Toeka tokkel 8 Spesiale mense

Maart 8, 2016 at 10:33 vm 5 Kommentaar

Scrapy se uitdaging was oor spesiale mense. Een spesiale mens? Eh daar was so baie, ek sal hard moet dink om een uit te kies.

So was daar my eie ouers, mense meer spesiaal as wat ek ooit sal kan se. Homer, ‘n goeie mense wie sy laaste hemp sal uittrek om iemand anders te help. Daar is net te veel om een uit te sonder.

Ek kan darem nou nie heeltemal wegkruip agter die feit dat ek so laat is met my huiswerk as gevolg daarvan nie. Maar nou ja, liewer laat as nooit.

Wat is ‘n spesiale mens? Iemand wat doen wat geen ander doen nie? Ja, ek sal tog so dink. Ek het julle al vertel van oom Ridder wie van huis tot huis gegaan het met sy grassnyer en almal se gras kort en netjies gehou het. Onlangs het my getroue naaimasjien die gees gegee na vier-en-dertig jare se getroue diens. Ek het genoem hoe ongelee dit nou is. Ai tog, ‘n paar aande later het hy op my deur drumpel opgedaag met ‘n donker houttas in sy hand. Hy het vir my sy ontslape moeder se masjien gebring. ‘n Empisal Goldline deluxe.

empi

Almal wie hom ken weet hoe “heilig” hy is op sy goedjies. Alles wat hy het kan hy jou die geskiedenis terug vertel tot by Adam. Weet julle, ek het so klein gevoel dat hy my vertrou het met sy ma se masjien. “Olga, as jy die spanning kan regstel, kan jy my ma se masjien gebruik totdat jy ‘n ander een kan koop.”

Wel, ek het die spanning reggekry. Nou nog net uitpluis hoe die “cams” werk. Die handleiding is die enigste iets wat oorspronklik saam met die masjien gekom het, wat nie meer daar is nie.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Onmenslik Toeka tokkel 9, verbeelding

5 Kommentaar Add your own

  • 2. Daniël Bezuidenhout  |  Maart 9, 2016 om 2:40 vm

    Hulle maak net nie meer naaldwerkmasjiene soos destyds nie. Vier-en-dertig-jaar is mos ‘n leeftyd vir iets om te hou. Natuurlik reken ek jy’s ook heilig oor jou ‘goete’.

    Dierbare Oom wat so mededeelsaam is en nog grassny ook!
    Defnitief iets spesiaal…

    Antwoord
  • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Maart 9, 2016 om 11:21 nm

    Beslis n spesiale mens. Jy moet self ook n spesiale mens in sy oë wees anders sou hy nie die masjien geleen het nie. Het jy al probeer om die model op te soek in google. Hul het dalk nog n handleiding iewers weggebêre. Dankie vit die deel van jou liewe oom Ridder

    Antwoord
  • 4. Toeka-Tokkel no 10 : Oefening – I scrap 2  |  Maart 10, 2016 om 1:22 vm

    […] Toeka tokkel 8 Spesiale mense […]

    Antwoord
  • 5. Kameel  |  Maart 11, 2016 om 12:21 nm

    Ag oom Ridder is deur al jou skrywe nog net altyd spesiaal. Jy kan so dankbaar wees vir so iemand in jou lewe. Mooi dag vir jou en ek hoop jy kom gou reg met die masjien.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: