Toeka tokkek 10

Maart 28, 2016 at 2:15 nm 3 Kommentaar

Scrapy het so ‘n ruk gelede al uitgedaag om oor oefeninge te skryf.. Ek was egter so effe besig en het nie daarby uitgekom nie. Dus doen ek dit nou maar gou aangesien ek nou ‘n blaaskansie het.

Wat kan ek oor oefening se? Ek het op ‘n kol op aandrang van ‘n vriendin begin aeerobix doen.  Eers wou ek nie, maar nou ja, toe het ek gedink hoekom nie?  Ek het dit nogal geniet veral nadat die bewegings makliker begin kom het en ek agtergekom het dat ek baie die groep bygehou het.  Maar ai! Helaas!  Die aanbieders het nie die toeweiding wat na my mening nodig was gehad nie.  Het dit nog steeds nie.  Skool vakansies en openbare vakansies het hulle net eenvoudig nie opgedaag nie.  Meestal was dit ‘n geval van Maandag daag daar twintig mense op om aerobix te doen.  Donderdag (was altwee dae wat daar klasse was) daag drie mense op, dan laat weet die instruktrise dat sy nie kan kom nie, haar man het ‘n noodgeval.

Ag, drie maande nadat on begin het, was dit nog net my vriendin en ek wie opgedaag het en soms as haar ure dit toegelaat het, die tandarts wie haar praktyd in Bosbokrand het.  Ons het dit onder die intstuktriser se aandag gebring dat die drie van ons, nes sy en haar man, wie die enigste man in die groep was, nie een kinders op skool gehad het nie.  Sy het saam gestem dat ons dan maar deur die skoolvakansies kan oefen maar o, wee.  Hulle het net eenvoudig nie opgedaag nie.  Ek weet!  Ek weet!  Niemand het my gedwing om nie op my eie te oefen nie, maar elo?  Dis dan so lekker om die dag saam met die ander af te he.

Na die eerste jaar het ek en die vriendin opgepak en op ons eie aerobix gedoen wat ons met stapsessies afgewissel het,  Meestal het ons ses tot sewe kilometers gestap.  Dit is mos wat Olga geniet.  Om te stap en te stap en te stap.

Deesdae is die enigste oefening wat ek kry die oefensessies om nie my bek op te maak en ten hemele uuit te vaar oor wat in die ou fucked up landjie van ons aan die gang is nie.

Ek hoop julle het almal die paasnaweek geniet.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toeka tokkel 9, verbeelding Toeka tokkel 11

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Maart 28, 2016 om 9:09 nm

    Hoekom stap jy nie meer nie Olga? Ek dink jou tuin gee jou darem nog oefening…. of hoe?

    Antwoord
  • 2. scrapydo2.wordpress.com  |  Maart 28, 2016 om 9:11 nm

    Ja jong, die “klasse” wat so aangebied word moet ook maar toegewyde instrukteurs hê anders werk dit ook maar nie uit nie.
    Stap is egter gesond en kos niks, as mens nog n stapmaat het help dit ook. Kan jy nog op jou eie in jou omgewing stap? Dankie vir jou oefensessie vir Toeka-Tokkel! 🙂

    Antwoord
  • […] Toeka tokkek 10 […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: