Toeka tokkel 21 Verandering

Julie 5, 2016 at 7:02 nm 12 Kommentaar

Scrapy het al gedaag oor verandering. Nouj ja, ek kan veel se oor verandering maar wat wil ek se oor verandering?

Die Engelse se natuurlik “Change is as good as a vacation.” Watwo! Wat het ons al alles oorgekom vandat Suid Afrika verander het? Was behoorlik ‘n geval van “Vandag pou, more vere.” Ek weet gewoonlik nie of ek moet huil of lag nie. Onder die NP regering was (wit) mense meestal net werkloos omdat hulle werkloos wou wees. Toe kom die ANC aan bewind en skielik, soos handomkeer was meer blankes feitlik daagliks werkloos. Eers was die booswig AFIEMATIEF EKSJIN, nou ja, ek weet nie waar hy gevrek het nie, toe het BEE oorgeneem en snel gesneuwel. O, arrie gedorie. Nou het’n groter euwel gekom, BBBEE (broad based black economical empowerment)sy plek kom inneem.

Mense kinders, na wat ek verstaan het oempie Cyril in ons kontrei kom kenwis en hy het mense belowe, “geen witmens gaan by ‘n myn werk terwyl daar swartmense werkloos is nie.” Dit was ‘n geval van so gese, so gedaan. In ons land word mense meer en meer aangestel as permanente kontrakteurs. Met werk wat so skaars soos goeie mense is, is almal maar te gewillig om op hierdie manier te werk. Die nadraai is, hulle het geen regte of voorregte nie.

Mense gaan op verlof, dan kom hulle terug by die werk, dan word hulle eenvoudig vertel die daaglikse verslag is in drie weke nie voltooi nie. Die feit dat die persoon vir drie weke op verlof was, is eenvoudig nie ‘n verskoning nie. Die mens wie in sy plek waargeneem het, was nie verantwoordelik vir die verslag nie. Jy moes dit in die uur wat jy terug is op kantoor seker afgehandel het. ( Of jy moes maar ondanks die feit dat jy op verlof was, elke dag die verslag kom invul het.) Verder het die myn se bakkie ‘n uitgerafelde veiligheidsgordel. Let wel, die feit dat jy dit week vir week in jou verslag genoem het, maak dit nie minder jou verantwoordelikheid dat iemand anders se voertuig nie 100% veilig is nie. Die veiligheids toerusting was in drie weke nie getoets nie. Die waarnemer word kwytgeskeld want natuurlik is hy…..

kantoor

Ander gevalle kom mense by die werk aan Maandagmore net om te vind tussen Vrydagmiddag en Maandagmore het die “houer was as hulle werkskantoor gedien het, eenvoudig verdwyn en al wat hulle kry is “Sorry boys our contract was not renewed, your last weeks salary will be paid into your accounts shortly. Hulle was mos net (permanente die deel is nou natuurlik vergete) kontrakteurs, hulle is nie geregtig op enige skeidings pakker nie. Soos wat hulle die perseel verlaat, kom die (swart) plaasvervangers op die toneel aan.

Ek het al so dikwels gewonder of dit voorheen die lot van nie blankes was. Dan onthou ek, nes vandag, was meeste van hierdie mense nie opgelei of gekwalifiseer om die pos wat hulle kom oorneem, te doen nie. Dan wonder ek waar gaan dit eindig?

Aanhou kan dit tog nie. Maar nouja, as mense lei ons mos maar almal aan die skaap sindroom. Wanneer alles in duie stort, raai net wie gaan weer eerste vernietiging saai en huil en eise stel omdat hulle alles geruineer het?

Gedagte van die dag: What goes around comes around.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toeka tokkel 20 Die see. Toekatokkel 22 Straf

12 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Julie 5, 2016 om 9:00 nm

    “Ek het al so dikwels gewonder”

    Ek sit nou nog met die vergeelde departement van bantoesake brief wat sê ek mag 2 ‘anderskleuriges’ aanstel as leerling tegnici as ek bewys het van 8 blankes wat ek aangestel het.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 5, 2016 om 9:31 nm

      So dit kon dan maar destyds ‘n geval gewees het van die skoen aan die ander voet? Tog het hulle geleentheid gehad?

      Antwoord
  • 3. bertie  |  Julie 5, 2016 om 11:36 nm

    ek het ook albaie gewonder hieroor. mssr toe het ek on thou by my pa se werk was daarn swart personeel Klerk. hy was ook die personnel beampte oor die zwart werkers.ek kan onthou dat hy n graad gehafhet. waar hy geswat het kan ek nie onthou nie. mast ek weet by hetbaie goeie afrikaans gepraat. toe my broer son paar jaar terug n vakleerlingskap by dieselfde firma gekry het was die man die personnel bestuurder. my broer was die enigste blanke uit 25 mense. al die Andes was swart.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 6, 2016 om 12:17 nm

      Soos jy sien Bertie voorheen was die ratio darem 3 swartes vir agt blankes.

      Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 6, 2016 om 9:23 vm

    Wat kan mens sê!? Dis waar waarmee jy eindig; what goes aroud comes around. Dis nie eers n kringloop nie dis n reguit lyn die afgrond af. Dankie vir jou verandering!

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Julie 6, 2016 om 12:20 nm

      Ons het ook al so afvallig geword, of is dit traak my-nie-agtig, ons lewe al op ‘n “kom ek om, so kom ek om” basis.

      Antwoord
      • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 6, 2016 om 11:07 nm

        Ek haat dit dat dit so moet wees, tog kan mens nie veel teen die meerderheid doen nie.

  • 8. ekmyselff  |  Julie 6, 2016 om 10:15 vm

    Ek skud ook maar net my kop….

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 6, 2016 om 12:32 nm

      My nek wil nie meer dat ek my kop skud nie. Ek het reeds vanmore gelees AFKOM het weer ‘n goeie winsjaar gehad nadat hulle net die ander dag gehuil het vir 25% verhoging. As hulle elektriseteit direk aan die publiek verkoop kan hulle self beter doen. Dan ook as hulle op die ” EEN KW, EEN PRYS” riglyn gaan werk, dan kan Madupi en Kusile nog ‘n dekade neem om klaar te kom. Hulle wins sal groot genoeg wees. Elke jaar.

      Antwoord
  • 11. Xena Phoenix  |  Julie 7, 2016 om 6:22 nm

    Die Chinese vloek is mos juis dat iemand in interessante tye moet lewe. Ons is dus seker vervloek.

    Antwoord
  • 12. Olga  |  Julie 7, 2016 om 10:20 nm

    Het vanaand gehoor hoe die fattapste kleuter in die land op die nuus vertel het hoe het hulle (weet nie of dit die ancyl of die eff is nie) die NP gestraf het vir rassisme. Ek wonder of hy ooit sal wakker word.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: