Toekatokkel 16 The mulberrybush

Mei 23, 2016 at 10:05 nm 9 Kommentaar

mulb

Scrapy se uitdaging was oor speletjies. Almal wie my ken, weet ek het nie baie geduld nie. Mense vind my ongeduld vreemd as hulle uitvind ek doen naaldwerk, brei en maak tuin. As daar een speletjie is wat my ‘n ysring gee, (Klip sal verstaan) is dit Monopoly. Dit vat net eenvoudig te lank. Vroteier was net so vervelig omdat mens jou springs deursit en word die bal uiteindelik agter Olga neergesit, was Olga al so letargies dat sy vroteier was. “Open the gate, Here we go round the Mulberrybush, Anything” en ander doen speletjies was meer my ding.

In elk geval, ek kan my vergaap aan die speletjies wat volwassenes speel. Sal mens dit die “Lewenspeletjie” noem? Om in ‘n klein dorpie te woon kan regtig ook hel op aarde wees. Jy leer die gemeenskap om jou se eienaardighede ook ken. Die Engelse het soms sulke mooi woorde. Soos idiosyncrasies. Ek is nie veel van ‘n prater in geselskap nie. Daarom luister ek (as ek dit die slag moontlik vind om te hoor.)

Ai, ek het soms hare op my tande nodig. Jy kry die siekes. As iemand verkoue het, dan het hulle griep. As iemand sy of haar toon gestamp het, het hulle hulle sn gebreek. Sal so ver gaan om die hele voet in gipsverband vas te draai. Om dan dadelik die hele dorp vol te ry, agter die stuur van die motor asof ‘n “gebreekte” voet deur elke denkbare ongemak gesit moet word.

Dan is daar die dromers. Ai, mensekinders, ek geniet dit soms so om te sit en luister na al die drome. Daar was die dame wie se man gedroom het hy het die lotto gewen. Dit was tien jaar gelede. Hy het maar onlangs die laaste geld afbetaal van al die inkopies wat hulle byvoorbaat gedoen het.

Die mense wie nooit ‘n pad vergeet nie en al so dikwels daar was dat hulle jou toe oE tot daar kan neem. Dan kom jy later agter dat die berese mens, jou in Johannesburg se middestad besorg het, in plaas van Heidelberg, waarheen jy oppad was. Dan kry jy die doen alles mens. Praat van verf en daar is geen beter verwer nie. Die een dame kan wragtig alles doen. Van karre regmaak, verf, teels le, naaldwerk doen, brei, borduur, bou, koekbak, u nym iet, sy doen dit. Sy moes skool verlaat het op veertien om te gaan werk vir die gsin maar sy het ook ‘n universiteitsgraad of twee. Ek kan nie meer onthouEk raak eintlik senuweeagtig as my kinders tuis is vir ‘n langnaweek en sy kom laai daardie koek of bakkie koeksisters hier af. My kinders weet mos nie van diplomaties wees en ‘n ding lekker lieg nie.

Maar nou ja, soms verskaf die mense my heelwat vermaak. Maar ek het maar geleer om my kaarte teen my bors te hou. Ek het baie geduld met ‘n stoute kind en geniet soms heimlik hulle kaskenades soos niemand ooit sal glo nie. Maar ‘n liegbek of spogter, grootbek wat hulleself so in ‘n hoek kan vaslieg, laat mos my hare rys.

Gedagte van die dag: Mens het geduld, jy kan dit nie koop nie.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toekatokkel 15: Legkaarte toekatokkel 17. ‘n Mens in elke blom

9 Kommentaar Add your own

  • 1. HesterLeyNel  |  Mei 24, 2016 om 7:39 vm

    Sak Sarel, pa wil ‘n bok skiet? Ek kan my verluister aan sulke onsinnige ou stories en dan maak ek ewe skynheilig asof ek elke woord glo.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 24, 2016 om 12:31 nm

      šŸ˜† Lekker lag ek nou. Dis verbasend hoeveel sulke mense daar is. Soms gee hulle maar net daardie spice om my deur die dag te kry. Die ewige “siekes” vermy ek soos die pes.

      Antwoord
      • 3. HesterLeyNel  |  Mei 24, 2016 om 12:38 nm

        Janee regtig, ek het ook nie tyd vir jannie jammergatte nie.

  • 4. grossie  |  Mei 24, 2016 om 8:39 vm

    Dan Vermeer hulle in doodsepyn jare nadat hulle operasies gehad het. hulle gesprekke begin altyd “Na my blindederm /knie/skouer, operasie” terwyl hulle nog twee adcodols in hulle monde druk. van speletjies gepraat,speel kinders vandag nog speletjies soos bingo,slangetjies en leertjies en ludo?

    Antwoord
  • 5. grossie  |  Mei 24, 2016 om 8:40 vm

    Dan Verkeer hulle in doodsepyn jare nadat hulle operasies gehad het. hulle gesprekke begin altyd “Na my blindederm /knie/skouer, operasie” terwyl hulle nog twee adcodols in hulle monde druk. van speletjies gepraat,speel kinders vandag nog speletjies soos bingo,slangetjies en leertjies en ludo?

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Mei 24, 2016 om 12:32 nm

      Ek ken ook ‘n paar van hulle. Ek wonder soms hoekom die operasies gehad as hulle nog in pyn verkeer.

      Antwoord
  • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 26, 2016 om 10:15 vm

    Dis n ware speletjie om partykeer sulke groot prater uit te vang en hul hul eie medisyne terug te gee. Dankie vir jou gesellige deel van speletjies .

    Antwoord
  • 9. Kameel  |  Mei 27, 2016 om 3:01 nm

    Die mense is die spice van die lewe. Was ons almal eenders sou die lewe maar ‘n saai spul gewees het. Ek trap weer versigtig om kwaadpraters. Mooi naweek vir jou!!!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: