Toeka tokkel 19 Grotkoors

Junie 20, 2016 at 9:39 nm 13 Kommentaar

Ek het nog twee van Scrapy se huiswerk stukke om af te handel. Ek sal nou maar aangaan van waar ek laas was. Verlede week se werkstuk was oor grotte. Nou wat kan ek se oor grotte?

fairyland

Almal wie my ken, weet mos ek is maar ‘n sisgat. Elke denkbare fobie waaraan jy kan dink, pas stewig in die een of ander kompartement binne in my. Maar weet julle wat? Ek het al die spelonk spelonk ding gedoen. Wys julle net hoe lief is ek vir my kinders. Ek moet seker wees, ek het hulle mos gemaak. Elk geval, na my kennis, was ek nog net in Sudwala, Egogrotte en Sterkfontein grotte.

Het al ‘n paar keer sudwala aangedurf en ‘n paar knoppe op my kop gehad as bewys dat ek daar was. Dit gemaak verby Kingkong, die Madonna, KFC en Monty, die kobra (so ander slang) tot in feetjieland. Ja, mens kry dit en die knoppe op die kop alles by Sudwala. Ek knoppe het ek altyd opgedoen by die tonnel gedeelte, waar mens gebukkend gaan. Of op jou agterent. Maar maak nie saak hoe ek in daardie gangetjie skuifel nie, die een of ander tyd voel dit asof die “mure” my gegryp het, dan ruk ek regop of probeer en dan het daardie grot-klip-vuil-koue gang my gewys, “Jy mag Olga Banggat Oksel wees, maar hier is ek die baas.”

Ek was ook al by die Egogrotte. Dit was nie ‘n aangename ervaring nie. Ek onthou maar min daarvan. ek het sommer by die eerste reeling al vasgesteek toe ek agtergekom het die trappe reik dan tot waar ek nie eers kan sien nie. Toe het ek agtergekom ek klou vir ‘n plek en ‘n wen aan daardie reeling en hou die mense agter my op. Toe ek omgedraai het en oor die reeling gekyk het, het ek amper histeries geword. Ek het probeer uitkom en moes toe hoor die ingang is klaar toe. Toe? WDM soek ek hier? Toe maar verder. Al vinniger en vinniger. Ek is seker die mense is spyt hulle het nie saam met my aangedring dat ek kon uitgaan nie. Maar nou ja, ek het maar deurgedruk ten die mense saam met my se uitstappie nie te bederf nie. Daar was ‘n paar plekke waar dit seepglad was. Ek was nog vinnig oppad deur die “straights” toe ek gehoor het “The big guy is stuck.” Se moer, dis toe net mooi waar ek sommer mense uit my pad gedruk het, julle moet weet die “big guy” was dan my eie baby boy. Maar al glippend en glyend het ek aangedruk met Homer agterna. Toe steek my Nolie sy groot lyf deur die volgende versperring wat heelwat groter as die eerste was.

Toe sleep die dogters ons na die Sterkfonteingrotte. Wat ook wys hoe lief ek vir hulle is. Daar gekom, moes ek ten eerste ‘n net, soos gedra deur die bakkery en slaghuis werkers by Checkers en Spar oor my kop trek. Glo om te keer dat enige luise wat in die hardehoed agtergebly het van die vorige besoeker nie in my hare klim nie. Ja, toe moes ek maar die &*^%%$$%^ makarab op my kop gesit het. Die twee merries het fotos geneem en as hulle dit ooit sal waag om foto’s van my met ‘n blou pispot op my kop enige plek te sit, foeter ek hulle wragtig, groot soos hulle is. Ewentwel, mev Ples wie glo maklik Mnr Ples kan wees, het my nie beindruk nie. Maar ek het darem die brug waar menige besoeker hulle kos weggooi met waardigheid gekruis. Ek het darem die bootreis deur die eeue vanaf die voor die ystydperk tot die hedendaagse gate uit geniet. Net jammer dit was al te gou verby.

Gedagte van die dag: Been there, done that, had the knoppe.,

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Toekatokkel 18 EETGOED. Leengoed is deelgoed.

13 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Junie 21, 2016 om 1:37 vm

    Liewerste jy as ek. My gemakstoel voor die tv raak te klein en knopperig as ek net na sulke goed op die kassie kyk.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Junie 21, 2016 om 1:14 nm

      Ai Ockie, dan het jy darem so ‘n idee van hoe ek voel.

      Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Junie 21, 2016 om 7:57 vm

    Ek vind die grotinskrywings baie interessant, maar dis nie vir my nie, dankie. Tien uit tien vir jou wat die toere ter wille van jou kinders gedoen het.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Junie 21, 2016 om 2:41 nm

      Hulle weet waar ek woon! 👿

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Junie 21, 2016 om 10:17 vm

    Ek hou ook daarvan om in elke gaatjie te gaan kruip. Mens betaal duur om in die grotte te kom.

    Ek wil na die Hang Son Doong grot in Vietnam gaan. Dit is die grootste grot in die wêreld – met sy eie woud en rivier. Wat ek verder in Vietnam gaan maak, weet ek nie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Junie 21, 2016 om 2:43 nm

      Ek weet ek sou die woud en rivier geniet het. Maar dink daardie grot klink alreeds vreesaanjaend. Tensy mens regdeur kan ry met ‘n Putco bus. Maar nou ja, die gierige stakers het seker al wat Putco bus is, al verwoes.

      Antwoord
  • 7. Toortsie  |  Junie 21, 2016 om 9:21 nm

    Klonk nou en dknker.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Junie 22, 2016 om 11:49 vm

      Koud ook.

      Antwoord
  • 9. scrapydo2.wordpress.com  |  Junie 22, 2016 om 10:20 vm

    Dis darem n lekker pittige vertelling. Wat mens nie alles vir jou familie sal doen nie. Dankie dat nog steeds aangaan met deelneem, lekker om jou dinge te lees.

    Antwoord
  • 11. Abrie Joubert  |  Junie 23, 2016 om 6:47 nm

    Hello Olga altd goed pm ‘n mede-grotkruiper te ontmoet en dit is wat ek nou doen, Die eerste blog van jou wat ek lees en het dit bepaald geniet. Ek het darem die verskoning gehad dat ek betaal word om in ‘n grot kruip, maar ek sal dit verniet dit doen ook(en kruip inderdaad steeds deur grotte. Die Toeka Tokkel grot ding het ‘n wereld vir my laat oopgaan met potensiele grotstories. Het eenmaal as toergids my kop oop gekap teen vyandige stalagtiete: 7 steke – bo en behalwe die pyn en ongemak is dit as toergids nogal embarrassing!!

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Junie 23, 2016 om 11:00 nm

      Ek glo jy sal my giggel verskoon. Dit is so iets wat met my kan gebeur. Ou Murphy loop mos wydsbeen deur my lewe. Ek hoop darem nie die wond het ontsteek nie? So ‘n vyandige stalgtiet was mos nie sy tande nie. Welkom Abrie. Ek sien jy het nes die Merrie ook al jou banghare verloor.

      Antwoord
  • 13. Abrie Joubert  |  Junie 24, 2016 om 8:19 vm

    Jy is veronderstel om te giggel. Die Murphy kan nogal ‘n stand up comedian wees – soos toe ek regop in grot gestaan toe ek nie moes nie… Ja die realiteit is dat ek reeds toe nie skok absorbeerende materiaal gehad het nie. Hier kom dalk nog blog storie hieroor en dan moet jy maar maak of jy dit nog nie gehoor het nie

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: