Leengoed is deelgoed.

Junie 23, 2016 at 10:02 nm 7 Kommentaar

Homer roep my vandag en se ‘kom lees gou hier.” Daar sit ons en giggel oor dit wat ons lees. Ek moes dit net leen om met julle te deel, al het julle seker al reeds gelees. Dit was net so snaaks, ek deel dit indien julle al bietjie vergeet het.

cow

Wat is ‘n koei

Hierdie is ‘n opstel deur ‘n laerskool leerling. Ingesluit is al die
spelfoute en dinge:

Die koei is ‘n soogdier. Hy is ook ‘n huisdier. ‘n koei is orrals.. ‘n
koei het ‘n baie Fein reik – jy reik hom oor die jele plaas. Agteraan
die koei sit die stert. An die een Kant van die stert sit die pint van
die stert wat die kwas genoem word en an die anner Kant sit die koei.
Die koei gebruik die kwas om die flieje van haar weg te hou anners Val
hulle innie melk. Vooran die koei sit die kop. Daar groei die
hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit
die koei. Die koei is oorgetrek met ‘n beesvel. Onderan die koei hang
die melk. Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die
agterstes. Dan sit jy onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die
melk. As die Gras goed is, is die melk goed. As die Gras sleg is, is
die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg. As
dit ‘n ou koei is, is die melk suur. Dit is baie goedkoop om ‘n koei
aan te hou want jy gee hom net eenkeer kos, Dan kou hy twee maal. Die
man van die koei is die OS. Dit lyk soos die koei maar daar hang net
nie melk aan hom nie. Om OS te se is nie ‘n vloekwoord nie. Verder
weet ek niks. Behalwe dat as ‘n koei baie stip na jou kyk, moet jy
padgee want Dan is dit ‘n bul.

Graad 5 Afrikaans Eksamen

1. Waarvoor word beesvelle gebruik?
Om die bees binne te hou

2. Wat is outobiografie?
Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar

3. Noem 5 dinge wat melk bevat?
Kaas, botter en 3 koeie

4. Wat is die verlede tyd van eet?
Honger

5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?
Kleinseun

6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
Kleinteef

7. Wat is die doel van die kies-en oogtande?
Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk
Goed doen.

8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer Haas…
Hoe groter haaspastei

9. Wat is die meervoud van kabeljou?
Kabeljulle

10. ‘n Sin met “ter aarde bestel…”
“Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?”

11. Formule vir ‘n sirkel se omtrek:
“paai straal kordaat”

12. Wat is teenoorstaande hoeke?
Hoeke wat vir mekaar kyk

13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

14 . Wat is ‘n terminale siekte?
As jy op die lughawe siek word!

15. Vertaal in Afrikaans: “I beg your pardon?” (My favourite)
HuH?

16 . Wat noem ons iemand wat velle looi?
Onderwyser

17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?
Pepermenttande

Gedagte van die dag: ‘n Giggel is nie te versmaai nie.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Toeka tokkel 19 Grotkoors Toeka tokkel 20 Die see.

7 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Junie 24, 2016 om 12:21 vm

    Die negentiende eeu was ’n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met masjiene begin reproduseer. Die uitvinding van die stoomboot het ’n netwerk van riviere laat ontstaan. Louis Pasteur het ’n manier uitgevind om dol honde gesond te maak. Charles Darwin was ’n natuurkundige wat die Organ of the Species geskryf het.

    http://www.mieliestronk.com/flaters.html

    Antwoord
  • 4. Toortsie  |  Junie 24, 2016 om 8:32 vm

    Baie geniet, dankie

    Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Junie 24, 2016 om 10:38 vm

    He he, dis darem maar kostelik. Die antwoorde is baie vindingryk en beskrywend. Het dit nou baie geniet.

    Antwoord
  • 6. HesterLeyNel  |  Junie 24, 2016 om 2:04 nm

    Dit is kostelik hoor?

    Antwoord
  • 7. Xena Phoenix  |  Junie 24, 2016 om 2:18 nm

    15 is my absolute gunsteling. Beste vertaling ooit.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: