Toekatokkel 18 EETGOED.

Junie 15, 2016 at 9:48 nm 11 Kommentaar

Whoop! whoop. Hieroor kan ek boekdele spreek.Njannies waar. Veral oor die eet daarvan. Be that as it may. Soveel van die eenvoudige plesiertjie is my al ontneem. Maar, daar was ‘n stadium toe my kinders klein was wat ek uitgebak het.

Scrapy se uitdaging die week maak sommer my mond water. In daardie tyd het ‘n vriendin gespog dat sy vir die dokters bak. ‘n Ander het vir die ouetehuis gebak. ‘n Ander het vir die kerk se vergaderings gebak. Ek? Ai, wat kan ek se? Ek het vir die buurdorp gebak. Van Woensdag af (veral aan die einde van die maand) kon ek nie my voete gevind het nie. Van Maandag af het hulle gebel, ek sal geen name noem nie, maar die een wou sjokoladekoek he, daardie een vanilla of koffie koek. Of marmerkoek, piesangbrood, gemmerbrood, souttert of uietert. Een wou dan ses melkterte he, want dit vries nie juis goed nie, daardie een drie dosyn kolwyntjies wat mos nou opgetert het tot die wereld bekende Cupcake. Maar in daardie dae was dit kolwyntjies. Dan was dit nog gespesifiseer ook, gemengdes, vanilla of sjokolade. Die volgende een sou sommer vra vir twaalf dosyn ystervarkies, hmmmmm. Dit was wragtig my ondergang. ‘n Ander vriendin het hulle melaatses genoem want hulle het mos graag uitmekaar geval wanneer dit uit die stroop gelig word. Dan wil die een ‘n pynappel-yskastert he en daardie een wou weer ‘n aarbei of lemmetjie sjiffon yskastert he. Ek het die streep getrek by koeksisters. Toe heden vandag eet ek hulle graag maar ek bak hulle nie.

Meeste Vrydae het een bakkie voor my hek gestop om die dose gebak te kom oplaai. Einde van die maand Vrydae was dit twee. Dan was daar plek of tyd vir niks nie. Tussen die katkisasie, karate, ekstra klasse, arbeidsterapie het ek tyd vir niks anders gehad nie. Dan het elke oppervlak in my huis volgestaan. Soms was ek genoodsaak om dose gebak op die grond ook staan te maak.

Ek werk mos op my beste onder druk. Die soutterte was altyd laaste gebak. Soms was dit ‘n geval van as die blou en wit bakkie buite my hek getoeter het, dan het ek die laaste terte net net uit die oond gehad. Ek kon nooit klein kry hoekom hulle verkies het om die byna 90km na my tuisdorp te ry as die dorp naaste aan hulle met ‘n tuisnywerheid gespog het en dan boonop net 25km weg was nie. Dit was later ‘n verligting toe Homer ‘n eierdans tussen die spul dose en rakke deur moes loop om in die kombuis uit te kom en verklaar het, “Dit stop nou!” Almal wie my ken, weet ek sou my agterent aan haar afgevee het. Die blote feit dat ek gehoor gegee het, spreek boekdele.

Gedagte van die dag:

Entry filed under: Huiswerk, Uncategorized.

toekatokkel 17. ‘n Mens in elke blom Toeka tokkel 19 Grotkoors

11 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Junie 15, 2016 om 10:44 nm

    Als nog reg as mens resepte kam vergroot maar party kan net een een aangemaak word

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Junie 16, 2016 om 12:09 vm

    Soos in die geval van koeke. Dit was baie werk en my bene het dit ontgeld. Maar ek het altyd klaar gekry.

    Antwoord
  • 3. Toortsie  |  Junie 16, 2016 om 6:48 vm

    Klink my ek praat met ‘n bobaasbakster!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Junie 16, 2016 om 1:48 nm

      Dit was lank gelede en verrrrrr weg, toe my bene nog self sterk was. Laaaaaank voor viagra.

      Antwoord
      • 5. Toortsie  |  Junie 16, 2016 om 1:49 nm

        Viagra?

    • 6. Olga  |  Junie 16, 2016 om 11:02 nm

      Ja, dit maak my bene styf dan kan ek langer staan en hark, stryk, deeg rol en of klits. 😉

      Antwoord
  • 7. Kameel  |  Junie 16, 2016 om 9:22 vm

    Nou toe daar sien ek nog ‘n kant van Olga. Tuin, brei…. en nou nog ‘n uithaler bakster. Hoekom kom die Spreuke 31 vrou nou by my op?

    Antwoord
  • 8. HesterLeyNel  |  Junie 16, 2016 om 12:57 nm

    Mense sal ver ry vir ‘n ordentlike produk, dis hoekom 90km nie ‘n probleem was nie. Ek ry hiervandaan tot amper in Port Edward om gemmierbier te gaan haal vir my gesin. Dis sulke baasbaksters en gemmerbiermakers wat die lewe so lekker en gemaklik maak vir ons onhandiges (of onwilliges dan).

    Antwoord
  • 9. peebles  |  Junie 17, 2016 om 12:13 vm

    en daar het die gedagte in die slag gebly. maar hoe lus raak ek nou vir n ou snytjie suurlemoen yskastert. die soort sonder meringue. met sulke lekker suurlemoenskil repies wat tussen my tande knars.

    Antwoord
  • 10. scrapydo2.wordpress.com  |  Junie 19, 2016 om 7:51 vm

    Sjoe maar jy was n flukse mens om so baie te bak. Hoe hou m ens dit om so baie op n slag te doen? Dankie vir jou “lekker” eetgoed vertelling.

    Antwoord

Lewer kommentaar op vvuureoc Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter