Toeka tokkel 20 Die see.

Junie 28, 2016 at 11:17 nm 13 Kommentaar

see

Ek loop nou al ‘n paar dae en neurie “Come with me, to the sea” sodat ek tog net nie moet vergeet nie. Ook om bietjie inspirasie te kry vir Scraps se opdrag om oor die see te skryf. Sien , David Kramer sing “Biscuits en biltong, ek is ‘n weskus klong.” Nou ja, om eerlik te wees, kan ek seker maar neurie “Pap en braaivleisie, ek is ‘n weskus meisie.” 😉 😉 So ek het nie daardie ou groot bekoring vir die see nie. Wel baie respek.

Daar is niks fout met die see nie, sien, die see het vir my gesorg en vir al die milde gawes wat ons as kinders gehad. Wat my geheel en al afgesit het van die see, is die strand en seesand waaroor ek moet stap om by die see te kom. Ek kan dit geheel en al nie hanteer om grond tussen my tone te kry nie. Maar as ek eers die waterkant bereik het, het ek die water geniet. Saam met my susters gehardloop en rug na die see gestaan vir die branders om doer agter op die strand te breek en daardie eerie gevoel as die see dan volspoed teruggetrek het en dit voel asof jy saamgetrek sou word.

Mense vind dit snaaks dat ek nie sand teen my voete kan hanteer nie, maar dan werk ek oor die algemeen sonder handskoene in die tuin. Maar ek moenie tuin toe wil dwaal nie. Ek het groot respek vir die see. Maar dis ook waar ek die streep trek.

Gedagte van die dag: Ek wili see toe gaan nie.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Leengoed is deelgoed. Toeka tokkel 21 Verandering

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Junie 29, 2016 om 7:06 vm

    Ja, dis erg grillerig as die brander so terugtrek.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Junie 29, 2016 om 9:59 nm

      Dit is ne.

      Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Junie 29, 2016 om 9:35 vm

    As kind was ek ook meer bekend met die Weskus. Dis wat ek mis hier aan die Suidkus – die reuk van bamboes, vis en bokkoms, die gekryt van die seevoëls. Maar ek mis nie die ysige koue water en daardie fyn seesand wat in elke kraak en plooi bly vassteek nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Junie 29, 2016 om 9:59 nm

      My badwater is baie lekkerder. 😉

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Junie 29, 2016 om 9:38 vm

    Olga, hoe voel jy dan oor die woestyn? Waar daar nie water is om die sand van jou voete af te spoel nie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Junie 29, 2016 om 10:01 nm

      Oe, mens, weet jy hoe voel daardie sand? Dan is dit oor die algemeen nog sulke fyn blink sand ook. Nee, nie vir my nie, dankie.

      Antwoord
  • 7. Kameel  |  Junie 29, 2016 om 2:46 nm

    Jy moes slim gewerk het, twee ouens gekry het om jou tot by die water te dra, en dan weer uit to bo by die storte!!!

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Junie 29, 2016 om 10:03 nm

      😆 Dit was altyd my pa se werk.

      Antwoord
  • 9. Xena Phoenix  |  Junie 29, 2016 om 6:21 nm

    Ek hou terloops van flaminke.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Junie 29, 2016 om 10:04 nm

      Toe ek ‘n kind was het my broer my altyd flamink genoem as hy my wou irriteer.

      Antwoord
  • 11. scrapydo2.wordpress.com  |  Junie 30, 2016 om 12:33 vm

    Dis nou interessant wys jou net waar mens se weersin vandaal kom in sekere dinge. Ek het nog noit die weskus se strand werklik beleef nie. Was wel jare gelede op strand by Swakopmund dis al. Weet ook dat die water koud is! Dankie vir jou deel van hierdie see-vertelling.

    Antwoord
    • 13. Kalyn  |  April 30, 2017 om 11:49 nm

      Perhaps a few choice words about Santa Claus. But I think it was less the message than the proximity. We had just dumped him on her lap in those pictures, so Elmo is about two inches from her face. Imagine your favorite TV character was suddenly standing nose-to-nose with you saying his or her favorite casphchrates. Disconcerting to say the least, especially with this thing. It’s not an Elmo doll; it’s an Elmo ROBOT.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: