Toekatokkel 15: Legkaarte
Mei 16, 2016 at 9:06 nm Olga 9 Kommentaar
Scrapy se nuutste tokkel uitdaging is oor legkaarte.
Ek moet erken, ek het dit op ‘n stadium baie geniet om legkaarte te bou. Ek soek die stukke uit, iemand anders bou dit. Ek praat onder korreksie, maar ek dink ek het vir Ousus haar eerste legkaart gekoop toe sy maar net oor die twee jaar kerf was. Nog voordat sy drie jaar oud was, kon sy ‘n honderdstuk legkaart al aanmekaar gesit het. Dan moet ek byvoeg, die stukke van al haar legkaarte op daardie stadium het saam geloseer in ‘n groot lee koffieblik.
Sy het sommer korte mette gemaak van die legkaartstukke tussen die ander uit te soek en dan sommer te bou ook. Ek sou soms se sy moes die legkaart onderstebo bou. Sy sou eers “Hoekom” maar dan dit tog doen. As die legkaart stukke stewig was, kon ek maar omdraai, oor die algemeen sou dit korrek gewees het.
My ander kinders kan ook legkaarte bou, maar het dit nie tot dieselfde mate geniet as Ousus nie. Ek aan die ander kant, sal veel eerder blokraaisels voltooi.
Gedagte van die dag: Vertel ‘n legkaart ook net ‘n duisend woorde….
Entry filed under: Uncategorized.
9 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
scrapydo2.wordpress.com | Mei 17, 2016 om 9:21 vm
Elkeen het ook sy eie manier van legkaart bou. Ek is ook maar eerder geneig om vinnig klaarmaak blokraaisels en woordbou uitdagings te doen. Ek moet in die ‘mood’ wees vir legkaart bou. Dankie vir jou bydrae, waardeer dit baie. 🙂
2.
Olga | Mei 21, 2016 om 4:18 nm
Ja, kyk, ek het al gesien hoe mense legkaart bo, By kleur, by vorm, //nee, wat, ek soek randstukkies uit.
3.
scrapydo2.wordpress.com | Mei 22, 2016 om 2:02 vm
Ek begin ook met buite rand en dan met stukkies wat iets op het wat wys waar dit moet kom.
4.
HesterLeyNel | Mei 17, 2016 om 4:33 nm
Legkaarte bou is blykbaar baie goed om ‘n kind se motoriese vaardighede te ontwikkel en hulle te leer van probleem-oplossings. Jy het jou dogter ‘n guns gedoen.
5.
Olga | Mei 21, 2016 om 8:42 nm
Sy blink uit met probleme oplos.
6.
Kameel | Mei 17, 2016 om 7:47 nm
Dog jy gaan sê ek sal eerder in tuin gaan werk 🙂
7.
Olga | Mei 21, 2016 om 8:44 nm
Dis net nie altyd moontlik nie. Woensdag en Donderdag was gala dae in die tuin. Glo my, ek moes teen laat middag Dondedag amper huis toe gekruip het. So soms moet ek maar net kyk.
8.
Kameel | Mei 22, 2016 om 1:28 nm
Laat my dink aan ‘n blogger wat ek so geniet het en toe hou sy op blog. Eenkeer beskryf sy hoe sy in die tuin met tuinvurkie grawe, en die gesukkel toe sy daar wou opstaan…. later muur toe gekruip en haarself daar regop getrek. Ek kon die prentjie sien. Mooi dag vir jou.
9.
Toeka-Tokkel no 16: Speletjies/speel/spel – I scrap 2 | Mei 20, 2016 om 1:25 vm
[…] https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/05/16/toekatokkel-15-legkaarte/ […]