie. Kyk, Ford het hulleself destyds oortref toe hulle die karretjie ‘n naam gegee het. (Grieters, ek weet die karretjie was nie in SA genaam nie, maar speel tog saam.) Hulle wou nie voor op die wa wees en die karretjie ‘n KAR genoem het nie, maar hulle het ook genoeg vertroue in hulle produk gehad om dit nie KAK te noem nie. Toe laat hulle maar die laaste letter aan die verbruiker oor.

Gedagte van die dag. Berus, dis afgehandel.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toekatokkel 22 Straf Toeka tokkel 23 The ole hometown

13 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Julie 10, 2016 om 11:36 nm

    f o r d

    Beteken mos

    first on rubbish dump

    ? ?

    Vriendin van my seun het ook een van die motortjies gehad en kan nou nog nie uitgepraat raak oor hom nie so ek kan verstaan dat hy dit graag sou wou behou

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 11, 2016 om 12:32 nm

      Lol Fires, ek sal altyd wonder wat het daardie Ford rubbish dump toe gesleep. Hulle is moedige karretjies.

      Antwoord
  • 3. hennie  |  Julie 11, 2016 om 12:18 vm

    jy weet ne…. ford ryers I’d baie lojale mense. kyk net how klou hulle aan hulle karre. jaar na jaar. maar wat hulle bou seeker verhoudings met hulle karre. FORD = mos Foute Orals Regmaak Daagliks. ek dink ook asseransies skryf te maklik karre af. as dievkar nog betreklik nuut is kry jy nie eers genoem terug om die lending af te los en n deposit op n ander kar nie.maar as die airbags gepop het skryf hulle die karre af. dit is nie so duurbom te fix nie. viewers maak mensevgeld hit dievgroot afskryf

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 11, 2016 om 12:34 nm

      Ja, dis gewis ne. 😉 Ek ken elke kurwe van my Fordjie, beslis. Ek en die spons, chamois of lap.

      Antwoord
      • 5. Olga  |  Julie 11, 2016 om 12:42 nm

        Hennie, ek was weer vertel oom Henry het gese
        “Fokken Ordentlike Ry Ding.”

  • 6. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 11, 2016 om 9:46 vm

    Hemel tog, dis nou wraggies nie baie mooi nie. Hul was seker bang hy kry te veel vir die motertjie as hy hom sou verkoop.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Julie 11, 2016 om 12:35 nm

      Hy het nie eers ‘n keuse gehad nie Scrapy.

      Antwoord
  • 8. raakvatter  |  Julie 11, 2016 om 9:56 vm

    as jy uitbetaal word kan jy nie ook verwag om die kar te kry nie. as dit te duur is om te herstel betaal hulle jou uit die waarde van die kar. dan kan hulle met die weak maak wat hulle wil. dis hulle sin.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 11, 2016 om 12:36 nm

      Ai ou Balhapper, hy wou sy kar he, nie die geld nie. Dit is mos nou duidelik dat dit nie so duur was om te herstel nie.

      Antwoord
      • 10. Olga  |  Julie 11, 2016 om 12:37 nm

        Ekskuusm Kansvatter.

      • 11. raakvatter  |  Julie 13, 2016 om 12:22 vm

        wha ha ha ha. ek was gewaarsku jy is n rissie.

  • 12. Xena Phoenix  |  Julie 11, 2016 om 12:02 nm

    Dit laat my nogal sidder. Karre is duur goed, selfs in die tweedehandse mark moet jy met ‘n arm en ‘n been betaal. Hoeveel “afgeskryfde” karre word so aan die publiek te koop aangebied vir “in ‘n goeie kondisie”. Ek wonder, as jy die verkoper bel en vra of die kar in ‘n ongeluk was, of hy eerlik wil (kan?) antwoord?

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Julie 11, 2016 om 12:40 nm

      Ek het nie eers gekyk vir ‘n nommer nie. Die karretjie word geadverteer as 1.6, maar is in werklikheid ‘n 1.3. Dit kan ook net ‘n eerlike fout wees. Jong, hy maak dalk sy lewe uit wrakke opkoop en herstel. Dit p my net af dat hulle my BB kon oortuig dat die kar te duur sou wees om te herstel as dit nou duidelik blyk nie die geval te wees nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: