Toeka tokkel 7 Groente! wat ‘n gedoente

Februarie 24, 2016 at 10:00 nm 21 Kommentaar

Scrapy se opdrag gaan om groente. Ek wou nou so graag weer gespog het. Maar dit was my nie beskore nie. Meeste van my foto’s is op Sally en sy staak alweer. Sy is al omtrent ‘n antiek en ek sal maar geduldig moet wees totdat iemand die onderdeeltjie wat nodig is, kan opspoor om haar te herstel. Ek kan ongelukkig nie die “hardeskyf” ding doen nie, daar is groente uit my eie tuin te kies en te keur.

Nou wonder julle “De. Hoekom nie net uitgestap en ander gaan neem nie?” Helaas. My tuin is nou weer in die tussenin fase. Die klimaat by ons maak reg vir die pylvak lopie winter toe. Ewentwel, ek maak graag tuin. Omdat ek Lapman en Sussietjie maar meestal in die voortuin kwarantyn, is my groente tuintjie, die helfte van wat dit by my vorige tuiste was, nogal heelwat suksesvol. Ek het julle al fotos van groente uit my (vorige) tuin gewys.

Groente kweek, kan ‘n baie lukrate stokperdjie wees. Nie net finansieel nie, hetsy jy spaar deur selfvoorsienend te wees of wins maak deur jou opbrengs van die hand te sit. Masar dit kom ook nie naby die tevredenheid wat dit my verskaf om m handewerk te sien vrug dra nie. Oom Ridder het eendag hier aangekom met ‘n papiersakkie met boontjie pitte in. Daar was sewe verskillende soorte groenboontjie pitte in. Onder andere van jaarbone, wat terug vrek in winter en weer in die lente sal uitloop. Ek kan julle die eerste pluksel wys.
groente

Ek het my foon daarmee saam afgeneem om diegene wie dit nie ken nie,’n idee te gee van hoe lank ‘n jaarboontjie kan word. Net jammer die foto van die eiervrugte, sowat ‘n week vroeer, het verdwyn. Ek moes dit gewis het nadat ek daarmee gespog het. Nietemin, was dit amper vier kilogram wat nou in die vorm van eiervrug bladjang in die kas pryk. Die bure en vriende het ook al hulle deeltjie weg. En nog het gn einde niet. Ek het vandag gesien dat die blommetjies van verlede week alreeds plek gemaak het vir golfbal grote blink wang pers vruggies.

Ek sal maar volstaan deur te se dat groente meer veelsydig is as wat enige iemand kan dink. die bevrediging wat ek daaruit kry maak die talle rugpyn sessies, absoluut die moeite werd.

Gedagte van die dag: Voorbereiding vir die winter tuin is in volle gang.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toeka tokkel 6 Onmenslik

21 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Februarie 25, 2016 om 6:42 vm

    Ek is glad nie ‘n tuin entoesias nie.Moet egter die storie van die mikro tamaties vertel.

    Het begin toe en ‘n mikro tamatie uitgedruk het op ‘n vel papier en toe die spulletjie droog is dit so met 5 mm grond toegegooi het in ‘n kaal kolletjie in een van die blom akkers. die drie sterkste plantjies is uitgeplant en soos hulle sê …. die res is geskiedenis.

    Het nog nooit weer mikro tamaties gekoop nie

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 25, 2016 om 11:51 vm

      Heeltemal doenbaar ne. Ek hoop dit was darem soet.

      Antwoord
      • 3. vvuureoc  |  Februarie 25, 2016 om 1:52 nm

        Ja

        Ek wonder of ek moet waag om ‘n aartappel wat begin uitloop het in die grond te druk. Grond hier in kuilsrivier sanderig genoeg

        Bang dit lok dalk die molle

      • 4. Olga  |  Februarie 25, 2016 om 5:31 nm

        Die kundiges reken natuurlik die molle kom agter goggas aan. Julle kry nie vroeg ryp nie, daardie aartappeluitloopsel in en kyk wat gebeur. Onthou net om op te ert soos dit groei.

  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Februarie 25, 2016 om 8:24 vm

    Dis goed om te hoor dat groente plant, versorg en dan geëet word baie plesier vir jou verskaf. Dis lekker terapie om die groente te sien groei en ontwikkel tot volwasse plante en groente. Dankie vir jou mooi deelname.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Februarie 25, 2016 om 11:52 vm

      😉

      Antwoord
  • 7. Xena Phoenix  |  Februarie 25, 2016 om 8:54 vm

    Ek is hopeloos te lui vir tuinmaak. Oes wel graag uit ander se tuine.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Februarie 25, 2016 om 11:53 vm

      Een manier om dit te kry.

      Antwoord
  • 9. Tannie Frannie  |  Februarie 25, 2016 om 9:17 vm

    O, jy is fluks! Tuinmaak is baie harde werk…

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Februarie 25, 2016 om 11:54 vm

      Hou my darem uit die moeilikheid tannie Frannie. Almal weet mos die wag voor my mond is lankal awol.

      Antwoord
      • 11. Tannie Frannie  |  Februarie 25, 2016 om 2:03 nm

        Maar dis juis hoekom ek jou blog so geniet…

  • 12. Kameel  |  Februarie 25, 2016 om 9:33 vm

    Olga in haar tuin, hetsy blomme of groente. Dit is soos ek aan jou dink. Dit is goed jy pluk die vrug op jou arbeid…. en dat daardie arbeid jou soveel plesier verskaf ‘n ekstra bonus. Mooi dag vir jou!!

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Februarie 25, 2016 om 11:56 vm

      Somtyds sonder my hoed. Dan brand ek sommer seer. 😦

      Antwoord
  • […] Toeka tokkel 7 Groente! wat ‘n gedoente […]

    Antwoord
  • 15. Toortsie  |  Februarie 25, 2016 om 7:29 nm

    Ek bewonder jou! Regtig!

    Antwoord
  • 16. ekmyselff  |  Februarie 26, 2016 om 1:47 nm

    Ek hou ook van tuin en is trots as daar iets eetbaar uit die grond kom. My ma ook sulke LAAANGGG bone geplant, ek wil al se dit is GIANTS… ???

    Antwoord
    • 17. Olga  |  Februarie 27, 2016 om 3:42 nm

      Dit is jaar boontjies. Hulle vrek terug in winter maar gaan nie heeltemal dood nie, dan in die lente loop dit weer uit.

      Antwoord
  • 18. Klip  |  Februarie 27, 2016 om 4:15 nm

    Fruit and Veg nog steeds die beter opsie.

    Antwoord
  • 19. Olga  |  Februarie 27, 2016 om 10:57 nm

    Het ne eers skokffel of vurk nodig nie. 😉

    Antwoord
  • 20. vvuureoc  |  Februarie 28, 2016 om 4:01 vm

    Ja maar die B!@#$%^& vra amper R15.00 vir ‘n lilo Hanepoot druiwe!!

    Ek kon fit gelukkig kry per kissie op die plaas wat uitwerk R6,00 per kilp

    Antwoord
    • 21. Olga  |  Februarie 28, 2016 om 11:49 nm

      Okkie, jy is inderdaad gelukkig om dit te kon kry vir R15/kg. Ons betaal dubbe; soveel. R6?kg???? Ek sal koop net om seker te maak dit kan regtig so min kos.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: