Toeka tokkel 9, verbeelding

Maart 14, 2016 at 10:04 vm 10 Kommentaar

Scrapy se opdrag, verlede week, was oor verbeelding.  Almal wie my ken, weet ek is taamlik verbeeldingloos. As daar nie vir my prentjies geteken word nie, sal ek nie die idee kry nie.

Tog, as ek terugdink, was die water in die bad, die wind in die kombuis, die sleutel teen die muur, die hond in die huis nie maar pure verbeelding nie? Dan sou ek mos verseker al nuwe dramatjies uitgedink het, ek is tog in ‘n ander huis. Be that as it may. Ek is ‘n doener.

So ek sal maar vertel van Eileen. Lank terug en net oor die bult, gee ek een more die kinders ontbyt. Nolie was toe ‘n ou babatjie, BB was net so knap oppad na agtien maande, toe ek hom en Ousus roep om te kom eet. In die kombuis gekom, gaan staan Ousus by die tafel, en vra, “Net twee bakkies?” Ek het geantwoord, “Een, twee kinders. So ja, net twee bakkies.” Sy was dadelik op haar perdjie. “Sies Moekie,” seg sy verontwaardig, “wat van Eilleen? Moet sy nou kyk hoe ons eet?” Verbaas kyk ek na die gangdeur. Ek was nie bewus dat daar mense aangekom het nie. Dan nogal vreemde mense ook. Ek ken gn Eileen nie. “Ai, Ousus, jy weet mos jy mag nie die deur oopmaak nie. Hoekom het jy my nie kom roep nie?” Toe was ek al in die gang en daar was geen kind nie.

“Waar is Eileen?” Vra ek dus. Ousus het geantwoord, “Reg hier langs my.” Toe ek na haar gekyk het, het sy ewe haar handjie uitgehou asof sy iemand aan die hand het. Kyk, die hare het dadelik penorent op my kop gestaan. WDF? Ek het haar en BB behoorlik bespring. Altwee se hande gegryp en kamer toe gemik met hulle vir ingeval Nolie in sy kot beskerming nodig het. Ousus het egter vasgeskop en gese: “Jy druk Eileen se hand seer. Los ons hande.” Gedori, toe slaan my ore ook nog toe.

“Hoe het Eileen ingekom?” Vra ek baie benoud. “Sy was net hier toe ek wakker geword het.” Mensig. Daar begin toe ‘n lig opgaan. Na heelwat vrae het ek agtergekom dis ‘n verbeelding maatjie. Soms het sy huis toe gegaan. Maar uiteindelik was Eileen amper twee jaar lank deel van die gesin. Ek het Eileen amper net so dikwels soos Ousus gebad en soms tot my voordeel ingespan ook as Ousus nie haar hare gewas wou he of ‘n groentesoort wou eet nie. Dan het ek en Eileen saamgelag want spinasie was mos wat Popeye sterk gemaak het.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toeka tokkel 8 Spesiale mense Toeka tokkek 10

10 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Maart 14, 2016 om 2:37 nm

    Ek het ook ‘n maatjie gehad met die naam van Peter.

    Die grootmense het gedink dat hy die vrug van my verbeelding was todat ‘n ou tannie hom vir my ma beskryf het. Het gou agtergekom dat DIE wat ek sien wat nie skaduwee maak nie en deursigtig is, vir die ander mense vreesaanjaend is maar as gevolg van Peter was ek nog nooit vir hulle bang nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 15, 2016 om 12:21 vm

      Ek was dikwels reggehelp as ek bv Eileen se neus te hoog of te laag afgevee het, Ek het dan gewonder hoe Ousus haar regtig ervaar het.

      Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Maart 14, 2016 om 5:14 nm

    My dogter het haar verbeel sy het ‘n perd. Ek het ‘n stokkie voor die vriendskap gesteek toe sy en haar maatjie altwee op die grasperk gewei het, in volle sig van die bure.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 15, 2016 om 12:22 vm

      Dit moes iets gewees het om te aanskou.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Maart 15, 2016 om 4:19 nm

    O hel! Ek sou getrek het en Eileen beter nie saamgetrek het nie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Maart 28, 2016 om 12:55 nm

      As jy Ousus geken het, sou jy geweet het, Eileen sou saam getrek het.

      Antwoord
  • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  Maart 16, 2016 om 10:45 nm

    Ek het al gehoor van die denkbeeldige maatjies maar nog nie werklik met n kind in aanraking gekom wat so n maatjie het nie.Ek is bly jy het besef dis denkbeeldig want dit sou baie drama veroorsaak het met Ousus saam! Dankie vir jou bydrae dis baie oulik geskryf!

    Antwoord
  • 10. Toeka-Tokkel no 11: Vuurwerk – I scrap 2  |  Maart 21, 2016 om 10:30 vm

    […] Toeka tokkel 9, verbeelding […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: