toekatokkel 17. ‘n Mens in elke blom

Junie 13, 2016 at 9:42 nm 11 Kommentaar

botterblom

Ek het alweer vir my Amy gaan kuier en so lekker met haar gekuier dat ek nie by enige van Scrapie se huiswerk uitgekom het nie. Laat ek probeer inhaal. Hoe kry mens ‘n mens in elke blom? Deur fyn kyk. So het Ousus my toe sy nog maar klein was gevra wat sou sy gewees het as sy ‘n blom was? Kyk, destyds het ek al gehou van vroetel in die tuin. Die spesifieke dag was ek weer tot by my elmboe in die grond besig. Juis om botterblomme te plant. Ek het geweet as ek ‘n naam gaan se, sal sy wil weet hoe dit lyk. Desjare het ons nie google gehad nie, dus sou ek ‘n blom moes noem wat ek aan haar sal kan uitwys.

Ek het toe gese sy sou ‘n botterblom gewees het. Dadelik wou sy geweet het hoe ‘n botterblom lyk. Tussen die klomp was daar enetjie wat beblom het. Sy het dadelik gese dit lyk nie na veel nie. Natuurlik ook dat daar dan geen botter in was nie. Ek het die romerige kroonblare aan haar uitgewys as iets wat skoon en ongeskonde was en die diep geel kroon van die blom as goud. Dadelik was die blom natuurlik in ‘n ander klas. toe wou sy natuurlik weet waar haar goud dan was. toe het ek haar vertel dat sy nes die blom ook ‘n hart van goud het.

Tot vandag is sy nog my botterblom.

Gedagte van die dag: Soek die prag in elke dag.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Toekatokkel 16 The mulberrybush Toekatokkel 18 EETGOED.

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Tannie Frannie  |  Junie 14, 2016 om 8:08 vm

    Dis pragtig – ‘n ander, digterlike sy van jou!

    Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Junie 14, 2016 om 8:32 vm

    Dis ‘n mooi kompliment

    Antwoord
  • 4. Toortsie  |  Junie 14, 2016 om 9:26 nm

    Ek kan my net indink dat sy baie vrae sou hê, tot die antwoord bevredigend genoeg sou wees. Hart van goud. Dis mooi.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Junie 15, 2016 om 4:25 nm

      Haar gunsteling woord was “hoekom”. Ek twyfel of sy dit al ontgroei het.

      Antwoord
      • 6. Toortsie  |  Junie 15, 2016 om 6:50 nm

        Rai, ek dink ook nie sy het al of sal dit ooit ontgroei nie. 😉

  • 7. Xena Phoenix  |  Junie 15, 2016 om 8:36 vm

    Ons het ‘n onderwyser op skool gehad wat graag dogtertjies vertel het dat hulle mooi blommetjies is. Ek wou nie as ‘n blommetjie aangesien word nie en het hom summier vertel dat ek dan ‘n kakiebos moet wees. Toe vertel hy my dat die lekkerste parfume word van kakiebos gemaak.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Junie 15, 2016 om 4:26 nm

      So jy het ook geweet dat kakibos vir parfuum gebruik word. Ek wonder watter deel.

      Antwoord
  • 9. Olga  |  Junie 15, 2016 om 4:28 nm

    Ai, ek het gisteraand die eerste drie kommentare geantwoord. Verbeel julle dus my verbasing toe ek nou aanlyn kom en dis weg. Regtig? ‘n internet dief? Ek sal my honde streng moet aanspreek. Voor die volgende uitborsel, wat vandag reeds gebeur het.

    Antwoord
  • 10. scrapydo2.wordpress.com  |  Junie 19, 2016 om 7:43 vm

    Dankie Olga vir jou botterblomkind. Dis heerlik om spontaan te vertel hoekom dit so is,

    Antwoord

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: